Egipte

Vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Arabiese Republiek Egipte
Hoofstad: KaÔro
Oppervlakte: 1 002 450 km2
Bevolking: 78 737 000
- Digtheid: 82,3 / km2
Die Arabiese Republiek Egipte (Arabies: جمهوريّة مصرالعربيّة, Dschumhūriyyat Misr al-ʿarabiyya), algemeen bekend as Egipte (Arabies: مصر‎, Miṣr), is 'n republiek hoofsaaklik in Noordoos-Afrika geleŽ, maar sluit ook die SinaÔwoestyn in Suidwes-AsiŽ in.

Egipte bedek 'n area van sowat 1 020 000 km≤. Die land is aangrensend tot LibiŽ in die weste, Soedan in die suide en Israel in die noordooste en het kuslyne in die noorde en suide by die Middellandse See en die Rooi See, onderskeidelik.

Die oorgrootte meerderheid van Egipte se 77 miljoen mense (2005) lewe minder as 'n kilometer weg van van die oewers van die Nylrivier (omtrent 40 000 km≤), waar die enigste bewerkbare land voorkom. Groot dele van die land maak deel uit van die Saharawoestyn en is yl bevolk. Vandag is die meerderheid Egiptenaars verstedelik en is hoofsaaklik woonagtig in die hoofstad, KaÔro (bevolking ongeveer 15,2 miljoen), en AlexandriŽ (bevolking ongeveer 3,3 miljoen).

Egipte spog met een van die oudste beskawings wat terug dateer tot in 13000 V.C. met landbou en handel wat goed gevestig was. Die land is veral bekend vir die massiewe piramides wat opgerig is sowat 10.450 vC.

[top]Landsnaam



  • Die Oud-Egiptiese landsnaam Km.t beteken "Swart Land" en verwys na die vrugbare grond van die Nylvallei, 'n gebied wat met die "Rooi Land" van die aangrensende woestynstreke, die DSr.t kontrasteer. In die Koptiese taal het hierdie naam ontwikkel tot Kīmi of Kīmə, en in Oud-Grieks uiteindelik tot KymeŪa.
  • Die Arabiese term Miṣr - tans die amptelike landsnaam - is van Semitiese oorsprong. Hy is nou verwant aan die oorspronklike Assiriese skryfwyse Misir of Musur, maar ook aan die Hebreeuse מִצְרַיִם (Mizraim of MitzrŠyim). Dit beteken eenvoudig "land" of "staat" en het in sy historiese nouer betekenis aanvanklik na Benede-Egipte verwys. Later het dit 'n wyer betekenis gekry en die hele land - Bo- en Benede-Egipte - ingesluit. So het ook die latere Hebreeuse landsnaam as 'n tweevoudige term ontwikkel. In die Arabiese dialek van Egipte het Miṣr nogtans tot Maṣr ontwikkel. Maṣri beteken hier "Egipties", en die bynaam al-Masri, wat dikwels voorkom, "die Egiptenaar".
  • Die Afrikaanse en Europese terme (Egipte, ńgypten, Egypt, …gypt, Egitto en ander) is almal van die Latynse Aegyptus en sodoende van die Oud-Griekse Αίγυπτος (Aigyptos) afgelei. Die Kopte beweer dat hulle die regstreekse nakomelinge van die antieke Egiptenare is. Van hulle naam is die Griekse Aigyptos afgelei, wat in Afrikaans as Egipte oorgeneem is. Volgens 'n algemeen aanvaarde teorie kan Aigyptos as 'n voortsetting van die Oud-Egiptiese term ḥwt-k3-ptḥ beskou word wat "Setel van die Siel van (die God) Ptah" beteken en na 'n tempel in Memphis verwys wat aan hierdie godheid gewy is.
  • In die tydperk tussen 1958 en 1972 was Egipte saam met SiriŽ in 'n gemeenskaplike staat verenig, die Verenigde Arabiese Republiek.

[top]Antieke Egipte


Antieke Egipte was die beskawing van die Nylvallei tussen omtrent 13000 vC en die verowering van Egipte deur Alexander die Grote in 332 vC. Dit dien ook as 'n uitstekende voorbeeld van 'n hidroliese ryk omdat dit 'n beskawing gebaseer op besproeiing was.
[top]Staat en samelewing

Die Egiptiese kultuur en samelewing was deur 'n streng hiŽrargiese en teokratiese stelsel gekenmerk waarby die Farao (letterlik die "HoŽ Huis"), wat as "God op aarde" en "Seun van die Songod Ra" vereer is, as absolute heerser oor die land en sy onderdane geregeer het. Alle wette en dekrete is deur hom uitgereik. Die Farao was daarnaas 'n diplomaat en die opperbevelhebber van sy ryk wat oor oorlog en vrede besluit en ook die toesig oor die nasionale ekonomie en handel gehou het - veral om seker te maak dat hy steeds die benodigde belastingbetalings sou ontvang.

