Ek is mal oor die mens. Veral, en spesifiek oor my eie, want ek is onlosmaaklik deel daarvan. Eerstens is ek onwrikbaar daaraan getrou omdat dit uit oorsprong my plig is. Voordat ek elders aansluiting soek verwyl ek my eers met dit waarvan ek deel is, daarna deel ek wat oorbly met die vreemdes. My identiteit, my afkoms, my land, my geskiedenis en dit waarvoor ek daaruit verantwoordelik is, is onverhandelbaar. Toegee is weggee. Ek glo ook onwrikbaar daarin dat ons die onverhinderde vryheid moet eis om ons pragtige taal, ons pragtige, land, ons skryfkuns, en ons pragtige vroue met 'n passie moet vertroetel, bewaar, verdedig en geniet - daarvoor is ek bereid om te sterf.
Engelkind
Ek lees ‘n Engel het hom
by ‘n man geskaar in
sy nood op ope pad
sy kar onklaar...
‘n Ander het ‘n goeie loop
skierlik staan gemaak
en so ‘n komend val in tyd
weg laat raak...
So wonder ek nou
daardie kindjie klein
se meisietjie pyn alleen
toe handjies in hamermeul
verdwyn...
Arme weerloos
mooie kind
vir haar geen
Engel hand
net leë wind...
Ek dra hierdie gediggie op aan die pragtige dogtertjie wat, toe ek ‘n tiener was die voorblad van die Sondagkoerant gehaal het toe sy beide haar handjies in ‘n hamermeul verloor het toe sy onskuldig, uitbundig, weerloos op bale gespeel het... Dit het my jeugdige hart oopgeruk en ek wou by ons predikant weet: Waar was die Engele waaroor hy preek?