Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Die Gees en Karakter van die Afrikaner

Deur: Waldor


Net soos wat elke individu se gees sekere karaktertrekke in die lewe na vore bring, net so het ‘n ras, ‘n volk en ‘n nasie ‘n kollektiewe gees. Die algemene gebruike, gewoontes en inherente beskouings van ‘n volk vorm uiteindelik die kultuur van daardie volk en dit is die spieëlbeeld van die smaak van die gees wat in daardie volk of nasie gesetel is. Die gees gee uitdrukking van homself deur die liggaam wat maar net die voertuig is waarin die gees gehuisves word. Wanneer ‘n gees homself uitdruk en in die lewe verwesenlik dan kom dit in die vorm van die karakter na vore. Individue vind aansluiting bymekaar uit hulle afkoms, hulle gemeenskaplike herkoms en uiteraard die genepoel waaruit hulle saamgestel is. So vorm ‘n volk en ontwikkel dit ‘n kollektiewe karakter wat alleen staan met, en eie is aan, daardie spesifieke groep.

Dit kan gesê word van seker elke nasie, maar vir die doeleindes van hierdie bespreking het ek dit oor die Afrikaner, want ek is ‘n Afrikaner en my lidmaatskap inspireer my sintuie om te delf, in en om my eie.

Die gees en kultuur van ‘n volk is ‘n baie diep gesetelde kenmerk. Dit is so diep gesetel dat die karaktertrekke wat dit na vore bring uiteindelik in die kollektiewe liggaam vasgelê word. Hierdie karaktertrekke van die gees is by die Afrikaner spesifiek, uiteindelik so in die liggaam vasgelê, dat sekere mistieke en unieke eienskappe van die gees in die bloed kom vestig, en ‘n ‘algemene’ identiteit vestig wat die empatiese oog dadelik eien.

Net soos wat mens jou taal ‘diepsoet’ ervaar wanneer jy jou doelbewus afsluit vir die gesprek en die betekenis van die woorde en jy die krag en melodie van die klanke met ‘n toe oor mooi hoor soos dit klink; net so kan mens wanneer jy dieper kyk, ‘n Afrikaner tussen duisende eien nog voordat hy of sy ‘n geluid maak. Ek is seker etlike van julle het dit al so ervaar... Ek was in 1992 op Stuttgart stasie in Duitsland op ‘n tydstip toe duisende mense besig was om kaartjies te koop en rond te maal soos in ‘n besige winkelsentrum, die meeste konserwatief geklee – op pad werk toe. Skierlik, uit die hoek van my oog het ek ‘n man ongeveer twintig meter van my af effe sien oorleun by ‘n toonbank om met iemand te praat. Toe sien ek Boer in die houding. Ek het dadelik reguit na hom gestap aan sy skouer getik en gevra “Praat jy Afrikaans” – in die kol! Enkele maande gelede kom ek uit ’n enorme militêre winkel in ‘n basis in Irak waar soldate en sekuriteit kontrakteurs uit alle lande in die wêreld ook rondmaal en rondstaan. Ek het een man sien staan... toe steek ek vas, want my ‘siels oog’ het iets in die staan of in sy rondkyk geëien – weereens was ek reg!

Ons is nie maar net ‘n verwyderde mens, wat ons hier aan die suidpunt van Afrika kom staanmaak het nie. Nee, die akker waaruit ons na bowe groei het ‘n grondstof wat kollektief op elke individu inwerk en soveel geslagte na eerste oes, as ‘n kultivar, identifiseerbaar aan eie blaar voortbring. Ek stel hierdie met ‘n oortuiging wat nooit as te nimmer sal kan verander nie, want ek ervaar dit diep, en die waarheid daarin kom vat elke dag aan my siel.

Dit is nou vir bykans vyf jaar lank wat ek in die unieke posisie is om my mede Afrikaners amper elke sekonde van die dag tussen elke ander moontlike nasie van die Europese wêreld te kan ervaar. Vir amper elke minuut van die dag doen ons amper alles moontlik saam. ‘n Span van veertien man wat bestaan uit drie Afrikaners, ‘n Skot, ‘n Ier, twee Engelse, ‘n Nieu-Seelander, twee Australiërs, en vier Amerikaners, skuur daagliks wang onder al die omstandighede wat die lewe vir mens kan gooi. Meer nog vir die eerste drie en ‘n half jaar was ons tien sulke spanne met vyf en sestig Afrikaners. Ons het ‘n Hotel in Baghdad vir onsself gehad en was daarin vasgevang en afgesluit van die buitewêreld elke dag. Op die paaie van Irak het ons daagliks as volk gemengde spanne die gevare trotseer en hanteer. Intense mens handelinge en karakteristieke van dwarsoor die wêreld is vir die eerste keer op hierdie laat stadium van menslike ontwikkeling in ‘n kookpot saamgegooi. Vir die eerste keer in die geskiedenis dink ek, het die geleentheid hom opgedoen waar nasie karakter teenoor nasie karakter opgeweeg kon word en aan die lewe gemeet kon word. Wat ‘n gees verrykende, en onbeskryflik stimulerende ondervinding. Hier het ek my met ‘n nasionale vraatsug verlustig aan die multinasionale kasserol waaruit die ‘Boer aroma’ pikant geborrel het.

Dit is een ding om bevooroordeeld jou eie te besing , maar wanneer jy sien hoedat sekere van ons uitinge aan die res van die wêreld gaan kleef en hoedat hulle van ons kenmerke hulle eie maak, dan lees jy ‘n gees met ‘n besondere karakter. Dan gaan soek mens na die dieper oorsaak van daardie kenmerke wat andere mesmeriseer. Mens vra jouself af, is dit ‘n perfekte kombinasie, van Afrika kors vermeng met die verskillende Germaans Europese genepoel, ingesout deur die geskiedenis van aanhoudende stryd in ons strewe na selfverwesenliking, en verfyn deur ideale natuur elemente en ‘vars begin’ op ‘n nuwe vasteland? Iets groots is dit ongetwyfeld, want hier tussen die andere sien jy dit soos ‘n paal bo water. Ek is die godin van lotgevalle ewig dankbaar dat ek die besondere voorreg kan he om te sien hoe verwesenlik die gees van my mense homself tussen andere.

Ja, en soos wat die gegrom in ‘n masjien se luier vir die voertuig fynproewer die hartslag van die model bepaal, so is die taal klanke van ons gees. Gees klanke wat uitdrukking gee van ‘n mensdom se gevoelens en smaak. Weereens kan daar redeneer word dat mens se eie taal altyd vir jou die beste is, maar kom kyk bietjie hier in Irak watter taal kleef aan van die platste Irakees tot die mees gesoute spreker van “Queens English” Boer taal is ‘n voertaal. ‘n Na-aap taal, ons woorde en uitdrukkings bly in Irak agter en gaan uit in die res van die wêreld. Ek weet dat daar voortaan wêreldwyd in Afrikaans geswets gaan word wanneer ‘n voertuig iewers verkeerd draai...en almal se “goeie môre!”

Ek het aan die einde van die dag uiteindelik by een karakter woord uitgekom – obsternaat - dit is ons in ‘n neutedop. Maar ek het na elk van die ander lande se manne gegaan en hul eerlike opinie gevra, en hier is ‘n vergelyking:

Die Engelsman is versigtig om ‘n opinie te lig, maar dit is deel van sy karakter. Daaruit spruit die tipiese geneigdheid om hom te skaar waar die winde die beste waai. Die Ier was meer openlik en het dadelik gesê “Ay, well now this here is what I see...” en dan verduidelik hy dat ons versigtig is voordat ons iets aanpak of aanvaar, ook dat ons ietwat arrogant is en hou van apart ontspan. Die Nieu-Seelander het gesê dat hy baie goed met ons oor die weg kom omdat ons baie soos hulle lewe, maar hy het dadelik bygevoeg dat ons Boere vinnig onder mekaar kan stry en opgewerk raak en tog kort daarna weer normaal teenoor mekaar optree – dit sê hy verstom hom. Die Australiërs met wie ons in elk geval die beste oor die weg kom het klem daarop gele dat ons nie van tierlantyntjies hou nie en dat ons ‘n ding nie wil doen as dit prakties nie nodig is nie – hier het hy spesifiek verwys na wanneer ons sekere militêre passies en aksies moet indril. Die een Amerikaner se ons vloek ongewoon erg en ons skel maklik op iets wat verkeerd gaan. ‘n Ander een sien ons as twee ongewoon teenoorgesteldes. Hy sê ons is in die een asem ongewoon aggressief en ongeduldig maar dat ons, ons verlustig in ‘n openlike en aansteeklike sin vir humor wat meermale uitloop in ‘n persoonlike spottery wat baie vermaaklik kan wees.

Ag, kan ons nie net onsself wees nie. Kan ons nie net weer ons pragtige vlag, die stem en ons eie unieke volk trots en kragdadig gefolterde karakter verwesenlik en dit vir onsself alleen uitleef en geniet nie? Het ons nie genoeg reeds afgestaan en prysgegee nie? Ons het duur betaal omdat ons is wie ons onlosmaaklik is – sewe en twintig duisend vroue en kinders, die hele Suidwes Afrika, ons eie vlag, die pragtigste Volkslied wat ons dawerend herinner...”dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly...knegte van die Allerhoogste ‘teen die hele wêreld vry’...” Was al hierdie dinge wat deel van ons unieke geeste uitdrukking is dan tevergeefse manifestasies wat soos mis voor die son moet verdwyn? Moet Langenhofen in sy graf draai omdat sy strofes amptelik erken maar later geestelik misken is? Moet die gees van die Afrikaner noustrop trek en gekniehalter deur die grense van inperking in ‘n beknopte laer broei?

Ons het ‘n sonnige vrugbare land, ryk aan grondstowwe, die ideale habitat vir ‘n skeppende gees en ‘n karakter wat onderskraag word deur die wapenrusting van obstinaatheid, arrogansie, aggressie, praktiese denke, versigtigheid en agterdogtigheid; wat ons formidabele opponente maak. Dan is daar die alomteenwoordige liefde vir ontspan om die braaivleisvuur wat ons natuur verteenwoordig, en natuurlik die sin vir humor wat tiperend is van ‘n gesonde gees. Dit is die resep vir ‘n Afrikaner siel wat ongekende hoogtes kan bereik.

Ons het nie soos die ander mense ‘n internasionaal vriendelike gees nie – ons het ‘n Afrikaner gees wat alleen en onverhinderd in Afrika ons nuut ontwikkelde karakter kan laat groei tot ‘n formidabele entiteit, maar helaas...helaas.

Hoe het die een ou nou die dag vir my hier in Irak gesê “It doesn’t make sense you guys seem so formidable, but you are not in control of your own country!”


Waldor:

  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag