Avond maal

Wendag

  • WendagWendag
  • Oudste geskrewe tale ter wêreldTale
Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Oudste geskrewe tale ter wêreld


Alhoewel ons nooit seker kan wees wat die eerste gesproke tale van die mensdom was nie kan ons die eerste geskrewe geskrifte van tale tot ongeveer 5 000 jaar gelede terugvoer.

Hierdie lys bevat tien van die oudste tale wat op geskrewe geskrifte gebaseer is, en hoewel daar vandag nie een van hulle meer gepraat word nie, word daar geglo dat verskeie van hulle die vroegste vorms van enkele van die moderne tale is.

Die piktografiese antieke Chinese skrif

  • Land van herkoms: Antieke China
  • Gebruik deur (tale):  Argaïese Sjinees
  • Tydperk: 1600 - 221 v.C.
  • Skryfstelsel: Logografiese skryfstelsels
  • Nog steeds in gebruik: Nee
'n ingeskrewe os-skapula

Shang-dynastie-orakelbeen, 'n ingeskrewe os-skapula
(beeldkrediet: Deur BabelStone, via Wikimedia Commons)

Argaïese Chinees of Oud-Chinees is die vroegste geskrewe vorm van die Chinese taal en kan teruggevoer word na 'n orakelbeen (foto hierbo) wat dateer uit ongeveer 1250 v.C. Die taal was in antieke China gebruik tydens die Shang-dinastie (c.1600 vC - c.1046 vC), die Zhou-dynastie (c.1046 vC - 256 vC) en die periode van die Strydende State (c.475 vC - 221 vC).

Alhoewel geleerdes seker is dat die taal 'n vroeë vorm van Chinees is, is dit moeilik om te vertaal vanweë die beperkte onderwerp wat dit bevat (politiek, ekonomie en godsdienstige praktyke) en talle eiename wat gevind word op die verskillende artifakte wat uit die ruïnes van Yin verkry was (naby die hedendaagse Anyang). Die Anyang opgrawings het duisende voorwerpe opgelewer wat Argaïese Chinese skrif bevat.



Luwiese hiërogliewe

  • Land van herkoms: Hattusa in noord-sentrale Anatolië (hedendaagse Turkye)
  • Gebruik deur (tale):  Luwiese
  • Tydperk: 1400 BCE to 700 v.C.
  • Skryfstelsel: Logografiese skryfstelsels
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Luwiese hiërogliewe

Kliptafel met Luwiese hiërogliewe inskripsies wat die aktiwiteite van koning Urhilina en sy seun verstrek. 9de eeu vC.
(beeldkrediet: Deur Osama Shukir Muhammed Amin, via Wikimedia Commons)

Die Anatoliese tale vorm saam een van die subgroepe van die Indo-Europese taalfamilie. Die oudste bekende Anatoliese woorde is vanaf 1900–1800 v.C. op kleistablette van die Assiriese handelskolonies in Sentraal-Turkye aangetref. Dit maak Anatoliese tale die oudste oorlewende tak van Indo-Europese tale. Die belangrikste verteenwoordigers van die Anatoliese taalgroep is Hetities en Luwies.

Die Anatoliese tale word gewoonlik gesien as die eerste en die oudste tak wat van die gewone Indo-Europese boom afgeskei het. Volgens die argeoloog L. Klein het sprekers van Anatoliese tale in Sentraal-Europa gewoon voordat hulle na Anatolie gekom het, en stem ooreen met die argeologiese kulture van die sogenaamde Baden-sirkel. Die Anatoliese hipotese plaas die afskeiding in, ongeveer 6500 v.C. Volgens hierdie hipotese is die oudste Proto-Indo-Europese taal tot 6500 v.C. in Anatolie gepraat, en sommige van die sprekers het later na die Balkan geemigreer. Die Anatoliese tale ontwikkel dan uit die taal van diegene wat agtergelaat word.

Na die verowering van Alexander die Grote, het mense van Anatolie die Griekse taal en kultuur oorgeneem. Die inheemse tale is deur Grieks vervang, en het waarskynlik rondom die eerste eeu v.C. uitgesterf.

In die tweede millennium vC word die volgende tale in Klein-Asie Sentraal-Turkye gevind:

  • Luwies.
  • Hetities.
  • Palaïes.

Ná die val van die Hetitiese ryk rondom 1200 v.C. het Hetities as 'n geskrewe taal verdwyn, Palaïes het omstreeks 1300 v.C. uitgesterf. Luwies, aan die ander kant, is tot die 7de eeu v.C. gebruik.



Lineêr B

  • Land van herkoms: Miceense of Mukeense Griekeland
  • Gebruik deur (tale):  Miceense Grieks
  • Tydperk: 1500 to 1200 v.C.
  • Skryfstelsel: Lettergreepskrif skryfstelsels
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Lineêre B skrif

Klei tablet ingeskryf met Lineêre B skrif
(beeldkrediet: Deur vintagedept, via Wikimedia Commons)

Die Miceense beskawing het ontstaan en ontwikkel uit die gemeenskap en kultuur van die Vroeg- en Middel-Helladiese tydperk op die Griekse vasteland. Dit het omstreeks 1600 v.C. ontstaan toe die Helladiese kultuur verander het onder invloed van Minoïese Kreta.

Miceense artefakte is al ver buite die grense van die Miceense wêreld ontdek: Miceense swaarde is bekend tot in Georgië in die Kaukasus, ’n voorwerp van barnsteen met Lineêr B-simbole is in Beiere, Duitsland, ontdek en Miceense bronsbyle en ander voorwerpe uit die 13de eeu v.C. is in Ierland en in Wessex en Cornwall in Engeland gevind.

Anders as die Minoïese beskawing, wat uit handel voordeel getrek het, het die Miceners uigebrei deur middel van verowerings. Die beskawing is oorheers deur ’n vegter-aristokrasie. Omstreeks 1400 v.C. het die Miceners hul beheer uitgebrei tot by Kreta, die middelpunt van die Minoïese beskawing, en hulle het ’n vorm van die Minoïese skrif (wat Lineêr A genoem is) gebruik wat later die vroeë vorm van die Griekse alfabet in Lineêr B sou ontwikkel.



Hetitiese spykerskrif

  • Land van herkoms: Hetitiese Ryk, Klein-Asië
  • Gebruik deur (tale):  Hetities
  • Tydperk: 1700 to 1100 v.C.
  • Skryfstelsel: Wigskrif of spykerskrif skryfstelsels
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Hetitiese spykerskrif tablet - Kultuurfeesskrif

Hetitiese spykerskrif-tablet: Hattusha Laat Bronstydperk (14de eeu v.C.)

Die Hetiete (soms ook Hettiete, Hittiete of Chetiete genoem) was 'n volk met 'n Indo-Europese taal wat aan die begin van die 2de millennium v.C. vanuit die ooste na Anatolië gemigreer het en hier tussen die 18de en 16de eeu v.C. 'n magtige ryk met die hoofstad Hattuša (naby die huidige Turkse dorp Boğazköy in die noordelike Sentraal-Anatolië) gevestig het.

Hetiet is die oudste van die Indo-Europese tale met geskrewe bewyse en die bekendste van Anatoliese tale, wat 'n uitgestorwe tak van Indo-Europese tale is wat in Klein-Asië gepraat is.

Die Hetitiese ryk het bestaan uit mense van verskillende kulture en taalkundige agtergronde, het hulle van Hetities in die meeste van hul sekulêre geskrewe tekste gebruik gemaak.

Alhoewel die Hetiete oor hul eie Anatoliese hiërogliewe beskik het, het hulle die Mesopotamiese wigskrif oorgeneem en amptelike dokumente in Akkadies geskryf.

Die Hetitiese Ryk het tot in die 12de eeu vC geduur en hetitiese spykerskrif het saam met die ryk uitgesterf. Die afstammelinge van die Hetitiese aristokrasie het opgehou om Hetitiese spykerskrif te gebruik en het eerder die verwante Luwiaanse hiërogliewe begin gebruik.



Lineêr A

  • Land van herkoms: Kreta
  • Gebruik deur (tale):  Minoërs (mense van Kreta)
  • Tydperk: 1800 to 1400 v.C.
  • Skryfstelsel: Nog ontsyfer, glo ideografies met 'n sillabiese komponent
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Kretensiese hiërogliewe

Hetitiese spykerskrif-tablet: Hattusha Laat Bronstydperk
(beeldkrediet: Deur Zde, via Wikimedia Commons)

Lineêr A is een van twee ongesyferde skryfstelsels wat gebruik was deur die Minoërs van Kreta vanaf 1800 tot 1400 v.C.

Naas Kretensiese hiërogliewe, is Lineêr A een van die eerste Europese skryfstelsels.

Aangesien daar nie veel oor Lineêr A of Kretensiese hiërogliewe bekend is nie, was daar eers vermoed dat hulle deel van dieselfde skryfstelsel was, alhoewel die skrifte baie anders lyk. Benewens dat dit moontlik verwant is aan Kretaanse hiërogliewe, lyk dit ook soos Lineêr A, wat deur die Myseense Grieke gebruik is. Nadat albei tale vergelyk is, kom die taalkundiges egter tot die gevolgtrekking dat Lineêr A nie 'n bekende Griekse taal verteenwoordig nie.

Lineêr A bestaan uit ongeveer 90 verskillende simbole.

Die Minoërs was die eerste en vroegste van wat geleerdes erken as Grieke, en die Minoïese het 'n reputasie dat hulle 'n filosofie gehad het wat geharmoniseer is met die natuurlike wêreld.

Die Minoërs het op Kreta, geleë in die middel van die Middellandse See, sowat 160 kilometer suid van die Griekse vasteland gebly. Dit het 'n klimaat en kultuur wat verskil van dié van ander Brons-era-mediterreense gemeenskappe wat albei voor en na ontstaan het.

Baie studies het reeds probeer om die taal agter Lineêr A te ontsyfer, maar nog nie een het oortuigende resultate opgelewer nie. Baie geleerdes het aangevoer dat Lineêr A 'n pre-Helleense taal is wat nie met Grieks verband hou nie. Sommige teorieë gaan selfs verder en beweer dat die Lineêre A-taal nie eers tot die Indo-Europese taalfamilie behoort nie. Ander studies het bespiegel dat Lineêr A verband hou met die Ou Europese Vinca Kultuur (Serwië).



Kretense hiërogliewe

  • Land van herkoms: Kreta
  • Gebruik deur (tale):  Minoërs (mense van Kreta)
  • Tydperk: 2100 to 1700 v.C.
  • Skryfstelsel: Nog ontsyfer, glo ideografies met 'n sillabiese komponent
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Kretensiese hiërogliewe

Kretensiese hiërogliewe
(beeldkrediet: Deur Ingo Pini, via Wikimedia Commons)

Kretense hiërogliewe was die vroegste skryfstelsel wat deur die Minoërs gebruik word, wat beskou word as die eerste geletterde kultuur van Europa.

Oor Kretaanse hiërogliewe is nie veel bekend nie en die taal is nog nie ontsyfer nie, hoewel dit breedvoerig bestudeer word.

Die redes waarom die Kretaanse hiërogliewe nog nie vertaal is nie, is omdat daar min voorbeelde van die teks is en dat die wat beskikbaar is baie kort is.

Kretensiese hiërogliewe verskyn meestal op klei seëls, wat waarskynlik die name weergee van die produk, vervaardiger of eienaar.

Die meeste van die bekende Kretensiese hiërogliewe blyk piktografies en ornamenteel te wees, maar enkele voorbeelde bevat 'n meer lineêre teks - wat net tot die probleem met die ontsyfering van die Kretense hiërogliewe bygedra.

Die Minoërs het op Kreta, geleë in die middel van die Middellandse See, sowat 160 kilometer suid van die Griekse vasteland gebly. Dit het 'n klimaat en kultuur wat verskil van dié van ander Brons-era-mediterreense gemeenskappe wat albei voor en na ontstaan het.

Baie studies het reeds probeer om die taal agter Lineêr A te ontsyfer, maar nog nie een het oortuigende resultate opgelewer nie. Baie geleerdes het aangevoer dat Lineêr A 'n pre-Helleense taal is wat nie met Grieks verband hou nie. Sommige teorieë gaan selfs verder en beweer dat die Lineêre A-taal nie eers tot die Indo-Europese taalfamilie behoort nie. Ander studies het bespiegel dat Lineêr A verband hou met die Ou Europese Vinca Kultuur (Serwië).



Elamitiese Spykerskrif

  • Land van herkoms: Elam in hedendaagse Suidwes-Iran
  • Gebruik deur (tale):  Elamities
  • Tydperk: 2800-550 v.C.
  • Skryfstelsel: Wigskrif - lettergreepskrif
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Die Behistoen-inskripsie

Die Behistoen-inskripsie in Bisitun, Iran van die Achaemenid-dinastie gedateerd 500 v.C. in; Persies, Akkadies en Elamities.
(beeldkrediet: Deur Rama, via Wikimedia Commons)

Elamities is 'n uitgestorwe taal wat deur die antieke Elamiete in die Midde-Ooste gepraat is. Elamities was die primêre taal van die Elamiete in hedendaagse Suidwes-Iran van 2800-550 v.C. Die laaste Elamitiese geskrifte dateer uit die tyd van die verowering van die Persiese Ryk deur Alexander die Grote.

Elamities is aan geen ander bekende taal verwant nie en word derhalwe as 'n geïsoleerde taal beskou. Die Elamitiese wigskrif is op die Akkadiese wigskrif gebaseer.

Die Behistoen-inskripsie in Iran is deur Dareios I in Oud-Persies, Babilonies ('n vorm van Akkadies) en Elamities gekerf.

Hierdie taal was onder andere gebruik in Elam, geleë in die huidige Iran. Dit was een van die drie tale van die Persiese Ryk, saam met Oud-Persies en Babilonies.

Elam was deel van die vroeë verstedeliking tydens die Kopertydperk. Die ontstaan van geskrewe rekords vanaf omstreeks 3000 v.C. loop ook parallel met die Sumeriese geskiedenis, waar effens ouer rekords ontdek is.

Verskeie monumente is met tekste in hierdie taal aangebring. Die ontdekking daarvan, veral die van die Behistún-inskripsie, was fundamenteel om die spykerskrif te ontsyfer.

Elamitiese spykerskrif is direk beïnvloed deur Akkadiese spykerskrif, maar was nie so kompleks nie en het minder simbole gebruik.

Die Elamitiese spykerskrifskrif bestaan uit ongeveer 130 simbole, baie minder as die meeste ander spykerskrifskrifte.



Akkadiese spykerskrif

  • Land van herkoms: Antieke Mesopotamië
  • Gebruik deur (tale):  Akkadies
  • Tydperk: 2500 v.C. to 100 n.C.
  • Skryfstelsel: Akkadiese wigskrif
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Tablet in Akkadiese spykerskrif - hofverrigtinge

Die Heldedig van Gilgamesj, tablet 11: verhaal van die vloed. Bekend as die "Vloedtablet" uit die Biblioteek van Ashurbanipal, 7de eeu v.C.

Terwyl Sumeries en Akkadies twee baie verskillende tale was, het die Akkadiërs, wat noord van die Sumeriërs gewoon het, die spykerskrifstelsel aangeneem en dit uiteindelik omskep. Die Akkadiërs het omstreeks 2500 v.G. spykerskrif begin gebruik en die skryfstelsel vir die volgende eeue behou.

Die Akkadiërs het die Sumeriese spykerskrif piktogramme vereenvoudig en hul bes probeer om spykerskrif aan te pas by hul Semitiese taal. Daar is tussen 700 en 800 simbole in Akkadiese spykerskrif, maar slegs ongeveer 200 tot 400 word algemeen gebruik.

Akkadies het uiteindelik die dominante taal in antieke Mesopotamië geword (begin omstreeks 2300 vC) en later die Babiloniese en Assiriese tale geword.

Akkadies is ‘n uitgestorwe Semitiese taal (deel van die groter Afro-Asiatiese taalfamilie) wat in antieke Mesopotamië gepraat is. Dit is die oudste geïdentifiseerde Semitiese taal, en het die wigskrif skryfstelsel gebruik wat oorspronklik in die Soemeriese taal gebruik is. In die tweede millennium is twee dialekte gepraat, wat as Assiries en Babilonies bekend staan.

Akkadies het in die 8ste eeu v.C. begin afneem en is geleidelik deur Aramees vervang. Die laaste Akkadiese geskrifte dateer van die eerste eeu n.C. Vele Akkadiese woorde oorleef in moderne Aramese dialekte wat deur Assiriërs in Irak gepraat word en Akkadies is ook die taal waarin 'Die Heldedig van Gilgamesj' geskryf is.



Egiptiese hiërogliewe

  • Land van herkoms: Antieke Egipte
  • Gebruik deur (tale):  Antieke Egipties
  • Tydperk: 3200 v.C. to 400 n.C.
  • Skryfstelsel: Hiërogliewe
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Egiptiese Hierogliewe

Egiptiese Hierogliewe

Van al die vroegste skryfstelsels is nie een meer gewild of so elegant soos Egiptiese hiërogliewe nie. In werklikheid het die Grieke gedink dat die Egiptiese simbole so mooi en heilig was dat hulle dit 'heilige skrif' of hiërogliewe genoem het, van die Griekse hiero 'heilig' en glypho 'skrif'. Die antieke Egiptenare het ook geglo dat hul geskrif deur die gode uitgevind is en dit medu netjer ('die gode se woorde') genoem.

Hoewel niemand met sekerheid kan se wanneer die Egiptenare hiërogliewe begin gebruik het nie, kom die oudste gedateerde voorbeeld uit ongeveer 3200 v.C. Soos met baie antieke geskrewe tale, het mense vergeet hoe om hiërogliewe te lees nadat dit uit gebruik geraak het. Egiptiese hiërogliewe is in die 1820's deur Jean-François Champollion ontsyfer, met behulp van die beroemde Rosettasteen.

Alhoewel Egiptiese hiërogliewe prentjies is, verteenwoordig elke simbool eintlik 'n medeklinker, dit staan bekend as 'n Abjad-skryfstelsel.

Die literatuur van Mesopotamië het al die geskrewe werke wat daarna gevolg is, beïnvloed. Mesopotamiese motiewe kan in die werke van die Egiptiese, Griekse en Romeinse geskrifte waargeneem word en weerklink vandag nog deur die Bybelse vertellings wat hulle aangepas oorvertel.

Die ontsyfering van spykerskrif het veroorsaak dat mense hul sienswyse waaop hulle geskiedenis soos voorgehou moes verander.

Die aanvaarde weergawe van die skepping van die wêreld, erfsonde en baie van die ander voorskrifte waarvolgens mense hul lewens geleef het, is almal uitgedaag deur die openbaring van Mesopotamiese - grotendeels Sumeriese - literatuur. Sedert die ontdekking en ontsyfering van spykerskrif, was die geskiedenis van ons beskawing nog nooit dieselfde nie.



Spykerskrif (Mesopotamiese beskawings)

  • Land van herkoms: Mesopotamië
  • Gebruik deur (tale):  Sumeriërs en Akkadiërs
  • Tydperk: 3500-3000 v.C.
  • Skryfstelsel: Spyker of wigskrif
  • Nog steeds in gebruik: Nee
Tablet in Akkadiese spykerskrif - hofverrigtinge

Die Heldedig van Gilgamesj, tablet 11: verhaal van die vloed. Bekend as die "Vloedtablet" uit die Biblioteek van Ashurbanipal, 7de eeu v.C.

Spykerskrif is 'n skryfstelsel wat eers ontwikkel is deur die antieke Sumeriërs van Mesopotamië 3500-3000 v.C. Dit word beskou as die belangrikste onder die vele kulturele bydraes van die Sumeriërs en die grootste onder dié van die Sumeriese stad Uruk, wat die skryf van spykerskrif bevorder het. 3200 v.C.

Die naam kom van die Latynse woord cuneus vir 'wig' as gevolg van die wigvormige skryfstyl. In spykerskrif word 'n versigtig gesnyde skryfinstrument, bekend as 'n stylus, in sagte klei gedruk om wigagtige indrukke te lewer wat woordtekens (piktogramme) en later fonogramme of 'woordkonsepte' voorstel (nader aan die hedendaagse begrip van 'n 'woord').

Al die groot Mesopotamiese beskawings het spykerskrif gebruik totdat dit vervang was ten gunste van die alfabetiese skrif ongeveer 100 v.C., insluitend:

  • Sumeriërs
  • Akkadiërs
  • Babiloniërs
  • Elamiete
  • Hatti
  • Hetiete
  • Assiriërs
  • Horiete

Die Sumeriese werk bekend as die Eridu Genesis (saamgestel omstreeks 2300 v.C. en gevind was in die ruïnes van Eridu) is die vroegste weergawe van die Groot Vloedverhaal wat later in die Atrahasis, The Epic of Gilgamesh, en die Boek van Genesis oorvertel is.

Dit vertel hoe die gode die mensdom deur 'n vloed vernietig het, behalwe een man, Ziusudra, wat gered word wanneer Enki vir hom sê om 'n ark te bou en twee van elke dier te red. Daarna gee die gode toe en besluit om die menslike bevolking te beheer en hul irriterende neigings te beperk deur dood en siektes in die wêreld in te voer; daardeur weer orde te vestig en 'n perk te stel aan menslike lewe en ambisie.