Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Bygelowe is Lekker - II

Deur: Waldor


Argeologiese ontdekkings toon aan dat die Neandertal mens sover terug as 50,000 jaar gelede reeds sekere bygelowe beoefen en of aangehang het. Die feit dat hulle toe reeds hul dooies met kos en wapens naderby begrawe het, dui daarop dat hulle in die lewe na die dood geglo het, en dat die mistieke ‘n rol in hul psige gespeel het.

Kom ons kyk na so ‘n paar bygelowe of gebruike wat by ons gebly het, en wat mense nou nog gebruik en toepas, sonder dat hulle dit werklik weet of ... dat dit ‘n demoon in hulle lewe inbring:

Die Paashaas Faktor:

Die antieke Kelte van Europa, uit wie ons ook stam, het magiese waarde aan die haas geheg. Sekere van die haas se sigbare, natuurlike gewoontes het hulle mesmeriseer. Omdat die haas so baie onder die grond gebly het en gerieflik sy tonnel labirinte kon grou, het die Kelte dit gesien as dat die haas daar onder in die grond, in die geheim met die geeste van die onderwêreld kommunikeer het. Die feit dat die haas ook met oop oë gebore is het tot die misterie bygedra. Daarmee saam het die sigbare vrugbaarheid van die haas die magiese waarde nog verder verhef. Daar is rotstekeninge gevind, waar die haas poot as ‘n falliese teken vertoon word. Sekere van die Keltiese en Germaanse stamme in Europa het eiers wat hulle geverf het onder die bome weggesteek waarop die kinders dit moes soek en die toekomstige vrugbaarheid van die kinders is ritualisties bepaal volgens die hoeveelheid eiers wat hulle kon vind. Die haas is natuurlik weens die vrugbare waarde daarvan, in die verhaal ingebring. Die kerkvaders het gevind dat hierdie gebruik van die antieke Europeër behou moes word omdat daar so baie waarde daaraan geheg is, en dit is hoe dit gekoppel word aan die paas tydperk.

Dit laat mens onomwonde dink aan die kersboom, wat ook afkomstig is uit bygeloof gebruike van ons voorvaders. Dink vir uself, die denneboom figureer nie in die Christen doktrine nie. Dit is inderdaad ‘n ‘heidense’ gebruik wat by die meeste Christinne se eeu oue gewoontes inkorporeer is. Laat ons dan ou ook eerlik wees: Sien julle enigsins dat ‘n huis of kinders met die bose besaai word as gevolg van die gebruik van ‘n kersboom. So het dit een van die mees algemene gebruike by die Christendom dwarsoor die wêreld geword. Christus se verjaarsdag en die heidense kersboom het sinonieme status gekry...

Die Hoefyster of Perdeskoen

Die Grieke het die perdeskoen in die 4de eeu aan die westerse kultuur voorgestel, en geglo dat dit ‘n gelukbringer was. Die geloof in die magiese magte van die perdeskoen, is afkomstig van die feit dat dit uit yster gemaak was, ‘n element wat veronderstel was om boosheid af te weer, en dat dit soos die sekelmaan gelyk het.

Die sekelmaan was ‘n teken van vrugbaarheid en goeie geluk. Die Romeine het dit uit die aard van die saak as ‘n berede hulpmiddel, maar ook as ‘n talisman ingestel. Hierdie gebruikan van die perdeskoen as ‘n talisman is van die Romeine aan die Christinne oorgedra.

Die gebruik dat ‘n perdeskoen aan die voordeur van ‘n woning gehang word om boosheid af te weer, het sy oorsprong by Sint Dunstan, wat in 956 die Aartsbiskop van Cantebury geword het. Sint Dunstan was aanvanklik ‘n grofsmid. Daar is voorgehou dat ‘n man met voete soos hoewe na Dunstan gekom het en gevra het om beslaan te word. Dunstan het hom dadelik as die duiwel geëien, en het hom toe vasgeketting en hom baie pynlik begin beslaan. Toe die duiwel om genade smeek en vra om vrygelaat te word, het Dunstan hom laat belowe dat hy nooit by ‘n huis sou ingaan waar ‘n perdeskoen aan die voordeur hang nie. Die perdeskoen is derhalwe baie hoog in die Christendom aangeslaan, en is aanvanklik aan die bokant van die raam gehang, maar het later afgeskuif na die middel waar dit die dubbeldoel as talisman en deurklopper gedien het. Daar is natuurlik op gelet dat die perdeskoen se punte altyd na bo wys – sodat die geluk darem nie uit dreineer nie.

Hier het ons die geval waar ‘n heidense Talisman deur die Christendom aangevoer en versprei is. Die Christinne het op ‘n stadium ‘Sint Dunstan Dag’ op die 19 de Mei gevier waartydens daar speletjies en kompetisies met perdeskoene gespeel en gehou is. Die vroue wat deur die kerk as hekse gedood is, is begrawe met ‘n perdeskoen wat aan die deksel van die kis vasgeslaan is, om te verhoed dat sy uit die dood sou opstaan...

Die Hoender se Wensbeen:

Wie ken dan nou nie ‘n hoender se wensbeentjie nie. Hoeveel keer het belydende Christinne nie ‘in goeie gees’ aan die wensbeentjie getrek om te kyk wie die groter breek kry om te kan wens nie. Wys jou net... dit is die hoender se sleutelbeen! Die “wensbeentjie” benaming kom van ‘n volbloed heidense bygeloof.

Die Etruriërs het lank voor 400 VC geglo dat die hoenders waarsêers en wiggelaars was. Die hen, omdat haar gekekkel die eier voorspel het, en die haan omdat sy gekraai die opkoms van die son voorafgegaan het. Die Etruriërs het ‘n hoender se ‘sleutelbeen skoongemaak en in die son geplaas om te droog, waarna dit opgetel is en gestreel is terwyl ‘n wens geuiter is – vandaar die benaming “wensbeen”

Elke hoender of geheiligde voel het uit die aard van die saak net een wensbeen, en dit het suiwer op grond van vraag en aanbod ‘n ander benadering gekry. Elkeen wou wens en as gevolg van die tekort het die gebruik gekom dat twee persone aan die been getrek het om te sien vir wie dit groter afbreek – soos ons dit dan ook ken.

Die Romeine het dit na Engeland toe gevat, Engeland het dit Amerika toe geneem en dit het ontaard in ‘n tradisionele gebruik geword om aan die ‘wensbeen’ van die kalkoen te trek met die Amerikaanse “Thanksgiving” Etimoloë wys daarop dat die gesegde “get a lucky break” kom van die wensbeen trekkery...

“Touch Wood”

Onthou toe ons as kinders wegkruipertjie gespeel het? Hoe jy iemand ‘geblok’ het as jy hom gewaar – gewoonlik teen ‘n boom. En hoe mens jouself kon blok en jou derhalwe veilig kon maak om weer weg te mag kruip... Dit is heidens en gekoppel aan ‘n bygeloof ritueel.

Die gebruik om aan ‘n boom te raak vir beveiliging is ‘n 4,000 jaar oue ritueel. Dit was gewoonlik teen ‘n eikeboom gedoen, omdat die ons antieke voorvaders die eik geheilig het weens sy krag en sy statige hoogte. Daar is ook gemeen dat die eik magiese magte het omdat dit meer gereeld as ander bome deur die weerlig geslaan is. Daardie tyd het die mense, soos ek reeds genoem het, nie die voordeel van vandag se navorsing en disseksie en elektriese analise gehad nie. So, indien ‘n weerligstraal wat op sigself ‘n wonder verskynsel was ‘n sekere boom uitkies, kan mens verstaan dat ons voorouers gedink het die Gode kies die eik uit...

Die Grieke, later die Romeine en toe die Britte, het wanneer hulle ‘n stelling wou vasmaak dat dit nie boemerang nie en daar nie ‘n eikeboom naby was nie, sommer teen enige hout voorwerp getik. En vandag. Vandag in die mees gesofistikeerde kringe, tussen al ons tegnologiese hulpmiddels en na ‘n millennium se ontwikkeling, tik iemand ‘n klop aksie met die vinger as hy of sy iets gesê het, en se: “Touch wood”

Ek het nog nooit die duiwel agter ‘n kantoordeur sien uitloer met ‘n grinnik wanneer iemand “Touch wood” nie!

Om die Muntstuk op te Skiet:

In die antieke tye het die mense geglo dat die gode al die belangrike besluite moes neem met gebeure op die aarde. So het die mense verskillende planne beraam waarmee hulle ‘probeer’ het die gode beïnvloed of beweeg om deel te neem en die belangrike besluit vir die mens te neem of om ‘n beslissing te vel in ‘n geskil.

Die gebruik van ‘n muntstuk om ‘n bepaling te maak, het by die Romeine ontstaan onder die heerskappy van Julius Ceasar. Dit was Julius Ceasar wat die opskiet van ‘n muntstuk ingestel het, 900 jaar nadat die eerste muntstukke deur die Lidiërs gemunt is. Ceasar, wie se kop aan die eenkant van al die Romeinse munte was, het bepaal dat ‘n munt opgeskiet moes word en dat die val van die munt die wenner van ‘n dispuut, of die goedkeuring van die gode bepaal het.

Die val van die munt het baie belangrike litigasie soos by eiendomme, huwelike, kriminele skuld ens finaal bepaal. Wanneer die munt met Ceasar se kop boontoe geval het, het dit beteken dat die keiser in absentia met die beslissing ingestem het en die teendeel opponeer.

Elke internasionale rugbywedstryd wat vandag gespeel word, word ewe seremonieel voorafgegaan deur ‘n heidense bygeloof ritueel. En...hoeveel belydende Christen rugbyspelers wys met die dankbare vinger na bowe wanneer hulle ‘n drie gedruk het – Is dit uit dankbaarheid vir die Christen God wat hulle bely, of is dit in erkenning vir die voordeel wat Julius Ceasar beweerkstellig het?

Die Ooievaar wat die Baba Bring:

Net soos met die haas het ons voorouers met die ooievaar, hul waarnemings van die natuur omskep in ‘n bygeloof wat vandag nog dwarsoor die wêreld figureer. Die ooievaar wat die baba bring is deur ons Skandinawiese voorouers na ons toe afgebring. Die nodigheid om die aankoms van ‘n nuwe baba aan die kinders by die huis te verduidelik was baie groot in die tyd toe bykans al die kinders in die huis gebore is. Maar waarom dan die ooievaar?

Die algemene nesgewoontes en ongewoon onbaatsugtige maniere en gewoontes wat die ooievaars openbaar het, het die Skandinawiërs baie mesmeriseer en beïndruk. Deur fyn observasie en ‘n aanvoeling met die natuur het die Skandinawiërs gemerk dat die ooievaar in sy sewentig jaar lange leeftyd klokslag terugkeer na dieselfde nes, en later skoorsteen. Daar is opgemerk dat die ooievaar monogamie toepas, en dat die voëls ontferming toon vir ouer en siek of swakker voëls van hul eie spesie. Die jonger ooievaars voer hierdie ander benadeeldes van die gesin, en hou selfs hul vlerke oop om sulke siekes te beskerm teen die wind en weer. Die Romeine was op die beurt so beïndruk met die altruïstiese gedrag van die ooievaar, dat hulle ‘n wetgewing, die Lex Ciconaria, die “ooievaar wet” ingestel het waardeur kinders verplig was om na hul ouers om te sien. Die Grieke was ewe beïndruk met die optrede van die ooievaar en vandaar die Griekse term: ‘storge’, wat die oorsprong van die Engelse term vir ooievaar - “stork”, wat ook ‘sterk en natuurlike liefderikheid’ beteken.

So het die ooievaar dan deur prysenswaardige en deugsame optrede wat deur die mens gewaar is, die status gekry om gekies te word as die voel wat die baba aflewer. Hierdie is ‘n natuurlike diere deug, wat by die mens se eie aanvoeling vir die mooi in die lewe, ontwikkel het in ‘n internasionale bygeloof – ek vind absoluut niks boos hieraan nie, ek dink dit is pragtig. Daar is baie Godheid in die ooievaar (Lees gerus my "God van Die By") Viva die ooiervaar!

Die Nommer 13

Navorsing toon dat die nommer 13, van al die slegte geluk bygelowe, die een is wat die grootste effek op die ganse mensdom se alledaagse lewe het. Die Franse reik byvoorbeeld gladnie ‘n nommer 13 vir enige huisadres uit nie. In Italië word nommer dertien uit die nasionale Lotto gelaat, en nasionale en internasionale skepe en vliegtuie laat die dertiende ry op hulle beskikbare sitplekke uit. In Amerika word die dertiende vloer in al die groot wolkekrabbers en ander groot geboue uitgelaat – die veertiende vloer volg op die twaalfde. Hierdie verskynsel word ‘triskaidekafobie’ genoem – of in platter boeretaal: “dertienvrees” So waar kom hierdie dertienvrees vandaan?

Hier kom ons Nordiese mitologie in. Dit kom uit die mitologie van ons Europese voorvaders. Daar was ‘n banket in Valhalla en twaalf van die Nordiese gode is na die banket uitgenooi. Loki, die gees van boosheid en struwelinge het die banket ongenooid betree waardeur sy teenwoordigheid op ‘n ongewenste dertiende gas uitgeloop het. In die geveg om Loki uit te gooi, is Baldur, die geliefde van die gode gedood. Hierdie is die vroegste geskrewe aanduiding van waar die getal dertien ‘n negatiewe uitwerking gehad het. Hierdie beskouing het van Skandinawië na die res van Europa versprei en was reeds dwarsoor die lande aan die Middellandse See versprei toe die Christen Era ontstaan het. Die Christinne het later die ‘ongelukkige dertien’ konnotasie by Valhalla naaap toe dit verbind is tot die dertien gaste by Christus se laaste Avondmaal. Daar is deur die Christinne parallelle getrek tussen die Nordiese god Loki, en die dissipel Lukas, en tussen die geliefkoosde Baldur en Christus wat beide uiteindelik die prys moes betaal.

Vrydag is by die dertiende bygebring ook as gevolg van die krag in die Nordiese mitologie, maar weereens het die Kerkvaders dit probeer nullifiseer met latere toevoegsels: Eva het vir Adam op Vrydag die dertiende met die appel uitgelok, Noag se ark begin vaar op die groot vloed, die taalverwarring by die toring van Babel, Salomo se tempel word vernietig, die Paryse tempel van die Tempelare word bestorm en ingeneem deur die soldate van die Franse koning Phillip IV en Jesus sterf op die kruis op Vrydag die dertiende.

Maar die oorspronklike oorsprong daarvan kom van die Kerkvaders se poging om die mitologie van ons Germaanse voorouers demonies te maak. Vrydag is vernoem na Freya of Frigga wat die Nordiese mitologiese godin van liefde en vrugbaarheid was. Toe die Nordiese en Germaanse stamme tot die Christendom bekeer is, het die kerk Freya as ‘n heks gebrandmerk en is daar gesê dat sy na die bokant van ‘n berg verban is. Die kerk het toe verder verklaar dat Freya uit weerwraak elke Vrydag op die berg vergader met 11 ander hekse en die duiwel, wat die getal 13 opmaak. Elke Vrydag het Freya dan saamgesweer met haar twaalf ander onheilige kollegas om in die komende week bose of negatiewe gebeure op die mense af te bring.

Vir etlike eeue het die Skandinawiërs Vrydae “Die Hekse se Sabbat” genoem...

Natuurlik steek die bleddie hasie nie die paaseiers vir die kinders weg nie, natuurlik vlieg die ooievaar nie met ‘n baba en ‘n geknoopte doek na ons huise nie, natuurlik sal die klop van my vinger op ‘n tafelblad ‘n saak laat geskied nie, en natuurlik het die hoender se borsbeen nie gehelp dat my wense om ‘n wêreldse boks kampioen te geword hetverwesenlik het nie...

Nee wat my liewe leser, ek geniet baie van die bygelowe intens. Ek sien daarin die karakterontwikkeling en die ontplooiing van die dieper gees wat uit die mense waaruit ek en U spruit ontvou het. Wanneer ek die paaseiers in die tuin wegsteek dan pak ‘n nostalgie my beet. Wanneer my kleinkinders nou opgewonde en jubelend daarna soek, sir ek en kyk en kom daar by my ‘n weemoed op vir die mense wat dit geskep het, en kry ek ‘n empatie vir die opregte bedoelings waaruit dit gespruit het. Daarin word die mens, ons mense, se strewe tot geluk weerspieël

Ons is wie ons is....


Waldor:

  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag