Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor - IV

Deur: Waldor


Dit is nie bekend watter taal die Jode oorspronklik in antieke tye gepraat het nie. Hulle gee graag voor dat die mensdom se oorspronklike taal Hebreeus was, en dat húlle die oorspronklike inisieerders en gebruikers van die taal was. Maar Hebreeus is nie eens naastenby so oud soos Arabies nie, en dit is allermins ook nie Joods/Israelities nie. Die woord “Hebreër” is nie ‘n Joodse woord nie. Hebreër, beteken ‘swerwer’, en is destyds aan die Jode toegedig juis omdat hulle slegs nomade was wat van ‘watergat tot watergat’ getrek het.

Hebreeus is ‘n dialek of ‘kombuistaal’ van die ‘verwerplike’ Kanaäniete – dit is ‘n vermenging van fragmente wat ontleen is van al die mense met wie die Kanaäniete in aanraking gekom het, en wat uitgedruk word in die alfabet wat in 800 VC by die Fenisiërs geleen is. Hierdie alfabet en die Hebreeuse woordeskat is onvoltooid. Antieke Hebreeus het nie klinkers of aksenttekens gehad nie en ook nie skeiding tussen sinne nie. Omdat sommige van die konsonante daarin baie dieselfde was, het daar gereeld foute ingetree met die lees van die taal. Daar word inderdaad deur gesaghebbendes verklaar dat ongeveer 800,000 verskillende variasies van dié konsonante in oorblywende manuskripte (wat in elk geval nie so oud is nie) getel kan word. Kopieë verskil so wyd van mekaar dat dit onmoontlik is om te bepaal welke die korrekte weergawe is.

Hebreeus was in elk geval sedert 400 VC so ‘n ‘dooie taal’, dat daar op grond van die foute daarin, gladnie bepaal kan word hoe dit uitgespreek moet word nie. Maar as gevolg van die Sionistiese strewe van die Jode is die taal ‘kunsmatig opgewek’ om deel te word van die ‘masker’ waarmee hulle omgaan. Die Jode knutsel aan die taal en deur die toevoeging van klinkers en genoegsame kunsmatige aanhangsels, moes dit uiteindelik so bruikbaar geword het soos die ‘Pidgin-Duits’, wat as ‘Jiddisj’ bekend staan, en wat vandag deur die meeste Jode/Israeliete gepraat word - Ek kan dit persoonlik bevestig omdat ek op die huidige oomblik hier in Afrika met ‘n paar Israelies werk - en wanneer hulle, hul ‘Jiddisj’ praat, val dit duidelik op die oor as ‘n kruising tussen Arabies en Duits. Daar word oordonderende klem geplaas op die uitdruk van die “G” klank. Jiddisj word deesdae merendeels in Hebreeuse karakters geskryf en dit het verskeie voordele ten doel - Diegene wat Hebreeus ken maar nie Jiddisj nie, kan dit nie lees nie; en diegene wat Jiddisj ken maar nie die Hebreeuse karakters nie kan dit ook nie lees nie. Dit lyk soos Hebreeus en maak só die minder geletterde Jood gelukkig, en vlei hulle ydelheid.

Die Jode van Palestina het vir eeue Armees gepraat en beide die Babiloniese en die Jerusalem Talmud is in ‘n mengsel van Hebreeus en Armees saamgestel. Baie Jode kon egter nie hierdie mengsel verstaan nie en sodoende is daar vertalings, ‘Targums’, vir die meer onkundige Jode saamgestel. Desnieteenstaande hierdie ‘aktuele taal probleem’ waarmee die Jode sit, word daar voorgehou dat hulle die grondleggers en alleen besitters is van ‘n unieke literatuur wat dateer uit onmeetlike antikiteit, en dat hulle die alleen besitters is van stoorkamers vol kennis, wetenskap, wette, poësie, geskiedenis en religie – dat dit waaroor die Israeliete beskik, ongeëwenaar in hierdie wêreld is. Indien die mees elementêre beginsels van navorsing egter toegepas word, word daar gevind dat hierdie bewerings geen grondigheid het nie. Die Joodse geskrifte is hoegenaamd nie uniek nie, dit is totaal ongegrond, en beskik oor geen enkele oorspronklike kenmerk nie.

Die taal waarin dit oorspronklik saamgestel is, die styl, die manier waarop dit aangebied is, die strekking en lengtes van die geskrewe gedeeltes, die sisteem waarvolgens die titels en eerste bewoordings aangebied word, baie van die frases, vergelykings, sinne en selfs hele gedeeltes van werke; wys duidelik daarop dat dit alles ontleen is van die geskrifte van die Babiloniërs en ander meer gevorderde mense. Byvoorbeeld, net soos wat die 23ste Psalm in sy geheel uit Babilon afkomstig is, net so is baie van die verse van Psalm 104 amper woord vir woord die selfde as een van die gesange wat deur Akhnathon, wat van 1385 – 1375 VC oor Egipte geheers het, geskryf is. Die woord “Hallelujah” wat ‘n Christen lofuiting geword het omdat dit aan die begin en einde van baie Psalms gebruik word, word op presies dieselfde manier gebruik as wat die Grieke die woord “Eleleule” aan die begin van die baie ouer gesange vir Apollo gebruik het. Die Jode kon gladnie eens op die vroegste voor 900 VC geskryf het nie. Daarom kan geen beweerde dokument van Israel ouer as 800 VC wees nie; dit wil sê, meer as vier duisend jaar ná die diep religieuse en betekenisvolle Psalms van die Arkadiërs geskryf is, het die Israeliete eers leer skryf!

In die Britse museum is daar bewaarde inskripsies wat die ekspedisies van Sargon I van Akad, en sy seun Naram-Sin, na Sinai en Palestina, wat Sargon I in sy koninkryk inkorporeer het. Hierdie inskripsies is in ongeveer 2800 VC gemaak - die selfde tyd toe Naram- Sin ‘n loopvlak in die suid oostelike tempelhof van Nippur gelê het. By die einste Nippur is meer as 30,000 kontrakte en rekeninge gevind waarvan sommige sover terug as 4000 VC dateer... Hierbenewens was daar nog ‘n verdere 3,000 literêre tekste waarvan baie van die antieke Sumeriese tyd afkomstig is. Daar was niks minder as een en twintig verskillende strata wat die verskillende periodes van okkupasie aandui. Die genoemde ‘sypaadjie’ wat deur Naram-Sin gelê is, is opgegrawe, en die tydperk wat verloop het tussen die lê van die sypaadjie (2800 VC), en die vroeë Arabiese tydperk, word verteenwoordig deur 36 voet, se lae opgelegde puin, en dít lê nog dertig voet bokant rou grond!!

Die Jode beskik hoegenaamd oor geen oorspronklike dokumente van enige aard nie. Wie ook al daarna soek of daarna vra, sal baie ‘geduldig en sedig’ ingelig word dat die oorspronklike geskrifte, insluitende die Tien Gebooie en die Targums van Onkelos en Jonathon; alles wat deur die Hand van God neergepen is, vernietig is toe Jerusalem deur die Romeine verwoes is. Maar, word daar verduidelik, dit maak geen verskil nie aangesien dit alles 149 jaar later in 444 VC heeltemal herstel is deur ‘n priester met die naam van Esra of Esdras. Wat dus as die tweede uitgifte van die ‘Godgegewe’ oorspronklike dien, moet dateer uit 444 VC, maar ook dit is nie so nie. Hierdie duplikate is ook ‘deur die ongeluk getref’ en veranderings en edisies is daaraan aangebring tot ongeveer 287 NC – vir ‘n tydperk van 643 jaar is daaraan gekarring! Toé is die ‘nuutste’ edisies in Grieks vertaal en het dit toe eers ‘n aard van ‘vaste vorm’ aangeneem. Ander Edisies het nie ‘n vaste vorm gekry voordat dit in 401 NC in Latyn vertaal is.

Esra se opvolgers het die werke oor geskiedenis, religie, gesange en gesegdes bymekaargemaak wat hulle in die hande kon kry en bekom, en het hierdie geskrifte en oorlewerings ‘aangeneem’ en ‘aangepas’ om hul eie doel te dien. Hierdie aangepaste weergawes is as die “Werke van Esra” voorgehou. Met die loop van tyd het die Jode van hierdie boeke as heilig begin beskou, maar daar was nie eenstemmigheid oor welke gedeeltes heilig was al dan nie... Die Jode van Alexandrië het byvoorbeeld boeke in hul heiligdom opgeneem wat die Jode van Jerusalem weer verwerp het. Hoe dit ook al sy, hierdie verskille oor wat heilig was al dan nie, uit die ‘gesteelde’ werke, het aanhou woed tot die tweede eeu VC toe al die boeke saamgevat is in “Die Ou Testament” en het dit so ‘Goddelike Status’ gekry. Niemand weet egter hoé en wánneer die “Ou Testament” werklik saamgestel is nie.

Die Jode hou daarvan om voor te gee dat Moses al die wette, Dawid al die Psalms, Salomo al die Spreuke geskryf het, maar die boeke self weerspreek die teorie en slaag geensins daarin om die gedagte te ondersteun. In elke geval bewys die geskrifte self, dat dit die werke van verskillende skrywers is. Daar dien buitendien bewys te word dat hierdie karakters ooit tussen die Jode bestaan het aangesien hulle verdraaide replikas is van ‘saamgestelde helde’ wat die Jode saam die boeke geskep het. Die boeke van die Tora en andere wys op verskeie weersprekende aspekte in die Ou Testament en wys op verskillende stories wat aan die selfde gebeure verwant is. So byvoorbeeld word daar in Genesis 20 ‘n verhaal van Abraham (die priester van Ur, onthou) vertel, wat weer in Genesis 26 van Isak vertel word. Nie minder as ses handelinge van Moses word later aan Josua, wat eintlik maar net ‘n ‘mitologiese duplikaat’ van Moses is toegedig.

Abraham se offerande met die bok in die doringbos, Jakob se stoeiery met God, die sogenaamde “Jacobs Ladder” (wat eintlik ‘n baie ouer mitologiese verwysing na ‘n ‘Ziggurat’ is), Josef in die put, Potifar se vrou, Moses se kinderdae en sy wonder werkende staf, die kompetisie met die Egiptiese towenaars, die Tien Plae, die skeiding van die water van die Rooi See, die Vuur Pilaar of Rook Pilaar, die kliptafels met die wette op, Moses se glinsterende gesig, sy horings, sy letterlike naam, Aron se borsplaat, die goue kalf, die sedisie van Kora, die stilstand van die son en maan, die vernietiging van die draak deur Jehova (Jesaja 11,9 en Psalms 74, 13 ens), Simson se haarlokke, Simson en die leeu, die oordeel oor Salomo, sy harem, sy paleise, die Tempel; al hierdie gevalle en vele meer kan elk teruggevoer word na presiese gebeure uit die folklore van mense wat baie ouer as die Israeliete is.

Deuteronomium is nie geskryf tot ‘n duisend jaar nadat Moses veronderstel is om te geleef het, en groot gedeeltes van Genesis, Eksodus, Numeri en Levitikus is nie saamgestel tot nadat die ‘twee stamme’ na Babilon weggevoer is. Die Palms is van die mees onlangs saamgestelde boeke van die Ou Testament. Nie een enkele Psalm is deur Dawid geskryf nie. Sommige van die Psalms is van Griekse afkoms. Die spreuke en die ‘wyshede’ van Salomo het absoluut niks met Salomo te doen nie, wie indien hy ooit geleef het, voor 900 VC sou moes geleef het en dit sou beteken dat hy nie sou kon lees of skryf nie. Die boeke is saamgestel meer as 500 jaar nadat Salomo veronderstel was om te geleef het. Salomo is saamgestel uit fragmente van die ‘wyse visgod’ wat ‘n songod van Assirië was, gemeng en verwerk met etlike geskiedkundige verhale betreffende twee of meer konings van Assirië. Die beskrywing van Salomo se ‘Wêreld Beroemde Hof’, die wonderlike seremonies, die harem, die twee hoë priesters, die elf feodale dienaars, die aanbidding sisteme van Salomo ens, ens is en bloc deur Joodse vervalsers uitgetrek uit beskrywings van die Hof van die “King of the Four Quarters of the World” gedurende wie se wonderlike heerskappy in Assirië en Babilonië, die antieke wêreld verwonderd gelaat het in ‘n tyd toe die Israelse ‘konings’ mekaar se watergate gestroop het en nakend voor hul gode gedans het... So van naak gepraat, nie eens die besnyding is eie aan die Jode nie. Die gebruik is baie duisende jare oud en word dwarsoor die wêreld aangetref. Dit het in Australië, Sentraal en Suid Amerika, die Pasifiese Eilande voorgekom voordat die Jode dit aangeneem het. Die Egiptenare het die besnydenis so vroeg as in die tyd van die Vierde Dinastie tussen ongeveer 3766 tot 3566 VC al toegepas - Die Joodse slawe het hul meesters naaap!

Die boeke van Jesaja en Rigters is elk die werke van ‘n halfdosyn skrywers, en die boek van Daniel is ‘n duidelike voorbeeld van hoe die Jode deur die geskiedenis verwar is en plagiaat gepleeg het om hul eie doel te dien. Daniel is geskryf om gemoedere op te werk en die rebellie van 167 VC teen die Griekse heerskappy te bewerkstellig – dit is dus geskryf 350 jaar na die tyd wat dit veronderstel was om geskryf te gewees het, en lank na die gebeure wat daarin ‘profeteer’ word, reeds gebeur het. In hul vergrype met die boek Daniel, het die Jode ook nie rekening gehou met die geskiedenis nie. Terwyl daar voorgegee word dat die boek geskryf is toe die Grieke nog nie bekend was nie, bevat dit Macedoniese woorde en verwys dit na gebeure wat in die Griekse heerskappy oor die Jode plaasgevind het. Maar dweep met Daniel word daar gedweep - enige verwysing daarna behoort as medepligtigheid tot bedrog beskou te word!

Dit is natuurlik ‘n inherente kenmerk van die Jode, dat terwyl hulle die bouers en skeppers van die groot ryke verag het, hulle nie te min sonder skaamte of gewetensbesware die legendes, helde, en selfs die geskiedenis en religieuse idees van hierdie groot en magtiger mense vir wie hulle ‘gehaat’ het, gesteel het. Die Jode spog natuurlik gereeld in die geskiedenis dat hulle die groot beskawings soos die van Assirië, Babilon en Rome oorlewe het. Waaraan hulle hierdie absurde ‘vergryp’ toeskryf is onbegryplik: in Indië is daar sektes wat baie ouer as die Jode is; en dit is baie sterk betwyfelbaar of byvoorbeeld Sargon II, indien hy die keuse gehad het, sy 16 jaar van briljante en wonderlike heerskappy vir die 1600 jaar van die Jode, wat gedurende sy klim na die troon begin het, sou verruil het...

Die leegheid van die Israelse pretensies het die ‘ondersteuners van die Joodse masker’ forseer om verskeie skuifmeule en godsdienstige slenterslae aan te neem en voor te hou – bedrog, waardeur die ‘morsige waarheid’ versteek word. Dit is oral duidelik. ‘n Bekende en baie populêre “History of the Jews” wy ‘n hele hoofstuk aan die wonderlikheid van Assirië en verdeel die res van die inhoud tussen staaltjies van individuele Jode (insluitende obskure immigrante in Amerika), en verhale van Joodse geskrifte wat geen ondersteuning het nie, asook die geskrifte van Josephus... Terwyl ‘n artikel oor Joodse kuns, in ‘n bekende ensiklopedie, bestaan uit slegs ‘n beskrywing van “King Solomon’s Temple” (in die styl van Josephus), met niks verder nie! Die befaamde en nougesette navorser Mr. Osgood het geskryf:

“There are few more absolutely crude and hideous human creations than the clumsily daubed pottery of Judea, the almost sole relics of it’s artistic (?) endeavours. Jewish art is as nearly a contradiction of terms as can be found. The artistic horison of the ancient Hebrew was made up of conventional flowers, mythic beasts ... and the baldest architectural lines.”

Die onkundige Israeliete kon nie soos die ander nasies, die wonderlike wetenskap van die Babiloniese sterrekundiges verstaan of dit enigsins waardeer nie. Hulle het die ingewikkelde studies van datum bepaling as blote towerkuns beskou. Self na vyftig jaar se residensie in Babilon kon die Jode die tyd van volmaan slegs deur direkte observasie bepaal, en kon hoegenaamd nie die datum vooruit bepaal nie. Al die datums in die boek van Makkabees is Griekse datums. Geld, die monetêre stelsel, die benaming van geldstukke, gewigte en mate, die benoeming van gewigte, die kalender, die maniere om tyd te meet, die name van die dae van die week, die idee dat ‘n week uit sewe dae bestaan, die sabbat, die sabbatsjaar, die name van die maande, die feeste en vastye en tye van die jaar wat hierdie feestye gehou is, die waarneming van die nuwe maan ens, ens. kom gladnie van die Jode af nie en is by die Babiloniërs gesteel.

Die numeriese stelsel “Gematria” en die neerlegging van nommers aan name en ‘datums’ kom van die Babiloniërs en die Grieke. Dit was ook by Babilon wat die Jode die gedagte gekry het dat die kapitaal die middel van die wêreld is. Hulle het nie die antieke rede vir die gedagte geken of verstaan nie, maar dit het bygedra tot hulle strewe na roem en hulle het dit aan Jerusalem gekoppel. Hierdie gedagte het natuurlik sterk bygedra tot die Sionistiese strewe wat uitgeloop het op die gedagte van Jerusalem wat in die ‘eindstryd’ sentraal gaan figureer met die slag van Armageddon.

Die Israeliete het aangeneem wat hulle nooit verstaan het nie en het meermale deurmekaar geraak met die begrippe en temas daarin vervat, maar hulle klou verbete aan wat hulle ‘geleen’ het, hoofsaaklik omdat hulle self soos die res van die mensdom deur die ‘misbruiker’, blootgestel en onderwerp word aan ‘n intense propaganda om hulle ‘apart’ te verklaar en te hou van die res van die wêreld...

Na aanleiding van die baie relevante en toepaslike artikel van Lentelus: “David en Jonathan” sal ek my volgende aflewering ‘n ‘vorentoe bring’ een maak en ietwat uitbrei oor die karakter van die Israeliete wat in die Ou Testamentiese verhale mis gelees of ‘toegesmeer’ word deur ‘teks gimnastiek’, of heiligmaking van dit wat eintlik verwerplik is...

Word vervolg...


Waldor:

  1. Gnostisisme
  2. Nag Hammadi geskrifte
  3. Afrika Adieu
  4. Afrikaans My Afrikaans
  5. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  6. Blanke Mummies in China Gevind
  7. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  8. Brein Seks
  9. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  10. Bygelowe is Lekker - I
  11. Bygelowe is Lekker - II
  12. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  18. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  19. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  20. Die ander Churchill - Deel I
  21. Die ander Churchill - Deel II
  22. Die ander Churchill - Deel III
  23. Die ander Churchill - Deel IV
  24. Die ander Churchill - Deel V
  25. Die gaskamers was erg ne?
  26. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  27. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  28. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  32. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  33. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  34. Die Mandela Mite
  35. Die ‘Meerdere Minderheid’
  36. Die Moslem Christen Dilemma
  37. “Die Onnosel Hitler”
  38. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  39. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  40. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  41. Die Vroulike Instink
  42. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  43. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  44. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  45. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  46. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  47. Geestelike Afwykings?
  48. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  49. God Lewe in die Water - Deel I
  50. God Lewe in die Water - Deel II
  51. God Lewe in die Water - Deel III
  52. God se Swendelaars
  53. God van die By
  54. Goddelike Valshede op die Internet
  55. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  56. Hoe Glo Ons
  57. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  58. Los die Blonde Dames!
  59. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  60. Morele Alzheimer
  61. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  62. 'n Duiwel agter elke Bos
  63. Nasa se Verlore Dag
  64. Nobel Vredesprys Deel I
  65. Nobel Vredesprys Deel II
  66. Ons Afrikaans
  67. Ons Grensoorlog Verraad
  68. Ons is Gode
  69. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  70. Oor Moffie Demone
  71. Satan is die Sondebok
  72. Titanic was ‘n Vulletjie
  73. Van Onsself Vervreem
  74. Veelwolwery
  75. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  76. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  77. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  78. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  79. Wat Gee vir Vroue Krag