Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
Geestelike Afwykings – Of is dit maar Normaal so Met die Siel?

Deur: Waldor

Ek weet wat ek dink. Wat ek dink baseer ek op my persoonlike ondervindings en waarnemings, want ek weet wat ek sien, en ek weet ek is nie blind nie. Wat jy sien is wat jy sien – dit is wat dit is, punt. Ek gaan hier skryf wat ek tot nou toe gesien het en waargeneem het en dit is dit! Wat die leser daarvan wil maak is sy saak. Ek noem net die feite.

“Siel”, sê die Verklarende Afrikaanse Woordeboek, is die setel van gevoel; rede; wil; gees; gemoed; persoon; daardie stukrag in die mens - Die mens se karakter sou ek daaruit aflei en “gees” beteken die selfde. Ek sal nie probeer om gees en siel te skei nie, want ek beskik nie oor daardie spesiale en Goddelike sintuie wat die predikante mee toegevoeg word in die Bybel skool nie.

Toe Eugene Marais, ‘Die Siel van die Mier’ geskryf het, het hy dit gedoen met sy oor op die grond. Hy het gekyk, en ervaar. Hy het waargeneem en deur herhaalde aanskouing van sekere aspekte onomwonde kon bepaal dat daar ‘n kollektiewe ‘stukrag’ by miere teenwoordig is. Die selfde het hy waargeneem by die bobbejaan – daardie ‘kollektiewe karaktertrek’ wat die crux vorm van die lewensdoel vir daardie spesifieke lewe.

Hulle sê die verskil tussen die mens en die dier is die teenwoordigheid van ‘n ‘lewende gees’ of siel by die mens. Ek sal nou nie rêrig my kop daaroor op ‘n blok sit nie – sal maar wag totdat hul ‘n kamera ontwikkel wat kan afneem wat die predikers so maklik sien. Miskien moet hulle Ray MacCauley se brein in ‘n kamera sit dan sal ons God kan afneem. Ek het nou nie jare spandeer om sekere diere maniere intens te bestudeer nie. Maar wat ek weet, dink ek weet elke mens as gevolg van doodeenvoudige jare lange kontak met dinge wat deurgaans saam ons is. Ons weet ‘n hiëna het ‘n kollektiewe lag waaraan alle hiënas identifiseer kan word. Mens sal nooit ‘n hiëna met ‘n leeu misgis nie. Die emosies en uitdrukkings van ‘n dier is kollektief. ‘n Leeu in die Kalahari brul net soos ‘n leeu in die dieretuin in Rusland. Alle kwêvoëls kwê, net soos wat geen visarend vir ‘n eend misgis sal word nie. As ape skrik of opgewonde raak stuur die hele trop dieselfde geluid uit. Die trop by Port Edward aan die Suidkus van Natal wat nooit as te nimmer naby die trop by Richardsbaai aan die Noordkus gekom het nie klink presies dieselfde.

Mens kry hierdie kollektiewe geluide by die meeste van die honde rasse ook. Nodeloos om hierop uit te brei. Maar so ook is daar by die diere ‘n ander kollektiewe verskynsel. Hul maniere. Hulle pronk en ‘vertoon’ kollektief. Kyk maar die springbok se kenmerkende sprong, en ‘n kalkoen se stywe vlerk, nader beweeg aan die hen, of elke Bullterrier se getol wanneer hy opgewonde raak. Geen afrigting of onderrig, dit is in hom gesetel van sy ontstaan af.

In 1976 kom ek van die grens af. Het pas my uitrusting ingegee en stap om ‘n gebou by die Polisiekollege in Pretoria. Ek stap by ‘n groep studente verby wat by die kafeteria om ‘n tafel sit maar slaan nie rêrig ag op hulle nie. Hulle was al agter my, toe hoor ek ‘n lag. Ek hoor ‘n meisie lag. Ek hoor vir Aletta, wat ek laas in standerd vier in Noordskool Pietersburg gehoor het. Aletta het haar eie lag, soos al haar Europese genote en alle vroue en mans wat ek ken en al gehoor, hul eie individuele geluid het . Ek het omgedraai en kry haar toe daar sit, dieselfde Aletta wat ek aan haar lag geëien het. Elkeen van my kleinkinders huil anders, net so ook my vrou my dogters, susters en almal wat ek ken en wie ek al gehoor het. Net so met die mans wat ek ken. Oor tien jaar en langer van nou af sal ek elke man wat saam my in Irak was aan hul lag en of emosionele uiting afsonderlik kan eien. Dit geld vir elke leser wat hier lees – julle kan die selfde verklaar. Anders as diere nê!

In 1975 is ek ‘n jong en onervare Polisieman en word ek uitgeroep na ‘n moord in die suikerriet heuwels naby Margate. ‘n Swart man is doodgekap met ‘n panga en lê in ‘n klein vallei. Aan beide kante van die vallei en teenoor mekaar het swart mense vergader. Aan beide kante huil die vroue hartverskeurend en luidkeels. Skierlik is ek soos met ‘ouma in kaneel’, ‘n klein seuntjie op die plaas in Pietersburg. ‘n Geluid voer my soontoe, en dit is nie Aletta se lag nie. Dit is asof ek die Swart vrou hoor wat vyftien jaar gelede op ons plaas deur my ouma se kombuis hulp geklap was. Al verskil is aan beide kante huil daar honderde ‘geklapte’ vroue kollektief soos die enkele een in my kinderdae op die plaas vyftien jare vantevore en amper 1000 kilometer Noord. ‘n Enkele verwyderde Noord Sotho huil presies soos ‘n vergadering Zulus en Pondo’s. Later het hulle begin rondspring. Ek dog eers hulle dans toe sien ek hulle is nog steeds huilende, maar hulle voer dieselfde emosie belaaide bewegings uit, elk in sy eie rigting elk weeklagend in sy eie hartstog. Persoonlike trauma maar kollektief geykte uitinge daarvan.

So het ek dit deur die jare ervaar. ‘n Presisie, asof deur die natuur se koreograaf vasgelê. Net soos die springbok se spring waar ook al , net so, die huil en die lyftaal van Port Edward se Pondo of Zulu. Net só ook in Guinee se ekwatoriale woud deur die Frans sprekende swart man. ‘n Ego loop deur Afrika...nou die dag laat val ek ‘n glas en een van my amper sewe voet lange wagte wat verwant aan die Masai van Kenia is se “êoh”! , presies soos president Mbeki toe hy op televisie amper van die groot grondverskuiwings masjien afgeval het en sy lyfwag hom gevang het. Maar as my vriend Chris Scultz skrik het hy sy besondere manier. En Aletta se skaterlag is nie soos die van haar eie suster of soos Svetlana in Tsjeggo-Slovakye sin nie! Ek het nou by meer as een geleentheid saam van ons Woes mense gebraai, daar waar hulle vandag weer braai. Catbury, Robelle en MCE, lag elk op hul besondere manier, en ek glo hulle huil ook anderste. Ek dink ook as Lentulus of Skymaster of Berg sou skrik gaan ons iets heeltemal anders ervaar as met Vlakvark of ekself. Dit is nou maar so!

Drie dae gelede ry ‘n Chinese 250 cc Motorfiets teen ‘n moerse spoed hier op die grondpad wat deur die woud van Suid Soedan se semi tropiese woud slang. Op die Motorfiets die bestuurder, ‘n passasier, en tussen die twee, ‘n boerbok gedrapeer. Jonas sny die draai en albei, behalwe die bok, leun oor na die teenoorgestelde kant as wat die motorfiets lê... Doef! Kop aan kop met ‘n allemintige Landcruiser. Die bestuurder, of sal ek se ryer van die motorfiets, is saam met die bok na die se weivelde toe. Die passasier, is verwronge gelaat met veelvuldige beenbreuke en baie ernstige hoof beserings. Die ongeluk het niks met my te doen nie, maar omdat dit op ‘n punt plaasgevind het naby waar van ons wagte, gewapen met AK 47’s, Turkse padwerkers oppas, moes ek gaan seker maak alles is onder beheer want ta skiet mos vir ‘n daler. Daar aangekom, lyk dit of die Landcruiser ‘n miernes oop gery het, maar dit is eintlik die produk van die riemtelegram... oral op die toneel wriemel dit van histeriese Suid Soedanse vroue. Weereens hier, duisende myle van Port Edward, Margate, Richardsbaai en die plaas op Pietersburg is daar ‘n kollektiewe geween van semi Masais presies soos die geklapte ous, die Zoeloes en Pondo’s in die vallei en al die swart vroue wat ek in Soweto en elders ervaar het in ‘n bestek van 30 jaar. Presies dieselfde stemtoon en huil styl. Omtrent twaalf vroue loop en ween ‘kollektief’, maar dit is nie al nie hulle skud hul koppe dieselfde, die monde is ewe wyd oop en die oë rol dieselfde in die kop.

Die naaste polisie is sowat 150 kilometer van die toneel af, en dit neem sowat ‘n uur en ‘n half om 60 kilometer te ry met ‘n ordentlike vierwiel aangedrewe voertuig. My wagte is te naby aan die toneel en met die ‘kollektiewe‘ gees wat daar heers en toenemend momentum kry offer ek om die oorledene se liggaam na sy stat te neem, want dalk soek hulle iets om aan te val, en dit sal my wagte wees, want enige iets wat ordelik of gesag het word as die oorsaak gesien vanuit die kollektief chaotiese milieu en perspektief.

Ek ry teen ‘n slakkepas die sewe kilometer na die hutte – Geronomo na Afrika gekom. Die amper twintig histeriese mense saam die lyk agter op die kort bak van die dubbel kajuit waarmee ek ry, jil-huil so dat ek vir ‘n oomblik gevoel het soos Generaal Custer moes gevoel het by Little Bighorn. Maar, maar my liewe Woesters, toe ek by die hutte stop, toe spring ‘n vrou af en huil daai huil wat jy nêrens op ‘n ander manier anders sal hoor nie, selfs in Harlem... en toe kom die huile uit die hutte en skierlik begin hulle bolmakiesie slaan. Net die vroue. Nie akrobaties nie, net die eerste gedeelte want daar waar die voete oorkom bly hulle styf en tref die grond dat dit dreun. Elke vrou in sig huil dieselfde en slaan dieselfde bolmakiesie – van nou af gaan ek my DVD kamera permanent by my hou. Ek sal stof bymekaar maak en vaslê, en dit graag aan die slim mense en die liberales wil voorlê en vra dat hulle dit asseblief vir my verklaar.

Wie van julle het al gesien as ‘n ousie skierlik ritmies vooroor begin rond hop en sy draai haar kop so skuins na agtertoe en sy gooi daardie boude so op en af op dieselfde ritme as wat Mandela et al gedans het toe hulle die verkiesing gewen het... hulle doen dit almal dieselfde selfs die Multi Miljoenêres Tina Turner, se miljoene kon haar nie loskoop uit die ‘kollektiewe’ sindroom waarvan ek praat nie. As sy eers so wydsbeen vastrap op daardie verhoog en sy gooi daardie agterstewe dan vat sy my na die pronk danse wat ek pas beskryf het.

Die vraag wat ek hier wil vra is: Wat is dit wat maak dat hierdie mense ongetwyfeld so ‘n kollektiewe eendersheid het in veral hulle emosionele handelinge, terwyl ons dit ongetwyfeld nie het nie? Daardie eendersheid moet in die gees wees, want ‘familietrekke’ kan sekerlik nie so wyd uitkring nie. Die enigste ander plek waar ek dit sien is in die natuur soos wat ek uitgewys het en soos wat die leser self weet. Het evolusie by spesifieke soort mense vasgehaak, of kom ander werklik van ander planete af en is hier geplaas met ‘n opdrag om die plek te ontwikkel soos daar inderdaad gedoen is deur die individualistiese geeste en siele? Of, sit ons die aardbol mis en moet ons terugkeer na kollektiewe uitinge?

Ons moet sien as ons kyk mense. Ek dink ons is geseën met ‘n individualisme wat ons moet vertroetel, beskerm en veredel. Ons draaiboek is anders geskryf. Ons moet nie narre wees as die klassieke ons forte is nie...



Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.