Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
Die God van die By

Deur: Waldor

Toe Waldor in 1974 aan die Suidkus van Natal in matriek was, was daar verskeie tekorte.

Die ergste tekort vir Waldor natuurlik, was die tekort aan 'n Bosveld vuur en die Curriebeker. Die tekort wat Waldor hier wil noem, het eintlik 'n waarheid voor Waldor openbaar wat eers later jare in hom ontwikkel het - mens moet mos in alles groei. So het Waldor dan van 'n ‘geskenkskrif’ in 'n handboek, gegroei na die ‘God van die By’

“Onthou seun, daar is net een egte ding in die lewe en dit is die natuur, glo net in dit” hierdie ‘geskenkskrif’ het voor in my Biologie Handboek gestaan uit die pen van 'n prominente en dierbare Afrikaner van Port Edward, wat die boek vir my gekoop het omdat die Natalse Onderwys Departement ons daardie tyd, nie van die boeke kon voorsien nie. Waldor het uiteraard nie mooi verstaan nie, en by navraag het Oom Boet verduidelik: “Mense sal jou altyd drop en teleurstel, maar...”, het hy verder verduidelik “Nooit sal die natuur nie - 'n perskeboom sal altyd bot wanneer dit sy tyd is, so vind jou God in die natuur, nie in wat mense in die kerk verduidelik nie”

Waldor het egter die ou ‘geykte’ pad gegaan en baie ‘kerk geloop’ en sy God in die ‘Sand kaskenades’ van die Israeliete gesoek. Waldor het saans wanneer mens en gees alleen saam is, gewonder hoekom hy so sondig om te wonder. Om te wonder wat Noag die Leeus in die Ark gevoer het, hoe die Anakonda en eggenote in Irak kon kom om die vaart mee te maak. Hoekom Dawid nie vir Goliat met die swaard aangedurf het nie, en waar die wyse Salomo begrawe is? Waldor kon nie verstaan hoe die ‘Samesteller’ van die Heelal, sulke Wetenskaplike spelfoute maak nie. Toe gaan Waldor se oë oop en hy sien God in die Heuningby - ja, toe bot Waldor se gees soos Oom Boet se perskeboom.

'n By is op sy beste so groot soos 'n dame se pinkie nael en het geen brein nie. Daar is geen sensoriese stelsel by die by nie, geen reuk organe, geen sig - hoegenaamd geen sintuie nie. Tog, wanneer die by nektar uithaal gaan hy slegs na die beste blom. Die blom wat die beste kombinasie voedingstowwe uit die grond opgeneem het. Nie die agtergeblewe blom, of die verlepte blom of 'n gewone blom nie - maar die prima blom! Hy sal uit 'n plaat van miljoene blomme direk na die rykste blom gaan. Hoe en hoekom kies die by die beste blom?

Dit is die regte God wat vir die By wys! Die By is al duisend maal onder die beste mikroskope dissekteer, maar nog nooit kon die wetenskaplikes vir God ‘raak sny’ nie. Hulle sal ook nooit nie, want daardie mag wat die By rigting gee is die natuur en die orde daarin wat die ‘bloudruk’ van God se smaak is. Die smaak wat bepaal dat slegs die sterkste, grootste en mooiste Ram die ooie mag dek. Die bok en die By het nie 'n geloof nie, hulle het God.

Ons Nordiese voorvaders het nie papierwerk nodig gehad om 'n geloof te kon bedryf nie. Hulle het die By as rigtingwyser gehad. Hulle het die Son en die seisoene onverpoos en stiptelik sien kom en gaan en daarom was hulle Son Aanbidders, eintlik aanbidders van dit wat agter die son gesit het - God.

Die Son het sonder om 'n dag oor te slaan vir die Vikings opgekom en in die natuur het hulle 'n orde raakgesien en ervaar wat vir hulle na die God van die By gebring het. Hulle siening van God is deur die Natuur gekomplimenteer. Dit het nie teen die natuur gevloek soos die ‘Sand kastele’ van Israel nie. Want sien Tacitus skryf oor die Kelte en Germane (neefs van die Vikings) - ons regte oer oupas en oumas: Dat hul geloof in die hiernamaals so onwrikbaar was dat hulle skuldbriewe opgestel het waarin die lener belowe dat hy die ander persoon in die ‘hiernamaals’ sal terugbetaal, en dit was 'n geldige ooreenkoms...totdat die Kerkvaders met Konstantyn se geloof op papier, na die Vikings gekom het - toe kom die vrese vir die dood.

Want Waldor kan sien hoe die geharde Viking en Keltiese krygers sukkel om te glo hoe een kryger drie duisend gewapende soldate met 'n donkie se kakebeen kon dood slaan. Al wat gebeur het, is dat 'n donkie kakebeen die Viking Son verdoof het en die unieke skuldbrief nietig verklaar het. 'n Diep geloof is deur 'n dokument vervang waarvan die werklike outeur nou nog soek is. Waldor wil hom verstout om te sê dat hy eerder vir God in die Viking skuldbrief, as in die Ark sien.

Nou wonder Waldor, die By of die Prediker?



Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.