Die administrasie was sentralisties georganiseer. HoŽ beamptes het dikwels uit die Farao se onmiddellike omgewing gekom of was selfs verwant aan hom. Beamptes, wat goed gepresteer het, is met landerye beloon. Die hooftake van Egiptiese beamptes was die bepaling, insameling en verdeling van belasting asook die koŲrdinasie van die werkverpligtinge van boere en slawe vir openbare bouprojekte.

Priesters het net soos beamptes grotendeels uit die omgewing of familie van die Farao gekom. Hul beduidende invloed het uit hul religieus-geestelike funksie - die georganiseerde aanbidding van die Egiptiese godhede en die toesighouding oor die tempels - en hul persoonlike rykdom voortgespruit. Priesters het dikwels ook poste in die staatsadministrasie beklee.

Skrywers, wat vanweŽ hul uitgebreide opleiding groot aansien geniet het, het as basis van die staatsadministrasie gedien. Slegs geletterde persone is toegelaat om poste as beamptes of priesters te beklee. Alhoewel daar ook reeds 'n groot aantal van verskillende ambagte was waarin mense opgelei is, het ambagslui nogtans nie oor besondere regte beskik nie, ofskoon hulle in die sosiale hiŽrargie 'n hoŽr status as die boere geniet het.

Die oorgrote meerderheid van die antieke Egiptenare was egter gewone boere. Hulle was regteloos en het oorwegend "staatsland" bewerk. Hulle was verplig om 'n bepaalde gedeelte van hul oes as belasting aan die staat af te staan en om tydens oorstromings werkverpligtinge ten opsigte van openbare bouprojekte na te kom.

Die antieke Egiptiese samelewing het steeds 'n groot aantal regtelose slawe en slawinne ingesluit wat uit verowerde gebiede of as gevolg van oorlogstogte na Egipte gebring is. Slawe is as die persoonlike besit van hul eienaars beskou, tog het sommige van hulle danksy hul werkprestasies en opleiding geleidelik 'n hoŽr sosiale status bereik wat hulle meer aansien verskaf het.
[top]Tydsbepaling van die groot piramide.

Robert Bauval en Adrian Gilbert het voorgestel dat die piramides op die Giza plato saam met die wat in Sakkara staan 'n spieŽlbeeld in die sterrehemel het. Deurdat die sterrehemel 'n konstante baan maak was dit vir twee navorsers moontlik om die presiese tyd van die prentjie te bereken. Dit het hulle op 'n datum van 10.450 vC gebring. Met ander woorde: toe staan ​​die piramides identies aan hulle hemelse eweknieŽ.

Laat ons die veel ouer Sfinks van Giza daarby betrek. Deur middel van geologiese leidrade was die Sfinks voorheen gedateer tussen 9.000 en 7.000 vC.
Die waterskade wat die Sfinks opgedoen het word nie op die piramides bespeur nie en verklaar dat die Sfinks veel ouer as die piramides moet wees . Daar is bewyse van 'n sogenaamde allesvernietigende vloed wat byna 13.000 jaar gelede in die area plaasgevind het wat nou verbind word met die skade aangerig op die Sfinks. Die piramides kan dus nie voor 13.000 vC gebou en ook nie na 9.000 vC gebou gewees het nie. Dit bevestig die teorie van Bauval en Gilbert dat die piramides sowat 10.450 vC gebou kon gewees het.
[top]Faraos

Farao is die naam wat die Bybel gee aan die konings van die Antieke Egipte.

Die naam kom van die Egipties per 'āa, wat groot huis of paleis beteken. Net in die latere tyd het Egiptenare diť woord ook vir "koning" gebruik. Die eintlike woord vir koning was nesoet.

Die eerste dinastie regeer vanaf ongeveer 3050 vC tot 2890 vC, soos aangegee deur sommige chronologiese skemas. (Daar is geen akkurate of ooreengekome jaar datums vir enige van die Ou of die Midde-Koninkryk tydperke nie, en ramings verskil hemelsbreed van die een egyptoloog na die volgende.)

Tweede Dynastie word aangegee as om en by (c) 2890 - 2686 vC.
[top]Goud

Goud het 'n groot rol in die stabiliteit van Antieke Egipte (2700 tot 2200 v.C.) gespeel. Die Farao was as heerser van Egipte as 'n god beskou, en gevolglik was die volk bereid om heelwat ellende te verduur indien die Farao in hul oŽ status gehad het. Daarteenoor is Farao's met weinig sigbare goud deur die volk laer geag en het hulle minder verdraagsaamheid teenoor hom getoon.

Goud het 'n deurslaggewende ekonomiese en politieke rol in Antieke Egipte gespeel. As hoof van die staat het die Farao se besit en vertoning van goud 'n rol gespeel in sy betrekkinge met ander handeldrywende of krygslustige lande.

