Results 1 to 9 of 9

Article: Vernietiging deur kerk gaan voort

  1. #1
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Vernietiging deur kerk gaan voort

    Evolusie: My kinders reg grootgemaak

    deur Voorstander van Moderne Wetenskap skryf:

    Ek volg die reaksie op PJS se belag*like skrywe oor die “evolusiesnert”, soos een briefskrywer dit noem.

    Dit is vir my onverstaanbaar dat daar werklik nog mense is wat so argaïes redeneer en bereid is om die wetenskap af te kraak.

    Ek is ook deur ’n skool en kerk waar evolusie “doodgepraat” is en wetenskaplike denke in die geheel onderdruk is.

    Maar genadiglik het ek vroegtydig agtergekom waar my plek in die heelal is en besef die vooruitgang van ons samelewing gaan hand aan hand met moderne wetenskap.

    Ek is nou in ’n posisie om my kinders normaal groot te maak.

    Uit Beeld dd 2012-07-07

  2. #2
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Bybel konstant, wetenskap ontwikkel


    deur Dr. Hennie Combrink van Durban skryf:

    Voorstander van Moderne Wetenskap se brief “Evolusie: My kinders reg grootgemaak” (7 Julie) het betrekking.

    Beste mnr. Voorstander van Moderne Wetenskap, dit is vir my opvallend dat dié wat so ’n sterk opinie oor ’n saak het so graag anoniem wil bly.

    Hoekom ’n opinie uitspreek as u nie u naam daarby wil noem nie?

    Ek twyfel nie aan die bydrae van die wetenskap tot die samelewing nie, maar dis vir my opvallend hoe die Bybel deur die eeue dieselfde gebly het, terwyl wetenskaplikes van elke eeu die nuwe absolute waarheid vind.

    Ek wil bitter graag verstaan hoe u evolusieteorie en die woord “genadiglik”, wat u so mildelik in u skrywe gebruik, by mekaar pas.

    Die wetenskap het mos nog nie genade bewys nie.

    Uit Beeld dd 2012-07-09

  3. #3
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    God is steeds nie wetenskaplik bewys


    deur Jan Venter van Bloemfontein skryf:

    Die koerantberigte oor die “God-deeltjie” het betrekking – terloops, die woord “God-deeltjie” is ’n leke- en nié ’n wetenskaplike beskrywing nie.

    Ek hoor klaar: “Daar probeer die wetenskap al weer om God uit die formule te skryf.”

    Groot fout, dit is allermins waarmee hulle besig is.

    Die wetenskap probeer uitsluitlik uitvind hoe die heelal werk.

    Net soos hulle vasgestel het ons ronde aarde wentel om die son, wat dit laat reën, waar babatjies vandaan kom en dat siektes deur mikro-organismes, nie deur bose geeste nie, veroorsaak word.

    Hulle probeer allermins bewys of daar ’n God is of nie. Dit is uitsluitlik die godsdiens se domein.

    Die wetenskaplikes is nou meer as ooit bewus van die feit dat hulle nie alles weet nie, selfs al sou hulle met absolute sekerheid die Higgs-deeltjie vind. Daar is tans nog ’n skrale kans van een uit een-en-twee-derdes miljoen dat hul huidige bevindings foutief kan wees.

    Godsdienstiges moet liefs die eeue oue benadering staak om alles wat nie verstaan word nie, of wat die wetenskap (nog) nie kan verklaar nie, as die direkte werking van God te sien en om dit dan as ’n bewys van God se bestaan te probeer inspan.

    Soos wetenskaplike kennis gevorder het en ons al hoe beter begin verstaan het hoe alles volgens vaste natuurwette werk, is hierdie grense telkens al hoe verder teruggeskuif en kon die bestaan van God nog nooit daardeur “bewys” word nie.

    Godsdiens en die bestaan van God is suiwer ’n geloofsaak en kan alleenlik deur ’n onwankelbare geloof, wat buite die wetenskap staan, gehandhaaf word.

    Sulke geloofseker Christene beskou nuwe wetenskaplike ontdekkings nie as bedreigings nie en vind dit nooit nodig om en dit te probeer weerlê met allerlei onsinnige argumente nie.

    Uit Beeld dd 2012-07-09

  4. #4
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Bybel g’n konstant; weergawes verskil


    deur Johan Smit van Edenvale skryf:

    Baie dankie, Jan Venter se gebalanseerde brief “God is steeds nie wetenskaplik bewys nie” (Beeld, 10 Julie).

    Daarteenoor het ons ’n brief van dr. Hennie Combrink, “Bybel konstant, wetenskap ontwikkel” (ook 10 Julie).

    As ’n doktor, en ek moet aanvaar in teologie, behoort hy te weet die Bybel is vol anonieme geskrifte.

    Die name boaan die evangelies is bloot “volgens” Matteus – so ook die ander drie, weersprekings en al.

    Niemand weet wie dit geskryf het nie. Die brief aan die Hebreërs wat onregmatig aan Paulus toegedig word, is reeds in die 3de eeu deur Origines uitgewys as anoniem.

    Die boek Daniël is nie deur hom in die 6de eeu voor die Christelike era geskryf nie, maar omstreeks l65 v.C. En geskiedkundige foute daarin is net so behou.

    Verse (te veel om hier te noem) en woorde word konstant uit nuwe vertalings gelaat soos wat tekskritiek vorder.

    “Haat” (Lukas l4:26) in die ou Afrikaanse vertaling is verbloem in die nuwe Afrikaanse vertaling met “tensy hy afstand doen” (vergelyk Levitikus l9:l7).

    Die Revised Standard Version lui: “You shall not hate...”

    Hoekom is daar soveel vertalings van die Bybel wat van mekaar verskil? Is dit “konstant”?

    Die primitiewe kosmologiese beskrywings van “hemel en aarde” wat vroeër letterlik aanvaar is, word nou verdoesel in “beeldspraak”.

    Wetenskaplikes hersien hul werke soos hulle vorder. Die Christendom, soos politiek, behou al dié foutiewe begrippe. Dit word bloot verdoesel.

    Lees Rooms-Katolieke en Protestante dieselfde Bybel?

    Leer die ongeveer 40 000 Protestantse sektes dieselfde dogmas uit dieselfde Bybel?

    Drie verdeelde Afrikaanse kerke word verbloem in “susterkerke”. Konstant? Nee. Chaos, ja!

    Uit Beeld dd 2012-07-12

  5. #5
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Kerk het wetenskap 1 000 j. onderdruk


    deur Johan Smit van Edenvale skryf:

    In antwoord op die brief van dr. Hennie Combrink “Bybel konstant, wetenskap ontwikkel (Beeld, l0 Julie), die volgende:

    Wetenskap is meer as l 000 jaar onderdruk deur die Christelike Kerk waar kosmologiese wetenskap op die Bybelse geosentriese beeld van ons sonnestelsel gegrond was.

    Mense wat durf leer het dat ons sonnestelsel heliosentries is, het op die brandstapel gesterf. Galileo is hieroor onder huisarres geplaas.

    Gevorderde wetenskap het bewys dat ons sonnestelsel heliosentries is.

    Hoe kan die verse waarop die geosentriese beeld aanvaar was, steeds in die Bybel verskyn?

    Denke oor die Bybel word bloot eksegeties aanpas in ooreenstemming met wetenskaplike vordering en vroeëre eksegese verbloem. Wat vroeër letterlik vertolk is, word nou gesien as beeldspraak!

    Uit Beeld dd 2012-07-13

  6. #6
    Mod Die Ou Man's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,437
    Rep Power
    60

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Vernietiging deur kerk gaan voort


    deur Tarentaal

    Ek kan nie anders nie as om aan te sluit by Johan Smit se brief, “Kerk het wetenskap 1 000 jaar onderdruk” (Beeld, 14 Julie).

    In die jaar 200 v.C. het die Griekse wiskundige, Eratosthenes, ná waarnemings by ’n waterput op 21 Junie, drie breedtegrade vir planeet aarde geskep naamlik die ewenaar en die twee keerkringe.

    Ptolemy het op sy beurt lengtelyne ontwikkel en voilà, die seevaarders kon hulself stip en navigeer, want hulle het koördinate gehad.

    Hierdie navorsing, asook ’n massa ander wetenskaplike resultate waaronder geskrifte van Pythagoras, is in die biblioteek van Alexandrië onder Romeinse beheer in Egipte bewaar.

    In die jaar 391 n.C. bestorm Selote en Yweraars (lees die kerk) die 500 jaar oue biblioteek, brand dit af en vermoor die skone Hypathia, wiskundige van statuur, en dompel Europa die Middeleeue in.

    Vir die Yweraars was dit ’n simboliese oorwinning van die kerk oor die wetenskap.

    Sou hulle dit gedoen het na aanleiding van Paulus se voorbeeld in Hand. 19:19 om boeke te verbrand?

    En sedertdien duur die kerk se vernietigingswellus onverpoosd voort, ook van menselewens.

    Uit Beeld dd 2012-07-15

  7. #7
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    53

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Dankie vir hierdie poste, Die Ou Man...

    Ek lees ook graag die poste onderaan die verskillende artikels op BEELD se werf, en verlustig my gewoontlik in die kommentaar weerskante toe.

    Die pittige en ywerige passievolle uitdrukkings van Geloof in beide die godsdiens en die wetenskap, is asemrowend. Tog is dit vir my uiters hartseer dat beide die vir, en teen, konstant poog om die verlede, of geskiedenis dan, te wil regverdig. So asof die toekoms nogsteeds ten volle daarvan afhang dat die verlede aangehang moet word.

    Wanneer wetenskaplikes een tree in die hede vorentoe stap, want hulle lewe in die hede, nie in die verlede of toekoms nie, word kommentaar deur beide die daarteen sowel as die daarvoor gelewer om juis die verlede en dan in besonder die Christelike Bybel as maatstaf weerskante toe te handhaaf of nie. Goed of sleg. Dis hart verskeurend om dus steeds die maklik herkenbare statistiek van denkrigtinge te bepaal deur slegs te sien hoe beide kante op BEELD reageer daagliks, en alhoewel die werklike wetenskaplikes onverpoos slegs in die hede op die hede fokus, is algar om hulle slaafs verknog aan die verlede en die toekoms, in plaas van die hede.

    Die Disney Film "Kung fu Panda" se "meester" het dit mooi opgesom deur te seg: "Gister is die verlede, more is steeds 'n misterie, maar vandag as die hede is 'n geskenk want dit word nie verniet 'n persent genoem nie. [Yesterday is history, tomorrow is a mistery, yet today (now) is a gift, that's why it is called the present...]

    My vraag aan U is: "Wanneer gaan ons die verlede afskud, en die toekoms ingaan slegs met die hede as maatstaf, in beide die fisiese as geestelike???"

    Slegs wanneer Die Waterdraer verskyning maak?

    Die Ou Man het dit so pragtig verduidelik in die draad oor Tyd en Ewigheid

    As ons verstaan dat by punt zero (die ewige nou) ontelbare moontlikhede nie realiseer nie, kan ons besef hoeveel nie-bestaande dinge 'n rol in ons lewe speel.
    Soos die beheptheid met die Joodse Mitologie bevoorbeeld? Wetend of onwetend??










    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 17th July 2012 at 20:35.

  8. #8

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Liewe Vrinne en Vriendinne,


    Voor ek begint net die volgende; Daar is 'n Almagtige wat alles geskep het en buiten Hom het of kan niks tot stand kom nie.


    Hierrie is 'n onderwerp waaroor daar lang stukke geskryf kan word, en woeste gevegte kan laat ontstaan.(my volkie is mos maar bekend om gou warm onder die boortjie te raak en nie maklik van sienswyse verander nie.)


    Ek gaan 'n helse klip innie bos gooi en seker baie se gramskap op die hals haal.
    Ek het lankal tot die besluit gekom,dat ek nie meer ander vir my gaan laat dink nie, daai deeltjie is myeie verantwoordelikheid, niemand gaan Pa staan eendag vir my oorleuens wat ek sommer so goedsmoeds aanvaar het nie.


    Dit gaan alles oor die beheer en onderwerping van die mens, en die volgende metodes word daarvoor gebruik;
    Staat (regerings). Godsdiens (maakiesaak wat of wie jy aanhang nie). Geheime organisasies, (daas baie vanhulle). Die groot een “FINANSIES” wat deur die banke onder diebeheer van voor genoemdes staan. Dis nou so min of meer in 'n neutedop.


    Volgende punt; Wie het die Bybelgeskryf? “Mense” en ken ons nie mense nie, teen die tyd dat 'n storie by jou uitkom, het dit tien stertjies gekry, of is die tema verander om by jou siening te pas.
    Nou al hierrie bogemelde instansies (onder die beheer van uitsluitlik, kom ons noem hom maar Satan) gebruik presies hierrie metodes om beheer oor ons te kry en dit te behou.


