Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
“Die Onnosel Hitler”

Deur: Waldor

Die feit dat Waldor so baie skryf oor Hitler en die Nazi’s, het benewens ‘n passie, die beweegrede om leuens reg te stel. Die een enkele mens waaroor die meeste leuens, kundig of onkundig, versprei word, is ongetwyfeld Adolf Hitler. Daar is ‘n rede voor en wanneer mens bewus is van die die valshede en die werklike rede daarvoor, ontstaan daar ‘n onuitblusbare wil om die feite reg te stel. Daarmee saam, loop die berusting dat ‘n punt gemaak, slegs uitgeskakel of uitkanselleer kan word deur ‘n geldige teenpunt. Nog ‘n werklikheid is dat vrye en gerieflike toegang tot algemene literatuur en biblioteke, is soos die gif wat ‘n inbreker vir die waghond oor die muur gooi om toegang tot die binne vertrek te kry!

Een van my gerespekteerde en feitelike skrywers, het ‘n uitgebreide verduideliking oor “Hoe om onnosel te wees” op die forum geplaas. Die artikel is volgens rekord, sover, meer as negentig keer gelees. In die artikel, word dit duidelik gemaak dat Adolf Hitler:

“Een van die beste voorbeelde van onnoselheid is .... Hy het om sy eie beeld te verhoog roekeloos papiergeld laat druk totdat dit waardeloos geword het. Te laat het die ‘n borrel in vertroue gebars. Daarna het hy die Duitse nasie (Naziïsme) tot oorlog aangespoor sonder om hulle te vertel dat hulle die oorlog sou verloor met miljoene lyke van hulle eie soldate...”

Wanneer ‘n gerespekteerde leermeester en persoon wat al by herhaling gedetailleerde, insiggewende en wetenskaplike uiteensettings gegee het oor alles wat strek van taalgebruik tot die uitleg van tyd, ‘n gewone geskiedkundige stelling soos vervat in die aanhaling hierbo maak; moet mens logies aanvaar dat dinge inderdaad is, soos daar geskryf is.

Ek weet nie of die outeur van die artikel my reeks “Die ander Churchill” gelees het nie, maar daarin het ek duidelik gedetailleerde, geskiedkundig empiriese bewyse gegee dat Hitler eerstens inderdaad nooit oorlog wou gehad het nie. Niemand gaan buitendien ‘n oorlog doelbewus in, met die vooropgestelde “wete dat hy dit gaan verloor” nie. Die outeur kon veel eerder vir Churchill langs Mugabe genoem het. Ek mag dalk op die intellektuele vlak slegs ‘n “militaris” wees, maar om retrospektief na ‘n geskiedkundige figuur te verwys verg logika, die kanaal om versteekte geskrifte uit te sif en te bekom, die vermoë om te onderskei tussen populêre propaganda en logiese feite wat sin maak, en bowenal die vermoë om nie mislei te word nie. ‘n Ander logiese reël, is om die toesprake en skryfwerk van die persoon wat bestudeer word te bestudeer, en dit aan die hand van die tydvak waarin daardie persoon geleef het, te toets aan die ‘werklike aksies’ wat die persoon uitgevoer het in sy leeftyd. My militarisme word darem ietwat opgekikker deur die feit dat ek onder andere, oor waarskynlik al Hitler se toesprake beskik, en dat ek nou reeds in ‘n gevorderde stadium is van die vertaling van Mein Kampf na Afrikaans.

Die Tweede Wêreldoorlog het in 1939 begin. Op daardie stadium was Duitsland op die kruin van die golf en stygende gewees. Besig om wonderbaarlik van krag tot krag te gaan op alle gebiede. Geen “borrel het gebars” om Hitler se onnoselheid, soos daar geskryf word, te openbaar nie! ‘n Ongewenste oorlog teen die hele wêreld, aangevoer deur magte van buite, vir wie Duitsland se empiriese sukses ‘n bedreiging was, was die oorsaak van Hitler se uiteindelike val.

Maar kom ons roep vir die aanklag van onnoselheid, Hitler se grootste vyand na die getuiebank:

“Indien ons land ooit oorwin word, hoop ek dat ons ‘n kampioen so onbuigbaar sal vind om ons durf te herstel, en ons terug te lei na ons plek tussen die Nasies... Terwyl al die formidabele transformasies in Europa besig was om plaas te vind, was Korporaal Hitler besig om sy lang uitputtende stryd om die hart van die Duitser te stry. Die verhaal aangaande daardie stryd kan nie sonder admirasie vir die dapperheid, deursettingsvermoë en lewenskrag wat hom in staat gestel het om al die gesag en weerstand wat in sy pad gestaan het, uit te daag, te weerstaan, oor te haal en te oorkom nie. Hy en die ewig groeiende legioene wat saam met hom gewerk het, het ongetwyfeld getoon dat, in hierdie tyd van hul patriotiese hartstog en liefde vir hul land, daar niks was wat hulle nie sou doen, of waag – dat daar geen opoffering van lewe, liggaam, ledemate of vryheid was, wat hulle nie sou op offer; of aan hul opponente sou toedien nie” Hierdie is Churchill aan die woord my liewe leser – spreek dit van ongeduld en onnoselheid? Gaan lees in die verband ook na die feite in my reeks “Die wêreld ploeg met ou Nazi kalwers en lees die verwysings na Hitler se stellings en die insette wat hy gelewer het tot die verheffing van sy volk op ‘wetenskaplike‘ gebied.

'n Wetenskaplike verklaar 66 jaar na Hitler, aan meer as 90 lesers dat “Hitler onnosel was”, maar kom ons hoor wat sê Dawid Loyd George, die befaamde politieke korrespondent en joernalis van die dertiger en veertiger jare. Kom ons hoor wat skryf iemand van buite Hitler se kring, nie 66 jaar na die tyd en aan die hand van populêre propaganda nie, maar in die selfde tyd as Hitler, op 17 September 1936 in die Daily Express, na persoonlike betragting:

“Ek het nou die beroemde Duitse leier en ook iets van die verandering wat hy beïnvloed het gesien. Wat ‘n mens ook al van sy metodes mag dink – en dit is verseker nie die van ‘n parlementêre land nie - kan daar geen twyfel wees dat hy ‘n wonderbaarlike transformasie in die gees van die mense, in hulle verhouding teenoor mekaar, en in hulle sosiale en ekonomiese beskouing verrig het. Hy het regmatig in Nurenberg beweer dat sy beweging in vier jaar ‘n nuwe Duitsland geskep het. Dit is nie die Duitsland van die eerste dekade na die oorlog, wat gebroke, verwerp en gebukkend met ‘n sin van antagonisme en impotensie geleef het nie. Dit is nou vol hoop, vertroue en ‘n hernude sin van vasberadenheid om ‘n eie lewe te lei sonder enige inmenging van enige invloed buite hul grense. Vir die eerste keer sedert die oorlog is daar ‘n sin van sekuriteit en die mense is meer opgewek. Daar is ‘n groter sin van algemene vrolikheid van gees dwarsdeur die hele land. Dit is ‘n gelukkige Duitsland. Ek het dit oral gesien, en Engelse wat ek ontmoet het wat Duitsland goed ken, was beïndruk met die veranderings. Een man het hierdie wonderwerk verrig. Hy is ‘n gebore leier van mense – ‘n Magnetiese en dinamiese persoonlikheid, met ‘n enkeldoel verstand, ‘n standvastige wil en ‘n onverskrokke hart.”

Op 30 Januarie 1933, word Hitler demokraties verkies as die Duitsers se leier. Dit is vermag nadat Hitler se populariteit na ‘n bittere politieke stryd van oor die veertien jaar ‘n ongeëwenaarde hoogte bereik het en hy Duitsland by die stembus oorwin het met die grootste stem persentasie ooit. So, toe hy eers in die posisie kom waar hy geld sou kon laat druk, het hy nie nodig gehad om dit enigsins te laat doen om sogenaamd: “...sy eie beeld te verhoog...” nie. Toe die juigende mense in hul duisende voor die balkon van die Kanselary waarop hy staan verbygaan, draai hy na Rudolf Hess met die volgende woorde: “Ons het die mag, maar nou begin die reuse werk...” Maar nou, 66 jaar later weet baie min mense van die werklike stryd wat daar gevoer is om ‘n bankrot, en letterlik verhongerde Duitsland wat vernietig was op te tel en tot ongekende hoogtes te lei nie. Meer as 65 miljoen mense het daardie aand Hitler se verantwoordelikheid geword. Vyf en sestig miljoen geraamtes was wat hy eintlik in ontvangs geneem het. Verskeie demokratiese partye het Hitler in die politieke stryd om Duitsland te probeer ophef, sonder sukses voorafgegaan. Duitsland het ‘n doodloopstraat bereik – die ellende waarin Duitsland was, word onder andere daarin weerspieël dat daar in enkele jare 224,000 selfmoorde gepleeg is.

Ses miljoen werkloses, met ‘n makabere werkloosheidspensioen van minder as 42 Deutsche Mark. Ongeveer 20 miljoen Duitsers, ‘n derde van die volk was reduseer tot hulpbehoewende honger mense. Die doelbewuste en onmenslike blokkade van skepe na Duitsland na die Eerste Wêreldoorlog het meegebring dat derduisende Duitsers letterlik gesterf het van die honger. Sewe en vyftig persent van die totale inkomste uit belasting moes gebruik word vir welsyn. Minder as 100,000 van die 65 miljoen Duitsers het die voorreg gehad om sonder ernstige finansiële tekorte te lewe. Toe Hitler in Januarie 1939 oorneem, was 90% van die Duitse volk behoeftig. Selfs die geleerde en intellektuele mense het nie ongeskonde daarvan afgekom nie. Van die 135,000 gegradueerdes was 60% werkloos, slegs ‘n klein persentasie het werkloosheidsvoordele ontvang. Die gedeelte van die volk wat die hardste geslaan was, was die konstruksiewerkers – 90% was werkloos. Selfs die boere het ondergegaan met verliese was 12 biljoen DM. Die meeste moes verbande op hul eiendom neem. In 1932 was net die rente op hul verbande gelykstaande aan 20% van die waarde van die landboukundige produksie van die hele land. In die jare 1931 – 1932 is 17,157 plase met ‘n gekombineerde area van 462, 485 hektaar gelikwideer. Die “demokrasie” van die ‘intelligentes’ - van die Weimar Republiek (1918 – 1933) - was totaal en al oneffektief en was nie in staat om die verliese van die miljoene plaaswerkers teen te werk nie, al was hulle daardie tyd, soos nog altyd, die mees stabiele en mees hardwerkende burgers van die land.

Die Duitsers was ‘n geplunderde, ontneemde, in die steek gelate volk – totaal vernietig. ‘n Letterlike kruiwa vol note, kon nie eens ‘n brood koop nie!

Roosevelt, Die Amerikaanse president het gedurende ongeveer dieselfde tyd ‘n soortgelyke probleem in Amerika ondervind, maar hy het baie groot goud reserwes tot sy beskikking gehad. Daardie aand van 30 Januarie het Hitler geweet dat hy absoluut niks gehad het nie, om die waarheid te sê, Duitsland se staatskoffer was heeltemal leeg. Hitler het geweet dat hy op nie op zero gestaan het nie, maar inderdaad op ‘n minus. Hy was ten volle bewus daarvan dat hy ‘n sosiale, politiese, finansiële en ekonomiese transformasie moes bewerkstellig. Hy het geweet dat hy die algehele haglikheid moes elimineer. Die primêre behoefte wat Hitler identifiseer het, was die herstel van werk en selfrespek vir die 6 miljoen Duitse werkloses.

Maar Hitler het ‘n ongewone begrip en ‘n suiwer praktiese filosofie gehad waarop hy die basis van sy ekonomiese beskouing baseer het. Waar die Kapitaliste van die staanspoor af uitgegaan het dat geld die enigste aktiewe element in ‘n florerende ekonomie was, het Hitler die konsep teweeggebring dat kapitaal net ‘n instrument was, en dat werk die noodsaaklike element was. Dat die mens se ondernemingsgees, sy eer, bloed, spierkrag en gees, die deurslaggewende faktor was. Dat produksie, oftewel die ‘bruto produk’ die waarde bepalende faktor was. Hy het dadelik die Deutsche Mark van die goudstandaard losgemaak sodat buitelandse invloede nie seggenskap en beheer oor Duitsland se binnelandse en buitelandse monetêre waarde kon he nie. Hitler het ‘n riglyn bepaal waardeur daar gestreef is om “’n gesonde ekwilibrium te skep tussen die werkers, wat die rou materiaal moet verwerk en ‘n prakties beheerde kapitalisme. In 1937 verklaar Hitler: “We were not foolish enough to make a currency coverage of gold of which we had none, but for every mark that was issued, we required an equivalent of a mark’s worth of work done or goods produced” Hy het verder verklaar: “...ons lag vir die tyd toe ons nasionale ekonome van die standpunt af uitgegaan het dat dat die waarde van geld reguleer word deur goud en sekuriteite wat in die kluise van die staatsbanke opgesluit lê...en ons lag nog meer vir die teorie dat die waarde van geld daardeur ‘verseker’ word. ons het geleer dat die waarde van geld in die produktiewe kapasiteit van ‘n nasie lê...”

Eenvoudig en prakties gestel, produksie en verkope moes herstel word, voordat die ses miljoen werkloses weer kopers kon word. In sy “onnoselheid”, het Hitler vas geglo dat sosiale en nasionale oorwegings die primêre faktore in ‘n gemeenskap moes wees. Dat die ekonomiese en politieke sisteem die nasie moes dien, nie andersom nie! Hoewel ‘politieke ekonomie’ ‘n belangrike plek in Hitler se gedagtegang geneem het, het hy inteendeel die staat ondergeskik gestel aan dinamies- aggressiewe, tegnologiese en kulturele uitbreidings. Verder het hy geglo dat alle groei teruggevoer kon word na individuele ywer en prestasies – maar, onderworpe aan diensbaarheid tot gemeenskaplike voordeel. Hy het gelyke sosiale geleenthede voorgestaan, en was gekant teen geregtelike en sosiale inperking van individuele ekonomiese sukses en prestasies. Regering en sosiale beleid, het hy geglo, moes sosiale mobiliteit aanmoedig. Toe Hitler sy nuwe monetêre beleid begin toepas, skryf die London Times: “Germany ceased to experience any financial difficulty. In this country (Engeland) the people suffer the burden of heavy and increasing taxation, but in Germany nothing is ever heard of the necessity of increasing taxation, compulsory savings, or the issue of enormous loans. Quite the contrary... Public savings bank deposits touch new monthly records, again and again...Reich loans could recently be reduced from 4.5% to 4%...”

Dit is net hier waar die probleem ingekom het. Hitler se gesonde en uiters suksesvolle bestuur van sy land en sy mense het as voorbeeld gedien, en die praktiese en briljante idee was besig om pos te vat dwarsoor die wêreld, omdat ‘n platgeslane Duitsland binne ‘n enkele drie jaar ‘n ongeëwenaarde voorbeeld gestel het. Die mees aantreklike kenmerk van Hitler se ideologie was die optimisme wat dit teweeggebring het. Dit was nie alleen die gees wat hy openbaar het nie, maar sy boodskap wat ‘n aansteeklike opgewondenheid gedra het. Hy het ‘n rekonsiliasie van klasse teweeggebring, ‘n plan vir nasionale herlewing en hy het terselfdertyd die vyand en sy verskuilde metodes en agendas duidelik identifiseer en teengestaan.

Hitler het begin deur groot openbare projekte wat werk geskep het, industriële aktiwiteite te stimuleer het en die ekonomie te te herstel, van stapel te stuur. Hy het dadelik aandag gegee aan Duitsland se middelmatige paaie. Die konstruksie van ‘n nasionale netwerk snelweë het begin, ‘n Droom en persoonlike skepping wat hy tien jaar vroeër al in voorskou geneem het, toe hy in die tronk was en ook die Volkswagen ontwerp en geteken het. Hitler se proaktiewe optrede en die praktiese uitvoering van sy politieke beloftes het hom baie vinnig transformeer van ‘n uitnemende demagoog na ‘n hoog gerespekteerde staatsman.

Maar waar sou hy die fondse kry om hierdie projekte van stapel te stuur. In daardie dae veral, het die politici en ekonome alle besteding – die van die staat en die privaatsektor verminder en ingeperk. Die leiers voor Hitler het salarisse met 25% gesny, en hulle het werkloosheidsvoordele tot ses maande beperk. Nee my liewe leser so onnosel was Hitler nie! Hy sou nie wag vir ‘n ‘opswaai’ om die ekonomie aan die gang te kry nie, hy het geglo dat die regering ekonomiese hernuwing deur skerp duidelike aksies en verbeeldingryke inisiatief. Werkloosheid kon slegs beveg word deur die industrieë met die nodige finansiële steun te begin en te moderniseer.

Maar Hitler was hoegenaamd nie ‘n ‘diktator’ van die ekonomie nie. Hy was eerder ‘n stimulus. Sy regering het onderneem om alles te doen wat die privaatsektor nooit kon verrig het nie. Hy het geweet dat biljoene Duetsche Mark so gou as moontlik met die beskikbare bronne tot die beskikking te voorskyn gebring moes word. Maar hy het goed geweet dat die stelsel gesond moes wees omdat hy homself dan voor die verkiesing by herhaling uitgespreek het teen die stelsels van die geldmagte. daarom het hy toe vroeg in Februarie 1933 vir Helmar Schacht se voorganger as die Reichbank president, Dr. Hans Luther na sy kantoor ontbied. Hitler het goed geweet dat hierdie man uiters rigied en versigtig omgegaan het met staatsfondse. Hy het aan die ‘ou skool’ behoort wat geglo het dat daar slegs ‘n mark spandeer kon word wanneer daar ‘n mark beskikbaar was. Hy het ook goed geweet dat hierdie man baie ongelukkig was om in beheer te wees van ‘n bank waarin daar geen fondse was nie. Hy het toe baie takties vir Dr. Luther gevra om ‘n manier te vind waardeur daar fondse gevind kon word om Duitsland se herstel te finansier. Die uiteinde was dat DR. Luther tot die besef sou kom dat die briljante Helmar Schacht, die eertydse president van die Reichsbank van tussen 1923 en 1933 moes terugkeer. Dr. Luther sou verlig wees en Schacht sou verhef gevoel het – die ideale taktiek om die beste uit twee sake aan te spoor... Daar het toe inderdaad binne enkele weke ‘n vindingryke oplossing uit die skeppende verstand van Helmar Schacht voortgespruit.

“Dit was noodsaaklik” het Schacht later verduidelik, “dat ons ‘n manier moes vind om te verhoed dat die aandeelbesit van die bank nie oormatig moes opblaas en daardeur die geldvoorraad wat in sirkulasie was te vermeerder nie”. “Daarom” het hy verder getuig “Moes ek ‘n manier vind om die geld wat ongebruik in die sakke en banke gele het in die hande te kry sonder dat dit aan die risiko van depresiasie blootgestel word. Dit was die rede agter die Mefo verbande wat ons geskep het”

So wat was hierdie “Mefo” verbande waarmee Schacht vorendag gekom het. Mefo was ‘n sametrekking van die ‘Mettallurgische Forschungs-GmbH (Metallurgiese Navorsing Maatskappy). Met ‘n begin kapitalisering van een biljoen Deutsche Mark wat deur die vier reuse firmas, Krupp, Siemens, Deutsche Werke en Rheinmetall – is biljoene mark se waarde aan beleggings beskikbaar gestel. Ou en nuwe ondernemings wat regering goedgekeurde ontwikkelinge aangepak het, kon slegs wissels op Mefo trek vir bedrae wat benodig was. Hierdie wissels is wanneer dit aan die bank getoon is dadelik omgesit in harde kontant. Die sukses van die Mefo program het geheel en al afgehang van die aanvaarbaarheid wat dit by die publiek gehad het, maar die briljante Schacht het dit baie fyn uitgewerk. Aangesien Mefo verbande kort termyn verbande was wat op enige stadium in kontant omgesit kon word, was daar geen risiko om dit aan te koop, te aanvaar of te behou nie. Dit het ‘n rentekoers van vier persent gedra – ‘n baie aanvaarbare norm vir daardie tyd – terwyl banknote wat onder die matras versteek was niks vir die mense verdien het nie. Die mense het baie gou die voordele hiervan ingesien en het die verbande gretig aanvaar.

Waar die Reichsbank slegs in staat was om 150 miljoen Deutsche Mark vir Hitler se geveg teen werkloosheid beskikbaar gehad het, het die Duitse publiek in slegs vier jaar ingeskryf vir meer as 12 biljoen Deutsche Mark se Mefo verbande. Hierdie biljoene wat gespruit het uit die gekombineerde poging van Hitler en Schacht het die beperkende en vreesagtige konserwatisme van die bankiers van die tafel gevee. Die enorme krediet reserwes het in enkele jare die wonderwerke van Hitler se ekonomie verrig waarvoor die getuienis oral onbetwisbaar pryk. Kort na die inisiële biljoen mark krediet, het Schacht nog ‘n krediet van 600 miljoen gestig om Hitler se uitmuntende program van snelweë te finansier. Hierdie Autobahn program het onmiddelik vir 100,000 werklose Duitsers werk gebied, en in effek salarisse voorsien aan 500,000 werkers.

So groot as wat hierdie uitleg was, is dit onmiddelik gerugsteun deur ‘n ooreenstemmende inperking van werkloosheidsvoordele wat die regering andersins sou moes dra, en deur die addisionele belasting wat genereer is as gevolg van die styging van lewensstandaarde van die nuwe getalle werkers.

Was Schacht alleen verantwoordelik vir hierdie merkwaardige ommekeer? Na die oorlog toe hy by die Nuremberg verhore aangekla gestaan het omdat hy verantwoordelik was vir die ekonomiese herstel van Duitsland het hy as volg reageer:

“I dont think Hitler was reduced to begging for my help. If I had not served him, he would have found other methods, other means. He was not a man to give up. it’s easy enough for you to say, Mr. prosecutor, that I should have watched Hitler die and not lifted a finger. But the entire working class would have died with him!” Hitler het inderdaad Duitsland se hele ekonomiese stelsel op alle vlakke opgetel en totaal en al herstel. Hy het al sy tydgenote verbygesteek en bykans die bonatuurlike vermag.

Klink dit vir julle soos die epitoom van onnoselheid soos daar voorgehou word? Hitler is in ‘n oorlog teen die hele wêreld forseer toe Duitsland op die kruin was en die Deutsche Mark heeltemal onafhanklik gestaan het van al die invloede wat die geldwaarde kon depresieer - niks het inmekaar getuimel of waardeloos geword nie! As daar dan so wetenskaplik van onnoselheid gepraat word, waarvan spreek die stelling wat sulke dinge besig dat Hitler: “roekeloos geld gedruk het totdat dit waardeloos geword het”?

Ek stel dit hier onomwonde en duidelik. Hitler het nie nadat die geld borrel gebars het sy mense tot oorlog angepoor nie. Eerstens het die geld borrel nooit gebars nie, en hy het dus ook nooit daarna sy mense tot oorlog kon aangespoor nie. Sy voorafgaande toesprake, veral in die Reichstag, en ook sy openbare uitlatings en amptelike samesprekinge en korrespondensie toon dit duidelik aan. Die wêreld het teen Hitler oorlog verklaar en boonop die swaard van “onvoorwaardelike oorgawe” oor Duitsland se kop laat hang as gevolg van “Die Morgenthau Plan”

Die feit dat ‘n gewoonlik rasionele skrywer hierdie uitlatings maak, is eintlik bekommerenswaardig, want op die manier word onjuiste inligting onder die mense versprei.



Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.