Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Die Witman se Geloof,
Die Hamer van Thor - II


Deur: Waldor


Slegs ‘n religie wat inherent aan ‘n mensdom is, sal daardie mensdom ten volle kan dien en preserveer. Die wil wááruit, of manier, wáárop respek vir die natuur en die ‘kreatiewe krag’ wat daaragter staan, betoon word, moet uit die ras-siel van die volk spruit. ‘n Kultuur is die spieëlbeeld van ‘n mensdom se kollektiewe en gemeenskaplike siel. So verskil die gees wat in elke ras wandel van mekaar. Indien die Oosterse mense dieselfde gees as die Europeër gehad het, sou ons kulture nie verskil het nie. Elke ‘kollektiewe gees’ se soeke na ‘n aansluiting met die Godheid word versinnebeeld in die religie wat oorspronklik uit daardie ‘volksgees’ te voorskyn kom.

Die oorspronklike geloof van ons mense het die gees en karakter van die Witman veelvuldig gedien. Die natuur en die natuurwette ís die werk van die Skepper – daarom is die natuurwette heilig – dit is ons Yster Geloofsformulier. Die heroïsme wat in die mitologie voorgekom het, was gebruik om die nodige karakter by die kinders te skep sodat hulle kon ontwikkel tot produktiewe en behoudende lede van die familie, die stam, en die ras. Voortplanting en ‘eksklusiewe’ okkupasie van ‘n grondgebied was een van die noodsaaklikhede vir kontinuïteit in die voortbestaan van die Noord Europese volkere waaruit ons direk stam en waaraan ons onlosmaaklik behoort. Die religie het ‘n vrugbaarheid begrip en ‘n kryger gees tot die siel van die betrokke mensdom laat spreek. Mitologie regverdig ‘n kultuur se aktiwiteite. Deur middel van die gesag van die gerespekteerde karakters in die mitologie word gevestig die kultuur se gebruike, rituele, religieuse ondertone, wette, sosiale strukture, hiërargieë, territoriale aansprake, kuns, ambagskuns, vakansiedae, tegniese wenke vir jag, oorlogvoering en ander take. Mitologie skep en gee vir die mensdom rolmodelle, veral rondom die krag, deursettingsvermoë en dapperheid wat in die verhale van die gode tipeer word.

Mitologiese gode is nie alwetend, almagtig en alomteenwoordig nie. Soos mense is hulle beperk, het hulle foute en word hulle aangedryf en aangevuur deur emosies en ambisies. Juis omdat hulle uit die wil, wense, karakter en behoeftes van die mense geskep is.

Die Germaanse geloof is meer esoteries en is gekoppel aan die mens se interaksies en praktiese ondervinding met die natuur – en die natuur is die sigbare en aanvoelbare bloudruk van God se wil en smaak – en nie onderworpe aan, of gebaseer op, ‘n ‘dogma’ nie. “...Dit is ‘n religie van werke, en nie van geloof nie. Die uitvoering van die tradisionele rites en van die diensbaarheid aan dit waaruit jy saamgestel is, is essensieel...” skryf Professor Jean Haudrey in ‘The Indo-Europeans’. ‘n Religie wat baseer is op sterk waardes kan nie in emosionele fanatisme verval nie. Die Germaanse religie het sy oorsprong in ‘n gemeenskap waar ‘n algehele en komplimenterende rekonsiliasie en eenheid tussen die priesterdom en die kryger stand aan die een hand, en aan die ander hand tussen die burgery (boere), en al die magte van vrugbaarheid en voeding bestaan het. Hierdie ‘grondliggende basis’ van die mitologie, het die sentrale motief van die Indo-Europese ideologie gevorm – die konsep waarvolgens die wêreld en die gemeenskap slegs deur middel van harmonie en samewerking van soewereiniteit, mag en vrugbaarheid kan oorleef. Ons oorspronklike geloof was ‘n verwesenliking en uitdrukking van ons wil wat diep in ons genetiese geheue vasgebrand is. Julius Ceasar skryf in 53 VC in die sesde boek van ‘De Bello Gallico’ ...”The only beings they recognise as Gods are things that they can see...and by which they are obviously benifited like the Sun, the Moon and Fire...” Verwyder van die geskrewe fatalistiese dogmatiek uit die kanker kamers van die Midde Ooste het ons voorouers, sonder die sondeerkrag van ‘n teleskoop, die opkoms van die son in die koue noorde van Europa aan hulle lywe ervaar, die vormverandering en die gloed van die maan in die stilte van die nag aanskou en die hitte en krag van die brandende vuur beleef. Met die geykte natuur as rigting gewer het hulle die Godheid agter hierdie dinge eerbiedig. Hulle het ‘n religie ontwikkel wat dankbetuiging tot die lewegewende krag openbaar het.