[top]Alchemie

Alchemie is die antieke soeke na 'n metode, of kuns, om onder andere onedelmetale te verander in edelmetale - 'n proses wat as transmutasie bekendstaan. Alchemiste het beweer dat die beginmateriaal, 'n materiaal is wat geredelik bekombaar was vir die gewone mens. Die belofte van onbeperkte rykdom het oor die eeue heen die mensdom se nuuskierigheid in alchemie geprikkel. Hierdie is egter nie die doel van die suiwer Alchemis gewees nie.

Die herkoms van die term Alchemie is onseker. Alchemie se geskiedenis word herlei na SumeriŽ en na Egipte, die Grieke en die Arabiere. Die Arabiere het 'n term "Al kimia" maar die oorspronklike betekenis van "Kimia" is onbekend. Die Grieke het 'n woord "chyma" wat verwys na die verwerking van metale. Alchemie word terug herlei na 'n Egiptiese term "chem" wat swart beteken en verwys na Egipte as "Die land van swart grond". Hierdie teorie ondersteun die teorie dat alchemie vanuit Egipte na die Grieke en toe na die Arabiere, en daarna na Europa versprei het.

Alchemie het sy hoogtepunt bereik voor die ontwikkeling van die periodieke tabel en het staatgemaak op 'n klassifikasie van stowwe in terme van twee kontinuums: droog & nat op die een kontinuum, warm & koud op 'n ander kontinuum. Alhoewel alchemiste van verskeie stowwe gebruik gemaak het, het veral kwik, swael en sout 'n bepalende rol gespeel in die formules wat gedokumenteer is. Alchemiste het met sewe primÍre metale gewerk naamlik: silwer, kwik, koper, goud, yster, tin en lood. Hierdie sewe metale is verbind aan die sewe sigbare ruimteliggame. Alchemie het swaar gesteun op sterrekunde om te bepaal wanneer sekere alchemistiese prosesse moes begin. Baie van die alchemie dokumentasie bly egter tot vandag toe onduidelik aangesien die alchemis gewoonlik gepoog het om sy waarnemings geheim te hou. In alchemie is daar geglo dat 'n bepaalde prosedure van die meng, oplos, opwarm en skeiding van stowwe nodig is om die steen van die wyses, die magisterium, te produseer. Die steen was die sleutel wat transmutasie moontlik gemaak het asook die verlenging van 'n mens se lewensduur.

Alchemie word egter op 'n mistieke vlak eerder verbind aan 'n filosofie met 'n groter omvang, as net die verandering van onedele metale in edelmetale. Die alchemis het geglo dat die uiterlike transmutasie van metale gepaard gegaan het met 'n innerlike transformasie van die siel. In sy diepste wese is Alchemie die ontsluiting van begrip vir die bestaan van die mens, asook die geheimenisse vir 'n ewige lewe. Binne hierdie konteks was die fokus geplaas op die veredeling van die mens se innerlike wese.

Verskeie oortuigings, praktyke, simbole en mites word gekoppel aan die wetenskap van alchemie. As gevolg van al die geheimhouding het alchemie ontwikkel as 'n sterk individuele dissipline. Alhoewel groot hoeveelheid materiaal geskryf is oor alchemie is daar baie teenstrydighede. Elke individu moes self die geheime van alchemie ontdek.
[top]Alchemie is gebaseer op die volgende beginsels:


  • 'n Onwrikbare doelwit - die strewe na transmutasie of perfeksie.
  • Die navolging van baie spesifieke prosesse, in 'n bepaalde volgorde en volgens gespesifiseerde kriteria, gebaseer op 'n kennis van die basismateriale.
  • Fyn en konstante waarneming en beheer oor die prosesse.
  • Bepaalde instrumente is benut om bepaalde effekte te kry.
  • Die prosesse was gekenmerk as 'n proses van herhaling en voortdurende verfyning.
  • Die alchemis is as waarnemer net so 'n belangrike deel van die proses as die instrumente en materiale.
  • Die alchemis het geglo hy werk saam met die natuur of ter ondersteuning aan die natuur, om die natuur te help om 'n punt van perfeksie te bereik.
[top]Bydrae tot moderne wetenskap:

Alchemie was die voorloper van die moderne wetenskap en aptekerswese, in die sin dat baie chemiese waarnemings gedokumenteer is in terme van die interaksies van verskillende stowwe. So byvoorbeeld het 'n Duitse alchemis, Henning Brandt, fosfor ontdek in 1669 terwyl hy goud gemeng het met 'n aftreksel van urine.

Een van die mees invloedrykste geskrifte in alchemie was die Smaragtablet van Hermes Trismegistus

[top]Sien ook


Tags for this Page

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

Posting Permissions
  • You may not create new articles
  • You may not edit articles
  • You may not post comments
  • You may not post attachments
  • You may not edit your comments