Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg

Religie


Wat word bedoel met Religie.

Religie kan gedefinieer word as “geloof in God of gode wat aanbid word, gewoonlik kom dit tot uiting in gedrag en ritueel” of “enige spesifieke geloofsisteem, aanbidding, ens., dikwels is daar ‘n kode van etiek ingesluit.”

Enige definisie van religie is waarskynlik net bevredigend vir die outeur daarvan. — John Milton Yinger, 1967

Die skeppende mens is gedurig besig om aan die omgewing te verander. Dit is klaarblyklik deel van ons oorlewingsdrang. Hierdie veranderings geskied deur kreatiewe maniere waarop ons deur middel van kuns, kultuur en nadenke uitdrukking aan ons werklikheid wil gee. In hierdie nadenke speel religie nog altyd ‘n rol. Baie van ons het in die Christelike tradisie grootgeword, daarom probeer ons veral om vernuwend en herskeppend met ons Christelike erfenis om te gaan al het baie mense reeds daarvan afstand gedoen. Dit is egter veral die ortodokse verwoording van die Christelike ‘meestersverhaal’ wat nie meer sin maak nie. Ons leef met ánder kennis van hoe die wêreld ontstaan het; wat die plek van die aarde ten opsigte van die totale kosmos is; en waar die mens binne die geheel inpas. Binne hierdie gegewens is Hemel en Hel nie meer aanwysbare en bewoonbare plekke nie… en ‘God’ allermins ‘n manlike persoon, iewers buite ons aardsheid, soos die tradisie vir eeue reeds dikteer.

Om dit kortliks te stel, is religie ‘n stel oortuigings en rituele wat daarop ingestel is om ‘n persoon in die regte verhouding met God te kry.

Religie is veel wyer as godsdiens. Elke godsdiens is 'n religie, maar nie elke religie is 'n godsdiens nie. Daar word ook onderskei volgens monoteïsme (een God) en veelgodendom of politeïsme (meer gode). Volgens hierdie onderskeid is daar drie wêreldgodsdienste, die Christendom asook Islam en Judaïsme, Boeddhisme en Hindoeïsme is religies. Maar omdat Boeddha nie as 'n godheid beskou word nie, sou Boeddhisme eerder 'n filosofie wees.

Filosofie van Feuerbach.

Feuerbach maak deel uit van die linkse- hegeliane. Hulle was jong Duitse intellektuele wat weliswaar die dialektiek van Hegel waardeer, maar sy idealisme en metafisika breedvoering kritiseer. Ook Feuerbach lewer kritiek teenoor Hegel se godsdiensideaal. Hegel skryf dat God van homself vervreemd raak toe Hy die mens skep. Feuerbach draai die bewering om. Hy skryf dat die mens van homself / haarself vervreemd raak toe hy / sy God skep. Hy beweer selfs dat die geloof in God en die heilige familie die oorsaak van alle disharmonie op aarde is.

Hy gebruik die hegeliaanse dialektiek vir die redenasie. Hy beskou die hemelse en harmonieuse familie as die tese. Die aardse en ontwrigte familie as die antitese. Ten slotte vorm dit die aardse harmonieuse familie as sintese, deur die hemelse familie en ook God te vergeet. Deur te besef dat harmonie wel op aarde moontlik is, verdwyn die ontwrigting vanself.

Hierdie stelling word deur Karl Marx, wie vir Feuerbach aanvanklik bewonder, as n utopie beskou. Buitendien beskuldig Marx Feuerbach van kripo-idealisme. Want volgens Marx was die filosofie van Feuerbach geensins materialisties nie, maar nog altyd idealisties. Volgens Marx beskou Feuerbach die mens as n abstrakte, statiese en eensame wese, want hy hou nie rekening met die geskiedenis en die klasseposisie van mense nie. Feuerbach beweer dat die mens sy Gode geskep het om liefde met almag saam te voeg, terwyl Marx beweer dat die mens sy God geskep het as gevolg van onderdrukking. Marx dink dat religie sou verdwyn deur kollektiewe klassestryd en die rewolusie, terwyl Feuerbach vind dat elke individu sy geluk moet soek in die werklike wêreld en nie in n goddelike surrogaat nie.

Tipes godsdiens volgens teologiese begrip.

Godsdienste kan ook volgens verskillende kriteria geklassifiseer word, soos hul oorsprong, hul soort openbaring of hul teologiese opvatting. Die teologiese opvattingkan op sy beurt verdeel word in:

  • Teïsme, wat die geloof in absolute goddelike entiteite, skeppers van die wêreld en voorsienings veronderstel, wat weer verdeel word in monoteïsme, politeïsme en dualisme.
  • Monoteïsme: aan hierdie groep kom al die godsdienste wat die bestaan ​​van 'n enkele God aanneem, ooreen. In hierdie kategorie is Judaïsme, Christendom en Islam, ook bekend as die boekgodsdienste.
  • Politeïsme: al die godsdienste wat in die bestaan ​​van verskillende gode glo, is politeïsties. Die ou godsdienste wat byvoorbeeld in die Egiptiese, Grieks-Romeinse en Noorse mitologie voorgestel word. Tans kan ons Santeria in Latyns-Amerika noem.
  • Dualisme: verwys na die godsdienste wat die bestaan ​​van twee antagonistiese hoogste beginsels, goed en kwaad, aanvaar.
  • Panteïsme, waarvolgens alles wat bestaan ​​deelneem aan die goddelike natuur in die mate dat die goddelike immanent is in die heelal.


Ask en Embla:

Danu

Met die bewindsaanvaarding van Karel die Grote (742-814) lui die doodsklok vir die Heidense Germaanse godsdiens en kultuurgoed. Karel laat alle Germaanse heiligdomme vernietig asook hulle geskiedkundige- en religieuse geskrifte. Ons Heidense erfenis moes letterlik van die aardbodem gevee word. In die plek hiervan voer hy die Christelike geskiedenis en religie in. Hy vaardig ‘n aantal godsdienswette uit (Capitularia) waarvolgens die Christendom die Heidendom moes verdring en waarvan sommige oortredings met die dood strafbaar was. Die eertydse godsdiens van ons voorouers, wat duisende jare met ons saamgekom het, is nou beskou as duiwelsgoed. Vaders Abraham, Isak en Jakob, wat onbekend was aan ons voorouers, word nou skielik óns aartsvaders. Die Germaanse Asen en Wane word ingeruil vir die Christelike God(e). Ask en Embla word ingeruil vir Adam en Eva.





Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.