Wendag
Deur: Waldor
In sy fenomenale werk, ‘Beelzebub’s Tales to His Grandson’, skryf G.I. Gurdjieff: “...’n bewustheid kan nie onwetend evolueer nie...” en in ‘Forbidden History’ skryf Dr. Joseph Ray in sy artikel, ‘The Keys to Understanding - The Wisdom of The Ancients Have Been Preserved’: “...the more subtle, oblique and ineffable knowledge is, the less suited is the intelligence to it, and the more it will react against it...”
So waar begin mens, wanneer jy jeuk om te skryf oor dinge wat deur dekades kriewel om openbaar gemaak te word? Waar begin mens, wanner ‘n ‘eensaam wete’ aan jou por. Waar begin mens wanneer jy onophoudelik ervaar hoe onkunde die mensdom se potensiaal misken en lewegewende legkaart stukke daardeur misplaas word? Hoe skryf mens wanneer die massas nie agterkom hoe gratis energie – die hartslag van die Godheid – deur korporatiewe uitbuiters versteek en verdoesel word, en hoe hierdie ware vyande van die lewe; biljoen dollar kartels bou op ‘kunsmatige energie’ wat die mensdom by hulle moet koop...? Daar is nie ‘n kort en kragtige skryflyn met hierdie dinge nie, want onkundiges en ongelowiges vergryp hulle ‘tussen die lyne’ om hul tekortkominge te okkulteer... En dit beskadig uiteraard die ‘groot’ geheelbeeld... Wanneer mens dit wat eintlik in ‘n lywige boek uiteengesit moet word in ‘n paar artikels sou wou beskryf moet mens maar sekere sleutelstukkies van die legkaart op die tafel gooi met die vertroue dat die blokkies ‘n idee van die prent sal gee:
Toe die skrif vir Nazi Duitsland aan die muur was en die Russe van die een kant, en die geallieerde magte van die ander kant af om die Duitsers toeklem, moes die leierskap uiters belangrike besluite neem...
Van al die asemrowende, super tegnologiese ontwikkelings wat die Duitsers mee besig was, was een spesifiek van kardinale belang en natuurlik ook hoogs geheim. Die kodenaam vir hierdie ‘super ontwikkeling’ was “Die Glocke”, in Afrikaans doodgewoon ‘Die Klok’. Dit was in alle terme super tegnologies. In 1945 het Hans Kammler, ‘n vier ster SS Generaal met “Die Glocke” en al die dokumentasie daaraan verbonde, uit ‘n ondergrondse bunker in Neder Silesië te voorskyn gekom. Generaal Kammler, Die Glocke en die dokumentasie is aan boord van ‘n massiewe ses enjin Junkers 390, wat ‘n ultra langafstand vragvliegtuig is, geneem. Die Glocke, Kammler, die dokumentasie en die enorme vliegtuig het spoorloos verdwyn... as ‘n prelude tot hierdie stil, stil verdwyning, het die SS in opdrag van Kammler, meeste van die wetenskaplikes en tegnici wat aan die projek gewerk het doodgeskiet. ‘n Duitse Nobelprys fisikus het verklaar dat ‘Die Glocke’, die klassifikasie: “deurslaggewend vir die oorlog”, gekry het – ‘n sekerheid klassifikasie hoër as enige ander geheime wapenprojek van Hitler se Derde Ryk.
So wat was “Die Glocke”? Watse nuwe fisika het hierdie ‘Nazi Klok’ verteenwoordig, en hoe vêr het die Nazi’s na die oorlog gegaan om hierdie gevorderde tegnologie te beskerm en te ontwikkel?
Ek skryf in my eertydse artikel ‘Amerika en die Moderne Wêreld Ploeg met ou Nazi Kalwers – Deel 1’ :
“‘n Hele nuwe wetenskaplike paradigma is deur hierdie wetenskaplikes geskep en dit het hulle ook merkwaardige baanbrekers op die gebied van gravitasie, materie en energie gemaak...” Die vrye gees wat Hitler se filosofie van Nasionaal Sosialisme na die Duitser gebring het, het bewerkstellig dat daar gedelf is in die atmosfeer en dat die bykans onmoontlike of onbereikbare identifiseer is en getap en gestoor is. Energie is nie opgewek nie, dit is doodeenvoudig uit die atmosfeer waar dit gratis en onbeperk krioel, geneem... Die Nasionaal Sosialisme is ‘n lewensbeskouing en filosofie wat op die balans in en van die natuur, geskoei is. Die dieper ‘insien’ wat die filosofie van Nasionaal Sosialisme vir die mensdom bied, het meegebring dat verwantskappe in die natuur en wetenskap identifiseer is en dat die kode en patroon wat vir die mensdom vasgele en gegee is om op te volg en na te volg om daardeur te floreer, in gebruik geneem is. Hulle was ingestel op die lewegewende rigtingwyser. Hul koers was gerig op die bevrydende kragte wat ons slegs maar moes opeis. Hulle het besef dat ons nie ‘n fout is wat moes wedergebore word in ‘n dogma nie, maar dat ons slegs foute maak. Hulle het besef dat ons slegs blind gemaak is vir ons foute, ontdaan van ons briljantheid, onbewus van die werklike kragte wat in ons, en ‘om ons skuil’. Daar is ‘n koers waarvolgens die mens ‘n gesonde en onderhoudende lewe kan volg - noem dit maar ‘insigte’ wat die mens navigeer. Ons rigtingwyser moet nie ‘n naald wees wat die ware noord aandui nie maar dit moet ‘n bewussyn van die hele veld self wees! Daardie bewussyn het die Nazis gehad. Hulle het geweet van die noodsaaklikhede wat ons ‘natuurlik’ toekom en dat dit gratis tot die mens se beskikking moet wees. Hulle het ‘n filosofie uit die natuurlike lewe laat ontspring, en daardie filosofie het onder baie andere, “Die Glocke” geskep!
Maar voordat ons in hierdie ‘veld van die Duitse Klok’ gaan delf, moet ons besef dat ‘energie’ vandag in die hande van enkele super rykes is. Brandstof, gas en olie dryf die mens aan en die mens moet dit koop. Alternatiewe energie sal uiteraard die energie baronne se grootste vyand wees, des te meer as dit vrylik beskikbaar is. Wat ons ook dus met hierdie onderwerp nie uit die oog moet verloor nie, is dat die energie baronne uit die staanspoor met alles tot hulle beskikking hul rykdom sal beskerm en sal sorg dat die mensdom ‘altyd’ afhanklik moet wees van die energie wat slegs ‘hulle’ teen ‘n prys aan ons beskikbaar sal maak. Gratis energie is hul grootste vyand, net soos wat die leuen die kerk ryk maak, en geestelike waarhede en natuurwette die priester se grootste vyand is.
Ek het vlugtig in vorige skrywes van my verwys na die twee waardige oumense wat ek as twee van my ‘mentors’ beskou, en wie ek van tyd tot tyd opsoek wanneer ek dieper wil gesels as wat die normale lewe mens bied. Ek het ook vlugtig verwys dat die Duitse egpaar aan ‘n ‘orde’ behoort waartoe uitgesoekte mense ‘selektief’ uitverkies word, en dat hierdie orde met data te doene kry wat bedoel is vir die minderheid wie se kompasse op die geheel ingestel is... Ek het ook daarna verwys dat hierdie egpaar die boer in die Vrystaat wat ‘n vlieënde piering op sy plaas gesien het en waaroor die koerante mal gegaan het, besoek het met ‘n aktetas in hande. Dat hulle daaruit dokumentasie te voorskyn gebring het waaraan die boer die vlieënde piering wat hy gesien het onomwonde uitgeken het aan werklike foto’s wat vir hom gewys is... nouja.
Ons behoort almal te weet dat Dr. Werner von Braun en Dr. Herman Oberth die twee briljante Duitse wetenskaplikes is waaraan die Amerikaners se ruimte prestasies te danke is. Beide die twee genoemde here is baie hoog gerespekteerde wetenskaplikes wat na die oorlog uiters belangrike posisies in NASA beklee het en ‘n baie groot invloed aldaar gehad het. Beide von Braun en Oberth het aan die Duitse orde behoort...en beide het verklaar dat hulle hulp van “buite” gehad het met hulle prestasies en ontwikkeling van beweging in die buiteruim. Dr. Oberth het onder meer gesê: “We cannot take credit for our record advancement in certain scientific fields alone; we have been helped” Toe hy gevra word deur wie? Het hy geantwoord “Mense uit ander wêrelde” Dr. Werner von Braun het sy kennis en ondervinding met betrekking tot die buitenste ruim met die volgende woorde openhartig verduidelik “We find ourselves faced by powers that are far stronger than hitherto assumed, and whose base is at present unknown to us. More I cannot say at present. We are now engaged at entering into closer contact with those powers and within six or nine months time it may be possible to speak with more precission on the matter”... Wat verder baie insiggewend is, is dat baie hoogstaande Duitsers van daardie tyd, soos Werner von Braun, geglo het dat daar in die era van Aquarius groot geestelike en tegnologiese verheffings en verbeteringe ‘moes’ plaasvind. Daar het dus by die Duitsers van sy tyd, verskeie geheime organisasies die lig gesien – organisasies wat hierdie gebeurtenisse moes antisipeer en meehelp. Een van die primêre beskouinge waarop die bewegings hul benaderinge baseer het, was dat hulle geglo het dat vorige antieke beskawings oor ongekende kennis beskik het met betrekking tot veral beweging en reise in die buitenste ruimte...
In 1868 word Kolonel J. S. Churchward aangestel om ondersteuningsdienste te doen vir die hongersnood in Indië. Hy bly uiteindelik twaalf jaar daar, en ontwikkel ‘n intieme vriendskap met ‘n Rishi, in ‘n Tempelskool Klooster en kon homself daardeur familiariseer met die antieke geskiedenis, die religie, en die gebruike in Indië. In sy boek “The Churches of Mu” verwys hy na die antieke Sanskrit geskrifte wat uiters interessante verwysings daarin het. In die antieke Vimanas wat beskryf word in die Vediese literatuur word verwysings gekry na sekere maniere van ‘aandrywing’. Wat natuurlik insiggewend is, is dat die verwysings doelbewus obskuur gedoen word. In die Samarangana Sutradhara, ‘n manuskrip wat opgestel is deur Koning Boja in die 11de eeu NC, word ‘n hele hoofstuk gewy aan verskillende tipes tuie wat kan vlieg. Die manuskrip praat van ‘n tuig waarin: “...die kwikmasjien geplaas moet word; en direk daaronder, behoorlik monteer, die yster verwarmingsapparaat. Mens kan derhalwe die dubbelvlerk, stuwende warrelwind in beweging bring, en die versteekte vlieënier, kan derhalwe deur middel van kwikkrag lang distansies in die lug beweeg...” In hierdie manuskrip word duidelik daarna verwys dat sommige van hierdie tuie tot in die “Naksatra mandala” (sterrestelsel) kan invlieg...
Hierdie antieke Indiese geskrifte praat van “kwik” wat ‘n tuig aandryf, soveel so dat dit in die sterrestelsel kan invlieg...
Nazi Duitsland was basies die baanbrekers op die gebied van navorsing met rooi kwik. Nou die “Glocke” wat saam Generaal Hans Kammler verdwyn het, was ‘n klokvormige struktuur. Dit was visueel, met die eerste oogopslag, ‘n kruising tussen wat die normale mens kon beskou as die kruising tussen die konvensionele vlieënde piering en ‘n klok. Daarom het dit in Duits; as die ‘Klok’ bekend gestaan. Binne hierdie, noem dit nou maar klokagtige keramiek omhulsel was twee silinders wat elk in ‘n teenoorgestelde rigting gespin het om ‘n sentrale as. Met wat bekend is van die werkverrigting het dit voorgekom asof die binnekant van die hol klok met krag gelaai is, en nadat die interne spinproses ‘n sekere piek bereik het, daar oombliklik na ‘n kort ligte ontploffing, ‘n kragtige elektriese vorteks ontstaan het. Nou ja. Ons weet natuurlik dat die Duitsers gevind het dat indien rooi kwik op ‘n spesifieke manier met sekere induksies en spesifieke plasings teen ‘n toenemende snelheid gespin word, die kwik posisies aan die buitekant van die spin inneem, en dat daar met ‘n sekere graad van rewolusies, krag genereer word wat ongelooflike energie in die spinkolk ontlaai..
'Atlantis Rising’ is ‘n hoog aangeskrewe wetenskaplike tydskrif wat onverklaarbare ongeruimdhede en die toekomstige wetenskap estudeer. In die Amerikaanse somer van 1997 het ‘n wetenskaplike wat navorsing doen vir die vervaardiging en gebruik van akoestiese wapentuig Atlantis Rising gekontak en hulle meegedeel dat sy span navorsers ‘n ondersoek gedoen het na die groot piramide van Giza. Hy het hulle meegedeel dat hulle in die proses, die mees gesofistikeerde en gevorderde instrumente van hierdie eeu gebruik het, en dat hulle daarmee en daaruit onomwonde bevind het dat die oorspronklike bouers van die piramide, daardie tyd, meetkundige metodiek gebruik het wat ons nou eers begin begryp en verstaan. Atlantis Rising is verder deur hierdie wetenskaplike meegedeel dat die samestelling van die kamers (vertrekke) van die piramide sodanig is dat dit net vanuit akoestiese terme beskou kon word. Die geheime wetenskaplike het verklaar dat die groot piramide hoog waarskynlik een of ander kragsentrale was – een of ander ongewone kragopwekker... Vir Atlantis Rising was dit ‘n bevestiging van die navorsing wat die wetenskaplike Chritopher Dunn in sy boek ‘The Giza Power Plant: Technologies of Ancient Egipt’ gedoen het. In die boek het Dunn oortuigende getuienis aangebied dat die Giza Piramide ‘n ‘masjien’ was wat die akoestiese energie van die aarde opgevang het en genereer het. Daar was duidelike bewyse dat aangedrewe masjinerie soos draaibanke, freesmasjiene, ultrasoniese boormasjiene, en hoëspoed sae in die piramide gebruik is... vanwaar het hierdie masjinerie hulle krag gekry?
Baie insiggewend hier, is dat Adolf Hitler, kort nadat hy kanselier van Duitsland geword het, deur die bemiddeling van Rudolph Hess, ‘n span wetenskaplikes na die Giza piramide gestuur het om navorsing te doen...
En SS Generaal Hans Kammler en “Die Glocke” wat het van hom geword; en waarom het Amerika na die oorlog in Januarie 1947, in ‘n spesiale operasie genaamd “Operation Highjump” na die Suidpool ontplooi - skepe, ‘n vliegdekskip, seevliegtuie, helikopters en... 4000 gevegstroepe? Hulle moes aanvanklik agt maande daar bly, maar na slegs agt weke het Admiraal Richard E. Byrd na ‘versweë’ verliese van vliegtuie en manskappe skierlik onttrek...
Admiraal Byrd het verklaar dat hy te doen gekry het met vegvliegtuie wat “in staat was om van die een pool na die ander te vlieg teen ongelooflike snelhede” Hy het ook verklaar dat hy ‘n Duitse kontingent teengekom het wat gehelp is deur ‘n “gevorderde beskawing” met “formidabele tegnologie” Na uitgebreide ondervraging by die Amerikaanse Pentagon, is Admiraal Byrd opdrag gegee om te swyg oor sy ondervinding by die Suidpool...
Word vervolg...