Avond maal

Wendag

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Mitologie


Wat word bedoel met Mitologie.

Die woord mitologie, beteken letterlik om mites oor te vertel, bedoelende verhale wat 'n spesifieke kultuur glo waar is en wat bonatuurlike karakters of gebeurtenisse gebruik om die aard van die wêreld en die mensdom voor te stel. Die moderne gebruik van "mitologie" verwys óf na die mites van 'n spesifieke kultuur óf die studieveld handel oor die versamel, studie en uitlê van mites.

In die volksmond beteken mite ook valsheid - iets wat sommige glo maar nie waar is nie - maar in die veld van mitologie word so definisie nie gebruik nie.

Mites en legendes

Mites en legendes is tradisionele vertellings van onbekende oorsprong wat uit die vroegste tye aan latere geslagte oorgedra is. Hoewel baie mense voel dat dié woorde sinonieme en dus omruilbaar is, het mites in die korrekte sin van die woord met gode te doen, terwyl legendes met mense te doen het. Mites en legendes is albei deel van die sogenaamde volksoorleweringe.

In mites word die primitiewe gelowe van volkere beliggaam. Hulle het romantiese verklarings vir die wonders van die natuur gebied in ’n tyd toe geen wetenskaplike verklarings daarvoor nog bestaan het nie. Natuurkragte is verpersoonlik en vergoddelik.

’n Versameling van verwante mites vorm ’n mitologie of mitologiese sisteem. In die meeste mitologieë tref ’n mens ’n panteon, of godehemel, aan met ’n oppergod aan die spits daarvan.

Definisie

Mites is per definisie heilig en laat blyk gewoonlik bonatuurlike of goddelike magte. Dikwels word mitologie en legendes - verhale van heldefigure en geskiedkundige gebeurtenisse - gemeng, afhangende van die hoeveelheid bonatuurlike inhoud in die verhaal.

In volksverhale, wat 'n mengsel van sekulêre en heilige verhale kan insluit, verkry mites 'n invloed deurdat in hulle geglo word. In die studie van volksverhale word daar erken dat alle heilige tradisies mites bevat, 'n erkenning waardeur geen skending plaasvind nie anders as wat sou gebeur in die algemene verstaning van wat 'n mite is.

Hierdie breë waarheid loop 'n dieper koers as die aankoms van kritiese geskiedenis wat moontlik bestaan as 'n gesaghebbende geskrewe vorm wat "die storie" word. Voorgeletterde tradisies kan verdwyn as die geskrewe weergawe "die storie" word en die letterkunde "die gesag" soos in geval met die Hebreeuse Bybel: "Die primitiewe gesteldheid is 'n geestestoestand, en nie 'n fase in sy historiese ontwikkeling nie."

Gewoonlik verwys die term 'mite' spesifiek na die antieke verhale van baie ou kulture, soos in Griekse mitologie. Party mites het oorspronklik ontstaan in 'n gesproke tradisie voordat dit neergelê is in skrif, en baie bestaan in verskeie weergawes.

Keltiese mitologie

Daar was ongeveer 400 Keltiese Gode en Godinne bekend in die Keltiese mitologie.

Anu (Danu of Dana)

Anu was 'n baie belangrike Keltiese Moedergodin. Sy was ook bekend as Danu, Dana. Anu is verwant aan die ou Mesopotamiese Godheid An. Dit is verder ook moontlik dat Anu verwant is aan die Griekse/Romeinse Godin Diana. Die naam Danu kom van die proto-keltiese danu wat geskenk beteken. Anu was beskou as 'n magtige Aardmoeder wat verantwoordelik was vir vrugbaarheid en die ontstaan van lewe. Die Donau sou uit haar voortgevloei het. Sy was die Moeder van Moeders en die Moeder van die natuur. Sy is beskou as die bron lewende water. Anu is ook verwant aan die Germaanse Godegroep Ase. In die Keltiese skeppingsverhaal sou die water van die Donau 'n eikeboom gevoed het en uit hierdie eikeboom sou alle Keltiese Gode en Godinne ontstaan het.

Donn

Donn word beskou as die eerste manlik Keltiese God. Daar is egter ondersoekers wat meen dat Donn voortvloei uit die ou Moedergodin Anu. Donn en Anu (Danu) is dus 'n splitsing van dieselfde Godheid. Donn en Anu was volgens die Keltiese skeppingsgeskiedenis, die eerste Godepaar. Donn het later sy glans verloor en is beskou as die God van die doderyk. Die naam Donn (en Danu) is ook verwant aan die Germaanse God Donar, asook aan die Griekse Adonis, en ook 'n ander Griekse God Dionysos. Maar die naam is ook verwant aan die Semitiese Adoni of Adonaj. Die Latynstalige volkere gebruik 'n woord wat afgelei is van hierdie name, as naam vir die Christelike God; naamlik in Spaans Dios, in Frans Dieu en in Italiaans Dio. Vandag word God ook in Grieks, Theos, genoem wat verwant is aan die name.