    Kyk ma net na ons eie geskiedenis, hoeda vir ons gelieg is en ons bedrieg is. Hier gaat ek 'n snaakse ding sê en baie gaan my stenig oor dit, ma dink so 'n bietjie mooi daaroor, (as julle wil sal ek my punt hieroor stel, dan kan julleself besluit of dit so vergesog is of nie.)
    Dit het dalk of sal ek sê, gaan dalk net tot ons uiteindelike voordeel strek.


    'n Verdere bewys, gaan kyk ma wat onse maatjies die “Yanks” aan onderwerp word, dan is ons situasie hier eintlik kinderspeletjies. 9/11 waar hulle eie regering ongeveer 3000 mense vermoor het om hulle planne te laat slaag. En julle moet net sien wat nog alles vir daai arme siele beplan word.


    Nou, ek wil nie sê alles innie Bybel is onwaar nie, maar dit is maar lekker deurspek van eie sienings en onwaarhede om sekeres se eie agendas te bevorder. Net so word van die sogenaamde geestelike leraars gebruik om die mense verder te verslaaf en te neutraliseer. Klink dit bekend? Weereens, ek sê nie almal nie,party is ma net so innie donker soos ons, eet alles vir soetkoek op.


    Wat my betref is die wetenskap, as jy oppie regte plekke gaan soek, besig om die onbetwisbare bewys van“God” te bevestig.


    Ten slotte net dit, ons word belieg enbedrieg om elke hoek en as ons nie wakker word en gou ook nie, gaan ons almal met onse onderbroeke/”panties” om onse enkels gevang word.


    Groetnis van my kant af.

  9. #9
    Mod knipmes's Avatar
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Polokwane
    Age
    56
    Posts
    652
    Blog Entries
    7
    Rep Power
    53

    Default Re: Vernietiging deur kerk gaan voort

    Quote Originally Posted by Oortjies View Post
    Kyk ma net na ons eie geskiedenis, hoeda vir ons gelieg is en ons bedrieg is. Hier gaat ek 'n snaakse ding sê en baie gaan my stenig oor dit, ma dink so 'n bietjie mooi daaroor, (as julle wil sal ek my punt hieroor stel, dan kan julleself besluit of dit so vergesog is of nie.)
    Dit het dalk of sal ek sê, gaan dalk net tot ons uiteindelike voordeel strek...


    Oortjies,

    Dankie vir hierdie eerste pos van jou kant af, hopelik kom nog vele meer.

    Ja, jou pos verteenwoordig die wroeging wat in meeste van ons woed soos kanker, en weerspieel die seer en wantroue in alles wat ons fisiese en geestelike lewe behels. Onthou altyd, dat daar 'n ondeurdringbare skeiding is tussen Geloof, en dinge soos godsdiens. Met ander woorde, alles wat mens gemaak is, is verdag, want daar sit altoos suiwere duistere motiewe daaragter, ongetwyfeld. Die nuwerwetse kommunikasie tegnologie wat deesdae almal in staat stel om te kommunikeer, waar inligting op die vinger punte beskikbaar is, maak dat juis al hierdie menslike duisternis nou aan die kaak gestel word, soos ons Voorouers altoos geseg het : "die lig is besig om aan te gaan", of "daar's lig voor in die tonnel", of "die lig skyn op die tafel waar alles bloots nakend le"...

    Wees nie bevrees nie, leef welbewus bewustelik, en word Goddelik gelei...

    Welkom hier





    groetnis
    knipmes

Similar Articles

  1. Replies: 16
    Last Post: 12th October 2016, 14:28
  2. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
    By Die Ou Man in forum Gedagtes wat Praat
    Replies: 0
    Last Post: 24th November 2011, 21:31
  3. Technical point van hemel toe gaan
    By Silencio in forum Humor
    Replies: 0
    Last Post: 25th November 2010, 14:10
  4. Die NG Kerk gaan herbesin oor saamwoon
    By Stefanus in forum Artikels uit die media
    Replies: 2
    Last Post: 8th December 2009, 08:08
  5. God deur Mense Geskep?
    By Pionier in forum Besprekings
    Replies: 3
    Last Post: 11th January 2008, 13:48

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •