Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
Die Mandela Mite

Deur: Waldor

Mandela, die wêreld liefling is ter ruste gelé. In die aanloop tot sy finale rusplek is die ganse mensdom toegegooi met lofprysinge. Amper elke bekende mens, elke politikus, elke televisie en filmster en presidente het ‘n eulogie oor bykans elke netwerk tot die mensdom gebring. Met die afsterwe van ‘n mens wat so besing word, vir wie die wêreld tot stilstand gebring is met eerbiedige lamentasies wat die netwerke van die aarde soos ‘n seine-spinnerak toegesend het; moet ‘n geskiedkundige perspektief gekry word om ‘n empiriese balans te kry.

Realiteite moet opgeweeg word teen al die menslike emosies. Die werklikheid moet opgeweeg word teen die effekte emosies, persepsies en beskouinge wat aangevuur en beïnvloed word deur die gees van die tyd, en die propaganda in die media wat daarmee gesinkroniseer is.

Harde, ervare en gesoute geregsdienaars en manne en vroue van die weermag, uit die ou era, wat merendeels te doen gehad het met die veiligheid en behoud van die ou Suid Afrika, en wat aan hul siel en vlees ervaar het hoe daar geveg is om ‘n orde te behou onder ‘n eie vlag en volkslied, is nou verdeeld wanneer hulle die wese van hierdie oud aartsvyand van ons bespreek. ‘n Persepsie en beskouing wat mens sou verwag van ‘n nuwe geslag wat van hul puberteit aan die Mandela propaganda blootgestel is, vind mens nou in die gemoed van ouer mense wat van beter behoort te weet. Dit noop dat ‘n ander perspektief gekry moet word – ons is perse oorspoel met die populêre perspektief, maar populêr is nie noodwendig reg nie.

Die gees van die tyd het Mandela natuurlik in ‘n ideale posisie geplaas. Die derde wêreld is arm aan ‘n karakter en held wat wêreld status geniet en wat in die anale van die geskiedenis verewig kan word en tussen die grotes kan figureer. Mandela was die ideale karakter op die regte tyd en op die regte plek. R.W Johnson ‘n eertydse emeritus van die Magden Kollege van Oxford, waar hy lektor van politiek en sosiologie was stel hierdie perspektief baie duidelik: Hy sê hierdie heiligmaking van Mandela – net soos die geval met Gandhi – het vir hierdie twee kontemporêre ikone gekom in die naloop van slawerny, kolonialisme, en die ‘mishandeling’ van anders gekleurdes oor die jare. Hy stel dit verder baie mooi wanner hy skryf dat hierdie aspekte in alliansie was met “...the persuit of the ‘noble savage’ and a longing to discover that somewhere, somehow, The Third World has discovered a new model, a new way that will transcend our fault-riven capitalism and dead-end communism”. Maar dan slaan hy die spyker so mooi op die kop.

“It is as if by devoting oneself to one of these superheroes, one can receive absolution from that crushing burden of guilt”.

Laat ek dit sommer nou onomwonde hier stel. Die Suid Afrikaner, maar die Afrikaner in besonder, het deur die jare van politieke druk juis ‘n amusante neiging om hom te verknog met ‘n Jannie-Jammergat houding oor sy verlede. Dit is vir my ‘n been in die keel en ek wil myself bekak elke keer wat ek dit beleef – dit is op golwe van hierdie swakheid wat die Mandelas en Gandhis floreer.

Want, wys R.W Johnson ons baie duidelik uit, was beide Mandela en Gandhi gladnie so wonderlik as wat die wêreld voorgee nie – veral nie eens op die gebied waarvoor hulle opgehemel word nie. Om gou met Gandhi klaar te maak: Hy was ‘n mislukte prokureur wat Indie moes verlaat, om in Suid Afrika ‘n lewe te probeer maak. Hy het dokters, die spoorweë, moderne medisyne, en die meeste ander elemente van die moderne lewe afgekeur en verwerp. Hy het die Suid Afrikaanse swart mense as barbare beskryf, en het die Indiese kastestelsel – wat niks minder as harde rassisme is – verdedig.

Netso het Nelson Mandela gefaal, juis op die gebied waar ‘onkunde’ en politieke stiksienigheid hom besing.

In die 1940’s het Mandela saam Oliver Tambo en Walter Sisulu die Jeug Liga van die ANC gekaap, en nie verower nie. Ongeveer dieselfde tyd het die klein maar invloedryke Suid Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) in ‘n alliansie met die ANC gegaan, en dit op verskillende vlakke infiltreer. Die SAKP het die ANC leier James Moroka, as ‘te konserwatief’ beskou, en gesorg vir sy omverwerping. Hoewel die nuwe Leier, Hoofman Albert Luthuli, ‘n Christen liberaal was, het hy gebieg onder die kommuniste omdat hy deurentyd bewus was van die omverwerping van sy voorganger. Hy was derhalwe niks minder as ‘n pion in die hande van die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party. In 1959 egter, het daar ‘n skeuring in die ANC gekom en die meeste radikalistiese lede van die wegbreek aksie, het die Pan Africanist Congress (PAC) gevorm wat gelei is deur Robert Sebukwe. Hierdie PAC het die oorweldigende invloed wat die SAKP op die ANC gehad het verwerp en daarop aangedring dat ‘n party gevorm word wat net uit swart lede bestaan. Robert Sebukwe was ‘n charismatiese leier, en die PAC het baie vinnig veld gewen.

Die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party, wat hoofsaaklik uit Jode bestaan het, het uit die aard van die saak tot paniek oorgegaan. Twee van die opkomende leiers van die SAKP, Joe Slovo, en sy vrou Ruth First, het die jong Mandela dadelik onder hul vlerk geneem en basies as sy mentors opgetree. Hulle het hom in die kommunistiese party ingeskryf en hom begin skaaf as die toekomstige leier van die ANC. Die SAKP, onder die taktiese en politiek geskoolde leiding van die kommunistiese Jode, het ‘n gewapende stryd teen die blanke regering van Suid Afrika van stapel gestuur. Dit het natuurlik die radikale PAC getrek. Dit was die ontstaan van Umkonto we Sizwe (Spear of the Nation, of MK). Johnson wys daarop dat dit ‘n 100% Kommunistiese organisasie was, en Mandela wat die leier daarvan was, het op die sentrale komitee gedien – ‘n feit wat hy in beide die hof en sy outobiografie oor ‘gelieg’ het...

Op 6 Desember 2013, na sy afsterwe, publiseer die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party ‘n eulogie vir Nelson Mandela. Hulle praat van “The passing away of ‘comrade’ Nelson Mandela...” Hulle gaan verder en verklaar:

“At his arrest in August 1962, Nelson Mandela was not only a member of the then underground South African Communist Party, but was also a member of our party’s Central Committee. To us South African communists, comrade Mandela shall forever symbolise the monumental contribution of the SACP in our liberation struggle” (Workers World - 6 Desember 2013)

Hy het nie eers die moed van sy oortuiging gehad om te staan waarvoor hy soveel lof voor kry nie – hy lieg oor die feit dat hy ‘n kommunis is.

Met die hulp van die intellek en vernuf van die hoofsaaklik blanke Joodse kommuniste, het Mandela as leier van die militante Mkonto we Sizwe, die momentum gekaap en is die meer besadigde Luthuli, wat nie in geweld geglo het nie uitgeskuif, om plek te maak vir Mandela. Maar, Mkonto was nie teen die destydse Suid Afrikaanse Polisie opgewasse nie, en was inderdaad vir die volgende 28 jaar weinig meer as ‘n ‘gebaar’

Toe Mandela in 1990 vrygelaat is, was sy toespraak wat vol Marxisties-Leninistiese dreigemente van nasionalisering ens was, nie sy eie toespraak nie, maar die werk van ANC aktiviste. Mandela het uit die staanspoor gewys dat hy sal sê wat sy ondersteuners wil he hy moet sê. Die toon was militant en Mandela het dit lojaal afgelees en hierdie trant is ook inderdaad ‘n paar keer daarna deur Mandela herhaal. Die uitgeweke ANC as politieke entiteit het toe besef dat samesprekings slegs sou slaag indien hulle polities-takties ‘n meer innemende houding sou inslaan, en het ‘n benadering van rasse rekonsiliasie ingeneem. Hierdie is aan Mandela oorgedra. Dit het Mandela beter gepas, maar indien die party andersom besluit het, sou hy ongetwyfeld die teenoorgestelde beleid uitgevoer het.

Mandela het derhalwe ‘n meer vredeliewende rigting ingeslaan, en het ‘n vergewensgesindheid getoon. Dit is die twee dinge wat mense dwarsoor die wêreld sal onthou. Indien mens egter die politieke ‘taktiek’ van die ANC in ag neem, hang daar ‘n groot vraagteken oor die ‘enigste’ twee deugde waarvoor Mandela kwalifiseer.

Want, behalwe wat hierdie twee aangekoopte deugde betref, moet die mensdom nou nie aan ‘n kollektiewe geheueverlies of apatie teenoor harde werklikhede ly nie. As politikus en staatsman het Mandela liederlik tekort geskiet. Om die waarheid te sê, het hy eerder beklaaglik gefaal.

Sy presidensiële termyn het afgeskiet met ‘n skietery. Die presiese ding waarvoor die blanke polisiemag wêreldwyd kritiseer is. Het die mense dan vergeet van die Shell House skietery, toe Mandela se ANC militante van die dak van die ANC hoofkantoor af met AK-47 gewere, losgebrand het op Inkatha betogers in die strate van Johannesburg. Mandela het doodeenvoudig geweier om die wat geskiet het, of hulle wapens aan die polisie te oorhandig en het die slagting probeer regverdig met beteuterde verklarings.

Toe het die Mandela regering nog vroeg in sy termyn al die land se mees ervare onderwysers op vroeë pensioen geplaas. Dit was ‘n harde slag waarvan die skool sisteem nooit herstel het nie – ‘n beklaaglike nalatenskap wat sprekend is van ‘n baie swak oordeel en ‘n stiksienige visie. Verder het sy administrasie waarskynlik die mees ekstreme arbeidswette in die wêreld teweeggebring. Die inwerkingstelling van die wette het die staatsdiens letterlik ruïneer met die massa vervanging van die geskoolde en ervare wittes en Indiërs met ongeskoolde swartes – Ook die staatsdiens het nooit hiervan herstel nie.

Dan was daar onder Mandela, die skandalig en uiters korrupte wapenhandel saak.

Naby die einde van sy administrasie het hy waarskynlik die mees ekstreme toespraak gemaak wat nog ooit deur ‘n Suid Afrikaanse President gemaak is toe hy suggereer het dat daar ‘n enorme sameswering van opposisiepartye, nie regeringsorganisasies, en kriminele bendes was wat die regering wil omverwerp. Dit was natuurlik vir enige mens wat kompos mentis is, duidelik dat hy met die toespraak, ‘n grondrede wou kry vir die sterk onderdrukkende maatreëls wat deur sy administrasie ingestel is.

Hierbenewens is Mandela ingelig dat die aanvoer van die Vigs aspek onpopulêr by die swart mense is, en het hy hom laat lei om stil te bly daaroor, met die gevolg dat die siekte onder sy administrasie epidemiese proporsies bereik het. Toe hy op die vingers getik is omdat hy die wit mense gevra het om nie te emigreer nie, het gat omgeswaai en gesê dat indien mense wou emigreer die land ontslae sou wees van ongewenste elemente. Toe die pers die ANC kritiseer, het hy gesê dat dit blank beheer word, al was die meeste redakteurs toe reeds swart.

Ten spyte van sy reputasie vir rekonsiliasie was hy baie gou om die rasse kaart te speel wanneer dit hom gepas het.

Toe hy afgetree het, het hy alles in sy vermoë probeer om die Vigs skade reg te stel, maar dit was reeds te ver, want 30% van alle swart moeders was met vigs besmet. Sy opvolger wat hy persoonlik gekies het, Thabo Mbeki, was buitendien ‘n totale Vigs ontkenner, en so het Mandela uiteindelik die laaste spyker in die doodkis ingeslaan wat hyself aanmekaar getimmer het. ‘n Verdere spyker in die doodskis wat sy persoonlike aandringing dat Jacob Zuma as Visepresident aangestel moes word, want so het hy die vader geword van die jammerlike Zuma administrasie wat tans in beheer is.

So, kom ons meet Mandela met die maatstaf wat die grotes van die wêreldgeskiedenis gemeet word:

Twee kwantitatiewe analiste, Professor Steven Skiena, en Charles Ward, het ‘n analise gemaak van meer as ‘n duisend historiese figure en prominente persone - van Elvis tot Beethoven, en Stalin tot koningin Victoria, en uiteindelik die tien top karakters van alle tye bepaal. Arme Mandela kom nie daarin voor nie, nie eens amper nie...

Die tien top karakters van alle tye is:

  1. Jesus
  2. Napoleon Bonaparte
  3. William Shakespeare
  4. Muhammad
  5. Abraham Lincoln
  6. George Washington
  7. Adolf Hitler
  8. Aristotle
  9. Alexander die Grote
  10. Thomas Jefferson

Wanneer daar in ag geneem word dat twee van die karakters as goddelike verteenwoordigers gesien word en heel gelowe hul ondersteun, los dit agt geskiedkundige, menslike figure wat twee kerwe opskuif. Mandela word selfs veel minder geag as die bose Hitler.

Om terug te kom na Mandela se konnotasies met die geldmag – om te bepaal hoe hy dan kwansuis vir sy mense opgestaan het, is dit noodsaaklik om te kyk na hoe hy daardie elite terugbetaal het vir hul dienste tydens die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party era...

Met die beëindiging van rasse-apartheid het Madela se era van ekonomiese apartheid begin. Gedurende die tagtiger jare het PW Botha rojale lenings aan swart besigheidsmanne toegestaan, en het ANC leiers letterlik in majestueuse herehuise in gholf-landgoed areas ingetrek. Die rykdom verskille tussen wit en swart het gekrimp, maar tussen swart en swart het al wyer geraak. Die bekende Mandela refrein, dat die rykdom sal “trickle down” en dat dit sal “create jobs”, het vinnig verlore geraak in verdagte saamsmeltings in die handelsektor. Die befaamde Hongaars-Amerikaanse besigheid magnaat, belegger en filantroop, George Soros, het die heersende situasie in baie duidelik gestel toe hy in 2001, voor die Davos Ekonomiese Forum die volgende oor Mandela se Suid Afrika verklaar het: “South Africa is in the hands of international capital” Die sogenaamde Mandela-afbreek van apartheid in die alledaagse lewe, en veral die van skole is ernstig ondersny deur hewige korrupsie in die besigheid sektor onder die invloed van ‘n “neoliberalisme”. Die grootste geskiedkundige uiteindelike gevolg hiervan, was die alombekende Marikana slagting naby Rustenburg.

Nie ‘n baie goeie nalatenskap vir die liefling-wenner van die Nobel vredesprys nie!

Mandela het inderdaad boetie-boetie verhoudings met die ryk wit elite uit die korporatiewe wêreld aangewakker.

In sy baie goed nagevorste film “ Apartheid Did Not Die”, wys John Pilger daarop dat die amptelike, ‘skynbare’ ANC beleid om armoede te beëindig, kort na Mandela se oorname, afgelas is. Soveel so, dat een van Mandela se ministers gespog het dat...”the ANC’s politics were Thatcherite” Hy gaan verder en wys daarop dat bitter min gewone mense bewus is van die feit dat die proses van samewerking met die geldmagte, in die geheim begin is twee jaar voordat Mandela vrygelaat is. Toe die ANC nog verban was, het hulle in effek ooreenkomste aangegaan met prominente lede van die Afrikaner elite by vergaderings in die deftige huis, Mells Park House, naby Bath in Engeland. Die primêre aanstigters was die korporasies wat apartheid gesteun het. Daar was dus ‘n dubbele verraad gepleeg.

Patrick Bond, direkteur van die Centre for Civil Society, en ‘n professor aan die Universiteit van Kwa-Zulu Natal , verklaar dat hy gedurende 1994 en 1996 in Mandela se kantoor gewerk het, en dat hy persoonlik gesien het hoe hierdie beleid na Mandela gebring is deur internasionale finansies en openbare besighede in samewerking met ‘n “neoliberal” konserwatiewe faksie in sy (Mandela) se eie party. Nadat Mandela sodoende tot die “westerse klub” toegelaat is, kon hy gereeld paradeer word as die bewys van die klub se demokratiese getuigskrif en etniese wysheid. “He was forced to become a kind of Princess Diana, someone we could be allowed to love because he rarely said anything too threatening tot he interests of the corporate elite who run the planet” skryf Partick Bond tereg...

Dit is dan ook die rede waarom Mandela so onfeilbaar minsaam gesien is en as ‘n politieke heilige beskou is terwyl president Hugo Chavez van Venezuela, wat ekonomiese apartheid in Suid Amerika sterk aangeveg het, as kontroversieel gesien is. Chavez is gesien as ‘n anti-Amerikaanse paaiboelie – ‘n mense held en skurk wat sy mense se rykdom teen ‘n muur “uit gepis het” Vir die BBC was Chavez ‘n smous “deur gestutte en narsistiese poulisme” aldus Rory Carrol van die Gaurdian. Maar Chavez se enigste misdaad, was dat hy, anders as Mandela, ‘n ernstige bedreiging ingehou het vir die staat se korporatiewe sisteem, waarvan die media ‘n integrale deel uitgemaak het.

Mandela se ‘aan en af’ kan op geen meer verduidelikende manier aangebring word as met wat John Pilger vervolgens saamvat:

Mandela seemed unfailingly gracious. When my interview with him was over, he patted me on the arm as if to say I was forgiven for contradicting him. We walked to his silver Mercedes, which consumed his small grey head among a bevy of white men with huge arms and wires in their ears. One of them gave an order in Afrikaans and he was gone.

Nee wat, Mandela skiet oral tekort wanneer hy gemeet word aan die werklikhede om deugde waarmee hy so mildelik behang word. Hy het bykans niks op eie inisiatief geskep nie, die ontwikkelde wat hy op ‘n skinkbord ontvang het, het ‘n beklaaglik opgeneuk en die patriotiese deugde waarvoor hy besing word het hy agter die skerms verkwansel vir populariteit.

Gee hom ‘n pot lensiesop!



Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.