Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II

Deur: Waldor


As dit nie was dat die Christen Bybel suiwer op die geskiedenis van die Jode en hul aangenome God gebaseer was nie, sou die argeologie van hierdie baie onbenullige stukkie woestyngebied aan die oostekant van die Middellandse See nooit die aandag van enige noemenswaardige wetenskaplikes getrek het nie. Maar Bybelse tradisie het by herhaling in die Westerse wêreld vir ons geleer dat die Jode wat uit hierdie gebied kom ‘n antieke ras is wat ‘n duidelike en pertinente geloof het.

Die probleem met ‘n onderwerp soos hierdie is dat dit handel oor ‘n baie sensitiewe aspek. Dit is ook nog ekstra sensitief omdat dit dinge aanspreek wat vir millennia aanvaar is sonder dat dit openlik bevraagteken is. Verder, raak dit ‘n mensdom aan wat allerweë as die uitverkore volk van God beskou word en daardeur op ‘n heilige platform geplaas is waar dit beskermd en glorievol pryk. Dit word dan ook nie net deur die volk ter sprake, self propagandisties as Goddelike regverdiging voorgehou vir ‘enige’ daad wat hulle in die antieke verlede uitgevoer het, kontemporêr uitvoer, en in die toekoms gaan uitvoer nie; maar dít alles word deur bykans die hele wêreld goedsmoeds aanvaar en aangeskryf. Hierdie geskiedenis is die spil waarom die geskiedenis van die mensdom draai. Só glo die meerderheid, en só bestaan ‘n religie wat nie bevraagteken durf word nie. In hierdie ‘onaantasbare milieu’ woeker ‘n leun wat die potensiaal in die gees van die Ariër inhibeer. In hierdie milieu word massamoord, volksmoord, kindermoord, mensvretery, bloedskande, verkragting, hoerery, bedrog en lafhartigheid vergoddelik en geheilig.

Is dit nie tragies dat die skeppers van die groot beskawings, die Parthenon, die maantuie en hier in Afrika die G-6 Kanon, se Ariese harte met ‘n uitgesoekte spoelklip uit ‘n lafaard se slingervel deurboor is nie! Dat ‘n mensdom wie se hele karakter geskiedkundig aan dapperheid en ridderlikheid gekoppel is, ‘n ’klipgooiery in ‘n swaardgeveg’ hulle heiligdom of prima heldedaad maak. Dat mense wat oseane oorkruis het, toe die ‘klipgooier’ se mense mekaar se watergate in die woestyn gestroop het, omdraai, en die geskiedenis van die ‘water stropers’ aangryp en dit hulle godsdiens maak. Dit, is ‘n alle grote tragedie.

In die eerste gedeelte het ek die geskiedenis en identiteit van die Filistyne en uiteraard die van die slingervel episode aangeraak en daaruit ‘n parallel getrek. In reële terme kan dit dalk as bietjie prematuur vir die hele draad beskou word, maar ek het dit so beplan want dit val in en komplimenteer die opskrif, en in die tema van die opskrif, lê ‘n groter boodskap wat ek uiteindelik wil tuisbring. Ek wil net daarop wys dat dit futiel is om in reaksie op hierdie artikels te probeer om die Ou Testament een kant toe te skuif of te argumenteer dat dit nie ‘n verskil aan die groter prentjie van die geloof maak nie. Die Ou Testament vorm ‘n integrale deel van die Bybel in sy geheel. Die Bybel kan nie sonder die ou Testament bestaan nie – dit is ‘n gegewe. Om dus te gryp na die strooihalm deur die Ou Testament een kant toe te skuif wanneer dit diskrediteer word, bevestig net die tragiese paradoks! Dit begin by ‘n volk se sondeval in Genesis en eindig by die slag van Armageddon in Openbaring. Die draad loop van die skepping in die paradys, deur Adam, deur Dawid, deur die kruisiging, en eindig in die dal waar die groot geveg der gevegte gaan plaasvind. Hierdie hele goddelike plan verlaat nooit die Midde Ooste nie... dit kom ook nooit los van die mense wat God gekies het as die vaandeldraers van sy hele raadsplan nie. God self (Jesus) sê dan baie duidelik: “Ek is net na die verlore skape van die volk van Israel gestuur...” Matteus 15:24.