Egiptiese mitologie

Boek van Poorte Boot van Ra

Egiptiese mitologie is die versameling mites van Antieke Egipte wat die optrede van die Egiptiese gode beskryf as ’n manier om die wêreld te verstaan. Mites verskyn dikwels in antieke geskrifte en kuns, veral in godsdienstige materiaal soos gesange, rituele tekste, begrafnistekste en tempelversierings. Dié bronne bevat selde ’n volledige weergawe van ’n mite en beskryf dikwels net ’n kort deel daarvan.

Die Egiptenare het, geïnspireer deur die siklusse in die natuur, die huidige tyd beskou as ’n reeks herhalende patrone, terwyl die vroegste periodes in tyd lineêr was. Mites speel af in die vroegste tye en bepaal die patroon vir die siklusse van die hede. Huidige gebeure herhaal die gebeure in die mites en hernu so maät, die basiese orde van die heelal. Van die belangrikste episodes van die mitiese verlede is die skeppingsmites waarin die gode die heelal uit ’n oerchaos vorm; die verhale van die bewind van die songod, Ra, op aarde; en die Osiris-mite oor die gevegte van die gode Osiris, Isis en Horus teen die ontwrigtende god Set. Gebeure in die teenswoordige tyd wat as mites beskou kan word, is Ra se daaglikse reis deur die wêreld en die ander kant van die wêreld, die Doeat of onderwêreld. Herhalende temas in die mites sluit in die konflik tussen die handhawers van maät en die magte van wanorde, die belangrikheid van die farao om maät te handhaaf en die voortdurende dood en opwekking van die gode.

Romeinse mitologie

Die Romeinse mitologie, die godsdiens van antieke Rome, kan in twee dele gedeel word. Die vroeëre deel was kulties van aard en het op verskillende maniere van die Griekse mitologie verskil. Die latere deel was meestal letterkundig en is direk uit die Griekse mitologie ontleen.

Vroeë Romeinse mitologie

Die vroeë Romeine het geen aaneenlopende verhale oor hul gode gehad wat vergelyk kan word met die stryd van die Titane of die verleiding van Zeus deur Hera nie. Sulke verhale het eers verskyn toe Romeinse skrywers in die latere stadiums van die Romeinse Republiek begin het om die Griekse modelle aan te neem. Die Romeine het egter wel 'n hoogs ontwikkelde stel rituele, priesterkolleges en groepe gode gehad wat aan mekaar verwant was. Daarnaas het hulle ook 'n ryk versameling historiese mites oor hul ontstaan gehad wat hoofsaaklik uit menslike helde bestaan het, met so nou en dan 'n goddelike inmenging.

Die Romeinse rituele van die amptelike priesters tref 'n duidelike onderskeid tussen twee klasse gode: die "di indigetes" en die "di novensides" of "novensiles". Eersgenoemde was die oorspronklike gode van die Romeinse staat en hul name en karakter word aangedui deur die titels van die eerste priesters en die gevestigde feesdae op die kalender: 30 sulke gode is met spesiale feesdae geëer. Die novensides was latere gode wat bekend gestel is tydens die historiese periode, meestal op 'n bekende datum en as antwoord op 'n spesifieke krisis of noodgeval. Vroeë Romeine het, naas die "di indigetes", 'n groep gode gehad wat gespesialiseer het in 'n spesifieke aktiwiteit, soos die oes. Oorblywende fragmente het onthul dat by sulke dade, soos die oes of om te saai, 'n verskillende god opgeroep is vir elke stap van die proses. Die naam van die spesifieke god is dikwels afgelei van die werkwoord wat die aktiwiteit beskryf. Die gode kan geklassifiseer word as hulpgode en is saam met die hoofgode opgeroep. Vroeë Romeinse kultus was dus nie soseer politeïsties nie, maar eerder polidemonies: Die aanbidders se konsepte van die opgeroepde wesens het uit weinig meer as hul naam en funksie bestaan en die mag, of numen, van dié wesens was uiters gespesialiseerd.

Aan die bopunt van die eerste groep gode was die triade Jupiter, Mars en Quirinus (hul priesters, of flamens, was dus ook van die hoogste rang) en saam met hulle Janus en Vesta. In dié tyd het die gode nie werklik hul eie individualiteit besit nie en hulle persoonlike geskiedenis het troues en stambome ontbreek. Anders as die gode van die Grieke is daar nie van die Romeinse gode verwag om soos mense op te tree nie en dus bestaan daar nie baie rekords van die gode se aktiwiteite nie. Hierdie ouer manier van aanbidding is verbind met Numa Pompilius, die tweede koning van Rome, van wie daar geglo is dat sy vrou en raadgewer die Romeinse godin van fonteine en geboorte, Egeria, was. (Egeria word in latere letterkundige bronne geïdentifiseer as 'n nimf.)

Mesopotamiese mitologie.

Mesopotamiese mitologie verwys na die mites, godsdienstige tekste en ander literatuur wat afkomstig is uit die streek van antieke Mesopotamië, wat 'n historiese streek van Wes-Asië is, geleë in die Tigris-Eufraat rivierstelsel wat die gebied van die huidige Irak beslaan. In besonder die samelewings van Sumer, Akkad en Assirië, wat reeds voor 3000 v.C. bestaan het. Die Sumeriese Koninkryk het tot 'n einde gekom met die bekroning van Sargon I as die nuwe heerser van Akkad en Sumer. Hierdie werke is hoofsaaklik op klip- of kleitafels bewaar en is deur skrifgeleerdes in spykerskrif geskryf.

Verskeie lang stukke het oorleef, waarvan sommige as die oudste verhale ter wêreld beskou word, en historiese studie insig gegee in die Mesopotamiese mites, ideologie en kosmologie.

Moderne begrip van die Mesopotamiese mitologie word verskaf deur argeologiese opgrawings van Wes-Asië en die herwinning van baie klip- en kleitafels, waarvan sommige die verhale van baie mites bevat. Daar is verskillende weergawes van elke mite op verskillende plekke in die streek gevind, met teenstrydighede tussen mekaar, maar die algemene temas en vertellings word behou. Hierdie weergawes is in verskillende tale geskryf, insluitend Akkadies, Sumeries en Oud-Babilonies, en is dikwels van die een na die ander vertaal, wat lei tot verdere teenstrydighede as gevolg van die inherente onvolmaakte aard van hierdie vertalings.

Suid-Amerikaanse mitologie.

Viracocha is die groot skeppergod in die mitologie van die voor Inka en Inka beskawing in die Andes-streek van Suid-Amerika. Viracocha was een van die belangrikste gode in die Inca-panteon en word gesien as die skepper van alle dinge. of die stof waaruit alle dinge geskep word, en wat met die see verbind word. Viracocha het die heelal, son, maan en sterre, tyd geskep (deur die son te beveel om oor die lug te beweeg) en die beskawing self. Viracocha is aanbid as god van die son en storms.

Viracocha het gedurende die tyd van die duisternis van die Titicacameer (of soms die grot van Paqariq Tampu) opgestaan om lig na vore te bring Hy het die son, die maan en die sterre gemaak. Hy het die mensdom gemaak deur lewe in klippe te blaas, maar sy eerste skepping was breinlose reuse wat hom mishaag het. Daarom het hy hulle met 'n vloed vernietig en mense, wesens wat beter was as die reuse, van kleiner klippe gemaak. Nadat hy hulle geskep het, het hulle oor die hele wêreld versprei.

Viracocha het gehuil toe hy die nood sien van die wesens wat hy geskep het en hul verseker dat hy sal terugkeer.

Viracocha het uiteindelik oor die Stille Oseaan verdwyn (deur op die water te loop) en het tot vandag nog nie teruggekeer nie.

Viracocha was beskryf as 'n witman van medium lengte met 'n lang baard en geklee in 'n wit kleed met 'n gordel om die middellyf vasgemaak en dat hy 'n staf en 'n boek in sy hande dra.



Danu die Aardmoedergodin:

Danu

Danu, ook bekend as Anu, of Dana, in die Keltiese godsdiens, die Aardmoedergodin, wat onder verskillende name van Oos-Europa tot Ierland vereer is.


Thor:

Thor en Strydwa

Geen God was sterker as Thor nie.

Sommige van die reuse was wel, maar dit het die uitdaging vir die rooibaard-God om hulle uit te wis, net aangenamer gemaak. Sy hamer, Mjölnir, kon berge vernietig, en hy het dit gebruik om die reuse wat Asgard (die ryk van die gode) en Midgard (die wêreld van die mensdom) bedreig het, se koppe te verpletter. Wanneer die Vikings die hemel sien blits en die dreuning van die storm aanvoel, het hulle geweet dat Thor weer vir hulle veg. Maar Mjölnir was nie net 'n wapen nie. Thor het Mjölnir gebruik om te heilig - dit wil sê om te herstel of te seën. Met Mjölnir kan Thor selfs sommige dinge weer lewendig maak. Thor is by troues, by geboortes en spesiale seremonies ingeroep vir hierdie vermoëns om te beskerm en te heilig.