Inleiding
Die Germane van 2000 jaar gelede kon rofweg in drie kultuurstamme verdeel word volgens Plinius die Oude (23-79nC) in sy boek ?Naturalis historia?, naamlik: Ingv?one, Herminone (of Irminone) en Istv?one. Hierdie name kan herlei word na die (Opper)gode wat hierdie kultuurgroepe respektiewelik vereer het, naamlik Ing, Irmin en Istvas. Die tweede gedeelte van die naam kan moontlik verband hou met die Germaanse woord ?v?one (wet of reg). Hierdie Germaanse stamme het geleef volgens die wet van hul (Opper)god. Alhoewel die Germane uit een stam ontwikkel het met een Germaanse taal (sien ook Oergermaans), was dit 2000 jaar gelede nie meer die geval nie.
Tydens die eerste eeue van ons jaartelling kom die Romeine en die Germane met mekaar in aanraking as gevolg van die Germaanse volksverhuising en die uitbreiding van die Romeinse ryk. Germane was in die tyd meestal boere of jagters. Stede het hulle nie geken nie. Waar die Romeine groot kerke/katedrale/tempels gebou het, was die tempels van die Germane die natuur self (met die uitsondering van ?n paar houttempels). Die Germaanse volkere was boeregemeenskappe wat geleef het van die land, van hulle landerye en in harmonie met die natuur. Hulle was selfversorgend en het nie meer geploeg as wat nodig was vir voedsel vir die komende jaar nie. Die jaarwiel was gebaseer op die boerekalender en hulle tradisies en feeste was gewone boerefeeste. Hulle het hulle boereverstand gebruik wat beteken het dat hulle logiese of nugtere denkers was. Verder was die Germane baie gesteld op hulle vryheid en onafhanklikheid. Dit het dan ook dikwels gelei tot konflikte tussen die stamme onderling.
...