‘n Ander strooihalm wat ietwat later aangespreek gaan word is die poging om uitkoms uit die argument te vind deur die Jood van die Israeliet te probeer skei deur akrobaties te werk te gaan met uitgesoekte tekste... Om die Jood van die Israeliet met opportunistiese vergrype te skei, is so futiel soos om die Transvalers alleen Afrikaners teenoor die Kapenaars te maak, deur opportunisties met die Groot Trek te werk te gaan.

Die Israeliete se hele geskiedenis word baseer op gesteelde tradisies wat aan hulle en die hele wêreld ‘n vals idee gebring het oor die uitverkorenes se identiteit. “From the time of Moses through to the almost total destruction of Jerusalem in 70 CE the religion of the Jews was a melting pot for ideas absorbed from everywhere around them...” skryf Christopher Knight en Robert Lomas in hul meesterlike boek: ‘The Book of Hiram’, die derde van ‘n unieke reeks. Die Jode het ‘n masker aangesit en dra hierdie masker vandag nog. Die masker is natuurlik baie populêr by hulle omdat dit uitstekend by hul skyn en hul leegheid pas en dit dien ‘n dubbeldoel met die ‘goedgelowige navolging’ wat dit by die Christen voortgebring het. Oordadige propaganda onder andere het die fondament van hul fasade geword. Hulle hou daarvan om te vertel, en vertel te word, van hul verhewe idealisme, van hulle spiritualiteit en hul uniekheid onder die res van die wêreld; en die res van die wêreld steun hulle met heilige verwondering in hierdie fasade. Wanneer hulle egter beweer dat hulle ‘n unieke en oortreffend antieke ras is, en dat hulle die alleen skeppers en besitters is van die oorspronklike tradisies, geskrifte, gebruike, ritus, wette en religieuse leerstellings wat slegs eie aan hulself is... roep dit om aandag en vra dit om ondersoek te word. Dán spring daar by die denkende mens wat nie met ‘fasade blindheid’ geslaan is nie, sekere geregverdigde vrae op. Dit is dan wat die leegheid in die fasade na vore kom.

Indien die Israeliete ooit in die geskiedenis ‘n nasie met ‘n taal en tradisies van hulle eie was, moet die plek waar daardie nasie in antieke tye geleef het nog ontdek word. Palestina was nooit deur die Israeliete besit of beheer nie. Hulle was nog nie eens meesters van selfs die gebied wes van die Jordaan rivier en nog minder van die kusgebied aldaar nie. Baie van die Fenisiese en ander Kanaänitiese stede was vir Joodse strategie en aanslae ondeurdringbaar. Hulle het slegs klein gedeeltes van die landgebied ‘bewoon’ en selfs dié gedeeltes moes hulle met die Kanaäniete deel. Die heiligdomme van Palestina soos Bet-El, Berseba, Gezer, Gibeon, Gilgal, Hebron, Jerusalem, Sechem ens., was nooit Israelse heiligdomme nie, maar die heiligdomme van die Kanaäniete en die is letterlik deur die Israeliete aangeneem. Die Israeliete het in die meeste gevalle sommer op die koop toe die helde van die gebiede ook aangeneem.

Onder die ‘helde’ wat die Israeliete so ‘aangeneem’ het was: Terah, die takbok god; Abram, die vaderlike God van voortplanting; Ram, die god van duisternis en donker hoogtes en wie assosieer was met die maangod van Ur ( die leser word daaraan herinner dat Abram volgens die Ou Testament van die land Ur afkomstig was. Die laaste Basis waar ek in 2009 in Irak gesetel was, was in die land Ur, en skaars ‘n kilometer van ‘Abram se huis af’ maar later meer daaroor); Sara, die wolk godin van die Kaukasus wat ook met die maan assosieer was; Esau, die bok god (onthou hoe harig Esau kwansuis volgens die Ou Testament was!); Jacob, die Hermes agtige pilaar god van Bet-El; Laban, die wit een en god van stene en fondasies, geassosieer met die maangod van Haran; Josef, die heiligende en interpreterende god van die antieke Kanaäniete (so lê hy toe sommer drome uit); Nun, die fis god van noord Palestina; Saul, die Babiloniese songod wat na Palestina, die ‘’land van die seuns van die esel’ gekom het om te soek na sy vader se esels; en ag wat, so kan ons aangaan met Debora en Simson sowel as saamgestelde helde soos Moses, Dawid, Berseba(die dogter van die maangod) en natuurlik ook Salomo. Dan is daar natuurlik ook gefragmenteerde helde soos Ester, Mordecai, Rafael en Asmosdeus ens.

Terwyl die Israeliete ‘aangeneem’ het wat hulle nie verstaan het nie, het hulle deurmekaar geraak, nie net met die ‘helde’ self nie, maar veral met betrekking tot die gebruike, geskiedenis, die gelowe en plekke waaraan al hierdie dinge gekoppel is. Daarom is dit toepaslik om te noem dat die Jode nie die presiese plek van die Berg Sion kan uitwys nie en ook nie kan verduidelik waarom hulle nie in staat is om dié belangrike plek te identifiseer nie. Sinai is nie die berg van Jahweh nie, maar is presies soos wat die naam impliseer - Dit is vernoem na die maangod ‘Sin’, die god van wette en strawwe. Dié god se gebied word aangewys as die woestyn en wildernis van Sin. Aanbidding van hierdie god dateer so ver terug as 4,200 VC Daarom die woord ‘sin’ in Engels vir sonde, en daarom die begrip van strawwe.

Jericho is nie die wonderlike stad van geure en Palmbome nie, dit is die ‘geel maan stad’ en die Jordaan rivier is die ‘geel maan rivier’.

Jerusalem, is nie die ‘maan stad’ nie, al het die vroue van dié stad later sekelmane op hul hoofde gedra, maar is eintlik presies wat die naam uitspel – die stad van “Uru” die plaag god en god van oorloë, en van “Salem” die son god. Abdul Shipa, wat in 1430 die Goewerneur van Jerusalem was, verklaar in ‘n brief aan sy opperheerser Amenophis IV van Egipte, dat Jerusalem, of “Urusalem” die stad van Beth Ninip en van Uras die god van oorloë, wie se naam daar Salem was is. Uru was aanvanklik ‘n demoon van siektes en pestilensie voordat hy die god van oorlog geword het, en Salem of ‘Shalem’ word identifiseer met Set, Israel, Saturnus, Adar, Dionysus ens. In die omgewing van waar Jerusalem vandag is, was daar ‘n tempel vir die Babiloniese god Ninip.

Wat egter baie insiggewend is, is dat die vark vir Ninip ‘n heilig dier was en dat dit vir die volgers van Ninip dus taboe was om vark te slag of eet... Daar is gevind dat vark ook by die rites en mites van Adonis, Attis, Tammuz, Set, Semele, Dionysus ens figureer het. Varke is gereeld as offerande in spelonke gegooi. Daar is in die spelonk by Gezer naby Jerusalem baie vark beendere gevind. Van daar die Joodse beheptheid met hul onthouding van vark. Mens sal mos die ding omkeer en slegmaak want jou vyand of oorheerser het dit andersom gehad. Die Jode gee voor dat Jerusalem van die dae van Dawid af dateer, maar daar dien nog bewys te word dat daar ooit ‘n Joodse koning Dawid bestaan het. Daar is in die hele Jerusalem nie ‘n enkele, potskerf, muur tekening, standbeeld of enige relik van Dawid of die wyse Salomo nie. Dit op sigself is baie beduidend. Nie eens ‘n enkele baksteen van die allemintige tempel wat Salomo ‘die wyse vis god van die Assiriërs’ op die “sun rock” aldaar gebou het, is te vinde nie!

Sargon van Akkad het Palestina in ongeveer 2800 VC tot sy ryk inkorporeer en van 2300 -1500 VC was Palestina onder Babiloniese heerskappy. Dit beteken dat Palestina vir 1300 jaar onder die invloed van Babiloniese kultuur, en literatuur was. Daarna, van die vyftiende eeu tot die tiende VC, was Palestina ‘n provinsie van Egipte. Daar was groot getalle Egiptiese boogskutters in Jerusalem gestasioneer onder die heerskappy van Amenophis III, en adviesbriewe wat van 1430 VC dateer wat van die goewerneurs van Jerusalem aan hul Egiptiese suserein Amenophis IV gestuur is. Na die tiende eeu VC tot 608 was Palestina slaaf aan Assiriese heerskappy.

Die heerskappy van Ramses II (die Farao van die Bybel) het gestrek vir 160 kilometer verby Jerusalem en Ramses III (wat snaaks genoeg nie dood is as eersgeborene nie) het in 1275 VC aangeteken dat hy sy vyande sover as Alepo en Carchemish agtervolg het. Hy maak geen melding van enige sulke mense as die Jode of Israeliete nie. Veral gegewe die enorme ‘uittog’ van die Israeliete wat kort vantevore onder sy vader se heerskappy plaasgevind het. Die normale mens sou redeneer dat hy graag die ‘ontsnapte slawe’ sou wou terugbring, veral na die vernederende episode by die Rooi See. Dit is miskien toepaslik om bietjie stil te staan by Ramses II, omdat hy die Farao was wat met Moses gebots het. Ek wil net in die eerste plek daarop wys dat Ramses II se mummie in die Londense Museum lê. Hy is ‘n Ariër. Sy hare is blond en sy skedel is Kaukasies, net soos die van die Filistyne wat by Ashkelon opgegrawe is. Wat maak dit van Moses et al? Enige iemand wat kennis dra van die Egiptologie sal weet dat dit ‘n gegewe is dat die Egiptenare alle gebeure noukeurig aangeteken het. Daar is selfs hiërogliewe wat aankondig wie die beste eend braaier op ‘n spesifieke tyd was. Doodgewone gebeure is noukeurig aangeteken, maar daar is geen aanduiding van die duisternis wat oor Egipte gekom het, of die Nyl wat aan die hand van Moses in bloed verander het nie. Die Nyl was vir die Egiptenare ‘n heiligdom en bron van lewe, dit is baie onwaarskynlik dat Ramses II al die seuntjies wat gebore is in die Nyl sou laat werp het...Exodus 1:22

Daar was natuurlik ook nooit te eniger tyd “twaalf stamme” gewees nie. Die frase “die twaalf stamme van Israel”, het die selfde betekenisinhoud as die ‘twaalf take’ wat Hercules moes uitvoer. In amper al die mitologie wat om die Jode afgespeel het, speel die getal twaalf ‘n belangrike rol. Die twaalf sterretekens, twaalf maande, twaalf apostels ens het soos die twaalf take van Hercules ‘n effek gehad op die twaalf stamme van die Israeliete in hul kopie manie. Beide die Babiloniërs en die Egiptenare se ‘twaalf’ doktrine het die Israeliete voorafgegaan, so mens kan dink waar hulle dit ‘gesteel’ het. Die Egiptenare het twaalf gode gehad wat die twaalf maande van die jaar verteenwoordig het: Thy, Ptah, Hathor, Sekhmet, Min, Rkh-Wr, Rhk-Nds, Rnwtt, Khonsu, Khnt-Khnty, Ipt en Re-Harakhty, god van die twaalfde maand. Hierdie twaalf gode verskyn in die bovermelde volgorde op ‘n albaster water horlosie in die heerskappy van Amenhotep III (1397-1360). Hierdie twaalf Egiptiese gode het eers as maand gode begin en het later iewers net voor die derde eeu voor Christus die beskermhere van die sodiak tekens (sterretekens) geword... Die Babiloniërs en die Grieke het die selfde gehad. Die Jode het nie te min volgens hul eie weergawes ook toe ‘presies twaalf’ stamme gehad. Hierdie twaalf stamme het natuurlik na die dood van Salomo verdeel geraak. Daar was die tien stamme wat in die omgewing van Shechem was en by Dan en Bethel ‘n ‘goue kalf’ aanbid het. Dan was daar die twee stamme wat as Juda bekend gestaan het en hulle in die omgewing van Jerusalem gevestig het waar hulle ‘n koperslang aanbid het. Die oorlewering van die aanbidding het natuurlik deurslag gevind in die ‘goue kalf’ storie rondom Moses en Aron.

Hierdie ‘twee stam’ en ‘tien stam’ faksies het nie net met mekaar gebots nie maar het interne struwelinge gehad en het met al hulle bure stry gekry. Soveel so, dat Tiglathpileser III, onder wie se heerskappy hulle was, moes ingryp soos wat enige owerheid ingryp wanneer onderdane in ‘n gebied onrus veroorsaak. In 738 VC het hy derhalwe boete heffing van die groter groep en ses jaar later van die kleiner groep ontvang. Omdat hierdie Israel onderdane totaal onbetroubaar was en konstante probleme verskaf het, moes Shalmaneser IV in 726 strafmaatreëls op die tien stamme toepas. Dit is nou die groep waaruit sekere regses wil voorhou die Europeërs gekom het. Die Israeliete het totale vervolgings en strafekspedisies ontkom deur boetes te betaal en beloftes te maak, maar dit het uiteindelik duidelik geword dat hulle al die tyd besig was om met die vyande saam te sweer (net soos wat die Jood vandag steeds doen) en Shalmaneser IV het hulle weer binnegeval en hulle “koning” in gevangenskap weggevoer. Sy troepe het in Palestina agtergebly om die orde te handhaaf, en in 721 VC het sy opvolger, Sargon II, die tien stamme met hulle twee goue kalwers in gevangenskap weggevoer, en hulle het van die aardbol af verdwyn. Daar is nooit weer enige iets van die ‘tien stamme’ wat die “Israeliete” genoem was, gehoor nie (aangesien hulle doodeenvoudig onder die mense aldaar versprei het en met hulle assimileer het).

Die vrugteloosheid van die regse vergryp aan die teorie dat die ‘verlore’ tien stamme in Europa ontplooi het en toe die Europese nasies geword het word die nek ingeslaan deur argeologiese, volkekundige en biologiese navorsing. Dink byvoorbeeld aan die suiwer Europees, Ariese mummies wat in die Chinese Woestyn gevind is en wat dateer van ongeveer 1500 VC lank, baie lank, voordat die verdwaalde Jode ooit daar kon uitkom... Sien my artikel “Blanke Mummies in China Gevind”

Die ‘twee stamme’ wat as “Juda” bekend gestaan het, het steeds oneindige probleme aan die Assiriese heerser verskaf – geen belofte of eed was vir hulle enigsins bindend gewees nie en teen 712 VC was hulle weer besig om met die vyande van die Assiriers te heul. In 711 VC het Sargon II die gebied waar hulle goedgunstig toegelaat was om ‘n eie regering te he uit noodsaak binnegeval en swaar boetes op hulle neergebring. In ongeveer 700 VC het sy seun Sennacherib Palestina geplunder en swaar boetes vir die Israeliete opgelê.

Teen 675 het die Israeliete skynbaar die pynlike ondervinding vergeet en moes Esarhaddon dit nodig vind om die land weer binne te val. Daar is beloftes gemaak maar hy moes kort daarna weer terugkeer en et toe die ‘koning’ van die Israeliete in kettings weggevoer en het ander volkere in die gebied om Jerusalem gevestig. Die sameswerings het egter nie afgeneem nie en veral die Israelse priesters het ‘n groot rol gespeel om ongeluk oor die volk te bring. Die volgende half eeu is gekenmerk deur wanorde en bittere religieuse onmin het plaasgevind in die gebied wat deur die twee stamme okkupeer is. Volgens Joodse oorlewering was dit in die tyd van die veelbesproke Josia in Jerusalem geheers het.

Josia is deur die Joodse priesters wie sy voorganger se seun vermoor het, grootgemaak. Hy het in ‘n fanatiese kweselaar ontwikkel en sy religieuse eskapades het hom skynbaar baie moed gegee, want in 608 VC het hy dit gewaag om ‘n opmars van die Egiptiese weermag lastig te val waartydens hy gedood is. Die Egiptiese heerser het as gevolg van die optrede met sy terugkeer van Assirië, Jerusalem geplunder en hierdie gebied het tot 608 VC ‘n leenstaat van die Egiptenare gebly, waarna dit weer onder Babiloniese heerskappy geval het. Die Jode het, getrou aan hul aard, met hul ondermyning voortgegaan en in 597 VC het Nebukadnesar se geduld opgeraak en het hy Jerusalem binnegeval en die leidende faksies na Babilon weggevoer. Hy het ‘n Joodse koning aangestel met die hoop dat dinge sou verbeter, maar tien jaar later het hy sy geduld heeltemal verloor en het hy die koning in kettings saam met ‘n baie groot getal van die bevolking in ballingskap na Babilon weggevoer. Vyf jaar later in 582 VC moes hy ‘n derde groep na Babilon wegvoer. Hierdie drie groot groepe van die Israeliete het saam duisende ander gevangenis uit gedeeltes van die Nabye Ooste vir ‘n hawe eeu in Babilon moes bly. Dit is dan die veelbesproke ‘Babiloniese Ballingskap’ waaroor daar in Westerse Christen kringe romantiseer word.

Maar onder die oppervlak van dié romantisme het ‘n religieuse kanker gebroei wat later sou ontwikkel in ‘n gewas wat drukking op die geestelike brein van die westerling sou meebring...

Word vervolg


Waldor:

  1. Gnostisisme
  2. Nag Hammadi geskrifte
  3. Afrika Adieu
  4. Afrikaans My Afrikaans
  5. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  6. Blanke Mummies in China Gevind
  7. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  8. Brein Seks
  9. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  10. Bygelowe is Lekker - I
  11. Bygelowe is Lekker - II
  12. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  18. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  19. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  20. Die ander Churchill - Deel I
  21. Die ander Churchill - Deel II
  22. Die ander Churchill - Deel III
  23. Die ander Churchill - Deel IV
  24. Die ander Churchill - Deel V
  25. Die gaskamers was erg ne?
  26. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  27. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  28. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  32. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  33. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  34. Die Mandela Mite
  35. Die ‘Meerdere Minderheid’
  36. Die Moslem Christen Dilemma
  37. “Die Onnosel Hitler”
  38. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  39. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  40. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  41. Die Vroulike Instink
  42. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  43. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  44. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  45. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  46. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  47. Geestelike Afwykings?
  48. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  49. God Lewe in die Water - Deel I
  50. God Lewe in die Water - Deel II
  51. God Lewe in die Water - Deel III
  52. God se Swendelaars
  53. God van die By
  54. Goddelike Valshede op die Internet
  55. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  56. Hoe Glo Ons
  57. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  58. Los die Blonde Dames!
  59. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  60. Morele Alzheimer
  61. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  62. 'n Duiwel agter elke Bos
  63. Nasa se Verlore Dag
  64. Nobel Vredesprys Deel I
  65. Nobel Vredesprys Deel II
  66. Ons Afrikaans
  67. Ons Grensoorlog Verraad
  68. Ons is Gode
  69. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  70. Oor Moffie Demone
  71. Satan is die Sondebok
  72. Titanic was ‘n Vulletjie
  73. Van Onsself Vervreem
  74. Veelwolwery
  75. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  76. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  77. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  78. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  79. Wat Gee vir Vroue Krag