Religie kan gedefinieer word as “geloof in God of gode wat aanbid word, gewoonlik kom dit tot uiting in gedrag en ritueel” of “enige spesifieke geloofsisteem, aanbidding, ens., dikwels is daar ‘n kode van etiek ingesluit.”
Enige definisie van religie is waarskynlik net bevredigend vir die outeur daarvan. — John Milton Yinger, 1967
Die skeppende mens is gedurig besig om aan die omgewing te verander. Dit is klaarblyklik deel van ons oorlewingsdrang. Hierdie veranderings geskied deur kreatiewe maniere waarop ons deur middel van kuns, kultuur en nadenke uitdrukking aan ons werklikheid wil gee. In hierdie nadenke speel religie nog altyd ‘n rol. Baie van ons het in die Christelike tradisie grootgeword, daarom probeer ons veral om vernuwend en herskeppend met ons Christelike erfenis om te gaan al het baie mense reeds daarvan afstand gedoen. Dit is egter veral die ortodokse verwoording van die Christelike ‘meestersverhaal’ wat nie meer sin maak nie. Ons leef met ánder kennis van hoe die wêreld ontstaan het; wat die plek van die aarde ten opsigte van die totale kosmos is; en waar die mens binne die geheel inpas. Binne hierdie gegewens is Hemel en Hel nie meer aanwysbare en bewoonbare plekke nie… en ‘God’ allermins ‘n manlike persoon, iewers buite ons aardsheid, soos die tradisie vir eeue reeds dikteer.
Om dit kortliks te stel, is religie ‘n stel oortuigings en rituele wat daarop ingestel is om ‘n persoon in die regte verhouding met God te kry.
Religie is veel wyer as godsdiens. Elke godsdiens is 'n religie, maar nie elke religie is 'n godsdiens nie. Daar word ook onderskei volgens monoteïsme (een God) en veelgodendom of politeïsme (meer gode). Volgens hierdie onderskeid is daar drie wêreldgodsdienste, die Christendom asook Islam en Judaïsme, Boeddhisme en Hindoeïsme is religies. Maar omdat Boeddha nie as 'n godheid beskou word nie, sou Boeddhisme eerder 'n filosofie wees.
Feuerbach maak deel uit van die linkse- hegeliane. Hulle was jong Duitse intellektuele wat weliswaar die dialektiek van Hegel waardeer, maar sy idealisme en metafisika breedvoering kritiseer. Ook Feuerbach lewer kritiek teenoor Hegel se godsdiensideaal. Hegel skryf dat God van homself vervreemd raak toe Hy die mens skep. Feuerbach draai die bewering om. Hy skryf dat die mens van homself / haarself vervreemd raak toe hy / sy God skep. Hy beweer selfs dat die geloof in God en die heilige familie die oorsaak van alle disharmonie op aarde is.
Hy gebruik die hegeliaanse dialektiek vir die redenasie. Hy beskou die hemelse en harmonieuse familie as die tese. Die aardse en ontwrigte familie as die antitese. Ten slotte vorm dit die aardse harmonieuse familie as sintese, deur die hemelse familie en ook God te vergeet. Deur te besef dat harmonie wel op aarde moontlik is, verdwyn die ontwrigting vanself.
Hierdie stelling word deur Karl Marx, wie vir Feuerbach aanvanklik bewonder, as n utopie beskou. Buitendien beskuldig Marx Feuerbach van kripo-idealisme. Want volgens Marx was die filosofie van Feuerbach geensins materialisties nie, maar nog altyd idealisties. Volgens Marx beskou Feuerbach die mens as n abstrakte, statiese en eensame wese, want hy hou nie rekening met die geskiedenis en die klasseposisie van mense nie. Feuerbach beweer dat die mens sy Gode geskep het om liefde met almag saam te voeg, terwyl Marx beweer dat die mens sy God geskep het as gevolg van onderdrukking. Marx dink dat religie sou verdwyn deur kollektiewe klassestryd en die rewolusie, terwyl Feuerbach vind dat elke individu sy geluk moet soek in die werklike wêreld en nie in n goddelike surrogaat nie.
Godsdienste kan ook volgens verskillende kriteria geklassifiseer word, soos hul oorsprong, hul soort openbaring of hul teologiese opvatting. Die teologiese opvattingkan op sy beurt verdeel word in: