Avond maal

Wendag

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Wendag


Die webbladsy is 'n ruimte waar mense kan aantoon hoe hulle die nuwe inligting oor die heelal, die aarde en lewe op aarde integreer met die nuwe inligting oor die Bybel, gode van die Ou testament, Jesus van Nasaret, die Christelike godsdiens en ander godsdienste. Kortliks gestel - dis 'n ruimte vir mense wat nie sku is om oor hulle soeke na sin te praat nie. Ons aanvaar dat ons almal pelgrims is wat besig is om ons eie lewensreis te voltooi. Pelgrims word dikwels gedwing om by 'n oase aan te doen om asem te skep, hulle dors te les en ook 'n gesprek of twee aan te knoop voordat hulle die reis voortsit. Hierdie webbladsy is bedoel om so 'n oase te wees.

Ons Visie:

Ons visualiseer 'n nuwe era waar inligting vrylik kan vloei sonder vrees vir marginalisering, verkettering, of vervolging. Elke mens, man, vrou of kind, behoort in staat te wees om in positiewe verhoudings tot hulleself, hulle medemense, hulle omgewing en die goddelike te kan leef. Ons streef na 'n kultuur wat bevorderlik is vir ware selfverwesenliking.

Ons Missie:

Wendag wil 'n ruimte vir oop religieuse gesprek verskaf. In hierdie spirituele ruimte kan nuwe gedeelde waardes ontwikkel word, en lewensin en betekenis aan die orde kom. Hierdie ruimte verskaf 'n spirituele en sosiale tuiste vir mense wat hulle met vrye religieuse denke identifiseer - veral uit die perspektief dat alle godsdienste en gelowe kultuurprodukte is.

Ons Doelstellings:

In ooreenstemming met ons visie en missie, en gelei deur ons waardes, verenig Wendag stellings soos die volgende na te streef:

Oop Religieuse Gesprek:
  1. om deur 'n gesprek mense te ondersteun om vrede te hê met hulle self, akkommoderend met ander mense saam te leef, en verantwoordelik met hulle omgewing om te gaan;
  2. om begrip vir religieuse diversiteit te bevorder;
  3. om wanpersepsies ten opsigte van die konigkryk van God deur gesprek op te klaar;
  4. om aansluiting te soek en te vind met vrye denkers wat dieselfde of soortgelyke doelstellings as ons het;
  5. om begeleidende materiaal vir kinders en volwassenes te verskaf;

Wendag: Vernuwing van denke - Die regstel van wanpersepsies oor God, die Goddelike.

Definisie van deïsme - wat dit is, betekenis en begrip

Deisme

Deïsme is die erkenning van ‘n universele skeppende krag groter as dit wat deur die mensdom verklaar word, wat ondersteun word deur die persoonlike waarneming van wette en patrone in die natuur en die heelal, wat verewig en gestaaf word deur die aangebore vermoë van menslike verstand, en gekoppel word met die verwerping van aansprake deur individue en georganiseerde godsdienste, dat hulle spesiale openbarings ontvang het.

Lees verder...


Ope Brief aan die God van Die Bybel

Yahweh

Ek besef dat hierdie brief hoog waarskynlik as ‘onafgelewer’ sal terugkom...
Hierdie skrywe van my, hierdie skriftelike poging om uit te kom waar so baie, gereeld persoonlik kuier, en lyk my baie familiêr en tuis is. Hier is mense wat skriftelik getuig dat hulle U persoonlik ken, want U praat kwansuis met hulle. Dog na vele pogings met sulke mense vererg hulle hulself wanneer ek doodeenvoudig vra hoe U stem klink. Sommige lees U gedagtes en verkondig hele wêreld gebeure en selfs toekomstige gebeure deur tussen die lyne te praat van wat daar aangehaal word van wat U aan iemand sou gesê het. Al wat ek hieruit kan aflei, is dat daar oral privaat en op verskillende vlakke met U gekoukus word. Dat sekere van U uitlegte en bedoelings wat die ganse mensdom baie ernstig raak, aan uitgesoektes ‘gefluister’ word, en dat dit dan aan die onbevoorregte bykans ontelbare siele verkondig moet word teen finansiële vergoeding. Want in baie gevalle is om U te ken ‘n beroep.

Lees verder...


Die Onbekende God

Onbekende God

Aan 'n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken...

Handelinge 17


Waarhede

Louis Agassiz (1807-1873)Die waarheid gaan deur drie fases:

  • Eerstens word dit bespot.
  • Tweedens, word dit gewelddadig teëgestaan.
  • Derdens word dit as vanselfsprekend aanvaar.
Louis Agassiz (1807-1873)

Christus

"Ek hou van julle Christus, ek hou nie van julle Christene nie. julle Christene is so anders as julle Christus".

Mahatma Gandhi (1869-1948)

Ou Geskrifte


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.