Dit beteken hoegenaamd nie dat daar nie ‘n geestelikheid in die Nordies Germaanse religie bestaan het nie. In werklikheid was dit ‘n vry en ongeskonde religie – vry en ongeskonde van die degeneratiewe fatalisme wat ook die oorspronklike geloof van die Romeinse Ryk gekaap het en waardeur dit deur die wêreld van die Ariese siel versprei het. Die natuur filosowe van duisende jare gelede was deur hul intense bestudering van die natuur oortuig dat daar ‘n kreatiewe mag en intelligensie in die universum teenwoordig was. Die grondslag van hul filosofie, en hierin het die krag gelê, het nooit geleer dat die Absolute, die Ewige, die Onaantasbare, die Oorsprong Gewer God, kant kies in die ewige stryd om voortbestaan en vooruitgang van die verskillende spesies op aarde nie. Die hele natuur verklaar duidelik en onomwonde dat slegs die sterkes, die wyses, die uitgeslape en die wat op en wakker is oorleef. Die mindere en swakkes vergaan. Die mees algemeen, of meer populêre geskifte oor die religie van die Germane word gekry uit die kapittels van die latere Frankiese konings, die ‘Capitularia Regum Francum’, die Galliese kerkreëls, die ‘Concilia Galliae’ en ook natuurlik in die biografieë, preke en korrespondensie van die Christen sendelinge. Daar moet in gedagte gehou word dat al bogenoemde geskrifte vanuit ‘n anti heidense beweegrede en vooroordeel geskryf is, in ‘n tyd toe die kerk fanaties was oor enige iets wat van hul dogma verskil het. Hulle bydrae tot ‘n objektiewe en akkurate begrip van die Germaanse religie en etos het gebukkend gegaan aan ‘n erge vooroordeel ten gunste van die Christendom. Daarom is daar ‘n verwronge en negatiewe beeld geskep oor die kosmologiese en ideologiese persepsies van die vroeë Germaanse mense. Ek dink byvoorbeeld hier aan die skepping van die begrip van hekse. Die kerkvaders het heksery geskep as teenvoeter vir die waarde wat die Germane aan die vroulike intuïsie gehad het. Die vroulike intuïsie was vir die alleen manlike priesterdom van die kerk ‘n bedreiging.

Die oorspronklike religie van die Europeër het die aarde aanvaar. Daarteenoor het die Christendom die natuur – die vlees – en die aarde verwerp. Ons antieke voorsate het nie geglo dat geestelikheid jou regverdig en rasioneel gemaak het nie. Hulle het eerder geglo dat regverdigheid en om rasioneel te wees, jou geestelik gemaak het. In die mistici van ons geloof was die begrip vervat dat geestelike illuminasie bekom word deur die laer natuur te verhef na ‘n vlak van effektiwiteit en suiwerheid. Die religie is dan die spieëlbeeld van die harmonie wat tussen die natuur en die kultuur gedy, en dit is duursaam, duursaam soos brons. Hieruit het die Germaanse ‘commitatus’ ontwikkel – ‘n gemeenskap gerigte ideologie met ‘n krygers etiek as onderskeidende eienskap. Dr. Mary Crawford Clawsey van die Universiteit van Maryland in die VSA werp insiggewende lig op die religieuse ideologie wat deurslag vind in die uiters prysenswaardige en gemeenskap versterkende vertikale verhouding tussen die kryger en die leier. ‘n Wedersydse respek het gedy, en hierdie respek was geskoei op die begrip van kontinuïteit van die lewe na die dood. Die besef van ‘n kontinuïteit indien mens dapper en eerbaar sterf ter beskerming van jou identiteit en grondgebied het meegebring dat daar ‘n ‘eer kameraderie’ gedy het. Tacitus skryf: “...On the field of battle it is a disgrace to a chief to be surpassed in courage by his followers, and to the followers not to be equal tot he courage of their chief... the chief fights for victory, the followers for their chief...”

Hierdie religie van die Germane wat ook in hul kultuur, hul gemeenskapslewe en veral in hul ideologie deurgekom het was nie net ‘n sosiale voorbeeld van groep solidariteit nie, maar het inslag gevind op elke vlak van die Germaanse verwantskap en familieskap struktuur. “...This is quite the opposite of the situation that existed in the urban centers of the Roman Empire when Christianity was takin root and expanding...” skryf Professor Russel

Een van die grootste gesaghebbendes op die gebied van vergelykende mitologie, Dr. Georges Dumezil, vind in sy model van Indo Europese gemeenskappe, die teenwoordigheid van ‘n fundamentele ooreenkoms in die ideologiese en sosiale strukture van die gemeenskappe in Indië, Persië, Griekeland, Rome en die voor Christelike Noord Europa – met ander woorde daardie mensdomme wat hul ontwikkeling en beskawings te danke het aan die verspreiding van die Ariese ras. Die religieuse begrippe en standpunte van die Europeër is ‘n religie wat uit die genetiese kode spruit – dit is ‘n DNA geloof. Dit die voetpad wat getrap is op die pas en die loop van die Arier. Professor James C. Russel wys in sy studie: ‘The Germanization of Early Medieval Christianity – A Sociohistorical Approach to Religious Transformation’, daarop dat onlangse wetenskaplike navorsing bevind het dat: “Genetic factors are now claimed to account for approximately 50 persent of the individual differences in religious attitudes, values and interests. If combined with the notion of group personality or ‘syntality’, these findings may contribute towards the development of a genetic approach to societal religious identity”. Nou ja toe. In gesprek met die tydskrif ‘The American Sociologist’, vermaan Gerhard Lenski sy kollegas om ‘n beter persepsie te hê oor die invloed van biologiese faktore op sosiale sisteme ...”If we persist in ignoring, or worse yet, denying the powerfull influence of genetic and biochemical factors, we jeopardise sociology’s credibility in the scientific community”

Daarom wou die Germaanse leiers destyds by die Roomse Kerkvaders weet “Waarom moet die geloof in ‘n boek vasgestel word?”, en so het ‘n geesgenoot van my eendag ook opgemerk:

“Indien die inhoud van die Bybel weggeneem word en jy het dan nie ‘n geloof nie, waaruit het jou geloof dan bestaan...?”

Volgende aflewering meer oor die kultuur, letterlike gebruike, beskouings en waardes wat deel uitgemaak het van die religieuse beskouing van die Germane, en dan hoedat die geskiedkundige en sosiale invloede van Christendom op die Germane af forseer is. Ook oor die aanpassings wat die Kerkvaders in die Christendom moes aanbring sodat dit by die Germane kon inslag vind – ons kan eintlik omgekeerd praat van die ‘Germanisering’ van Christendom...


Waldor:

  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag