Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
God Lewe in die Water - Deel I

Deur: Waldor

Hierdie artikel sal in twee gedeeltes aangebied word weens die hoeveelheid van die inhoud daarvan. Omdat afbreek aan die begrip en impak gemaak sal word indien dit verkort, of sekere inligting uitgelaat word, het ek dit nodig gevind om dit so aan te bied. Dit is ‘n verwoording van ‘n dokumentêre DVD wat ek uit Amerika bestel het en pas gekyk het. Ek deel dit graag met my mede lesers.

Water is na dese vir my ‘n duidelike versinnebeelding van hoe die algemene geloof beskouing die gelowiges met ‘n ‘dogma teelepel’ voer, aanhoudend met babakos, sodat ons tog net nie tot die volle krag en waarheid kom nie. Maar, waarmee daar nie rekening gehou is nie, is dat ons uit die Godheid was nog voor die geskrewe riglyne daar was en dat ons daarom die Godheid begin vrystel langs ander weë as wat die priesters se ‘besigheidsplan’ dit vir ons so eenvormig voorhou.

Water is seker die mees algemene ding op die aarde. Vir bykans elke oomblik van ons lewe is daar water by ons. Maar waar kom water oorspronklik vandaan? Hoe en wanneer is dit op hierdie planeet geplaas? Kyk ons ooit dieper as drink, kook, was en swem – wat weet ons van water se geheime? Het water geheime? Gaan vra jou dominee of Pastoor. Sal hy met ‘leiding’ tussen die lyne vind wat die mikroskoop onomwonde uitspel? Nee, want onder die mikroskoop en met die vrystelling van God deur elektroniese impulse in water word die openings lyne van die Bybel vasgelê waar dit andersins misgekyk word. In die heilige geskrifte is water meer as net ‘n bestanddeel – dit is ‘n konsep, en daardie konsep is op ‘n spesiale manier gekoppel aan die lewe.

Water praat met ons maar ons luister nie, water smeek by ons maar ons ignoreer dit, water ween by ons maar ons vertrap dit.

Min dinge is sagter en meer toegeeflik as water, tog verweer dit die hardste voorwerp en onderwerp die sterkere. Niemand kan dit oorkom nie, maar elkeen kan dit verower. Geen wetenskaplike kan verduidelik waarom water se densiteit onder vriespunt uitsit en bokant vriespunt minder word nie. Enige voorwerp trek saam wanneer dit afkoel, maar water doen die teenoorgestelde. In die koue noordelike gedeeltes van die wêreld het die mense van die vroegste tye af water in die krake van rotse gegooi kort voordat die vries temperature gekom het en sodoende rotse opgebreek om dit te verwerk. In die warmer suide het die mense houtpenne in die krake ingeslaan en dit dan met water deurweek sodat die uitsetting die rotse oopgebreek het. Wetenskaplikes het bevind dat water in porieë en in buisvormige gaatjies enorme druk kan ontwikkel. Die oomblik wat ‘n saad ontkiem oefen dit ‘n druk van tot vierhonderd stemming uit. Dit is hoe ‘n sagte saadspruit deur asfalt kan breek. Daar is bevind dat die bestanddele in ‘n water molekule sekere onverklaarbare wetenskaplike onreëlmatighede in het, en dat lewe nie daarsonder kan bestaan nie. Elkeen van die bestanddele in water is uniek en hulle pas nie in by die algemene wette van die wetenskap in nie. Die wetenskap kan ook tot nou toe nog nie bepaal waarom water die enigste middel op aarde is wat in drie verskillende vorms voorkom nie – vloeibaar, solied en gas.

Waarom het water die hoogste oppervlak spanning van alle vloeistowwe? Waarom is dit die kragtigste oplosmiddel op die aarde en hoe is dit dat water in teenstelling met die aantrekkingskrag van die aarde in die stamme van reusagtige bome op kan beweeg teen atmosferiese druk tot die mag tien? Vladimir Voeikov, ‘n Doktor in die wetenskap en professor in die biologie by die Fakulteit van die Moskou Staatsuniversiteit, verklaar dat die mensdom en die wetenskap veral nou, intense navorsing met water doen omdat daar progressief ontdek word dat baie meer agter water steek as wat die blote oog kan sien of wat mens kan droom.

In 1956 in het ‘n groep oosterse wetenskaplikes in die geheim in ‘n spesiale laboratorium in Suidoos Asië bymekaargekom. Geheime navorsing wat hulle gedoen het met betrekking tot ‘n chemiese wapen wat bakterieë op ‘n vernietigende skaal kon versprei het ‘n finale punt bereik, en hulle wou beraadslaag watse bestanddele hulle in die wapen moes bybring. Op ‘n kritieke stadium van die vergadering het al die teenwoordiges baie ernstige simptome van voedselvergiftiging ontwikkel en is almal in die hospitaal opgeneem vir noodbehandeling. Die ondersoek wat dadelik na die geval gedoen is kon absoluut niks na vore bring nie en het tot ‘n doodloopstraat gekom. Die enigste wat die mense ingeneem het was drinkwater wat by die byeenkoms op die tafels beskikbaar was. Die water is getoets en dit was suiwer – H2O. Die uiteindelike bevinding: ‘Voedselvergiftiging as gevolg van water’ Twintig jaar later is daar as gevolg van navorsing wat gedoen is met ‘n teorie vorendag gekom met betrekking tot wat daardie tyd by die geheime konferensie gebeur het. Water het ‘n geheue! Eksperimente wat dwarsoor die wêreld gedoen is het bewys dat water invloede en effekte wat naby dit plaasvind stoor en wederkerige afdrukke maak. Die water onthou alles wat in die atmosfeer om dit gebeur. Enige bestanddeel middel of wese wat met water in aanraking kom los ‘n spoor. Soos wat die water nuwe inligting bekom kry dit nuwe eienskappe, maar die chemiese samestelling bly dieselfde. Die water pas dus aan in reaksie op die geestelike insette waaraan dit blootgestel word.

Daar is aanvanklik gedink dat die krag van water in die samestelling gevind kan word, maar later is vasgestel dat die struktuur daarvan baie, baie meer kan vertel. Die groepering van die molekules vertel ‘n ongelooflike storie. Die molekules groepeer in, noem dit dan nou maar, klompe of groepe. Die wetenskaplikes wat navorsing met die water doen bevind dat die klompe, soos ‘gedagte selle’ saam vorm, amper soos ‘n magnetiese band. Wanneer water deur ‘n lig bekyk word, het dit ‘n spesifieke voorkoms en wanneer elektriese velde daardeur gestuur word verander die voorkoms. Die water bly water soos ons dit ken, maar die struktuur reageer soos ‘n senuweestelsel op enige irritasie.

Moderne instrumente bepaal dat daar in elk van water se geheue selle, 440,000 ‘informasie panele’ is en elkeen is verantwoordelik vir sy eie tipe interaksie met die wêreld om dit. Indien die groepe elk as enkele entiteite sou bestaan, sou dit gou uitgeleef raak en vergaan, maar selle in elke groep kan die groepering verlaat en oorgaan na ‘n ander groep en daar opgeneem word. Dit verleng die bestaan tyd van die selle en hierdie verskynsel rugsteun die hipotese van die stoor van inligting ...”Die molekulêre samestelling van water is in effek die alfabet van water. Deur die letters te groepeer kan data en inligting bekom word...” Professor Rustom Roy van die Universiteit van Pennsylvania, en ook lid van die Internasionale Akademie vir Wetenskap, gaan verder en verklaar dat ...”water waarskynlik die wêreld se enigste, en mees vloeibare rekenaar is...”I

n die winter van 1818 het die skip ‘Lara’ op ‘n tog tussen Liverpool en San Francisco aan die brand geslaan en moes die bemanning en passasiers die skip verlaat. Kaptein Niel Carrie was een van die oorlewendes wat in die reddingsbootjies op die see gedryf het. Die bietjie vars water wat hulle by hul gehad het, het opgeraak en baie gou was dit duidelik dat hulle van die dors sou omkom. Hulle het eers na drie weke op die see land bereik, maar nie een van die mense het gesterf nie. Hulle oorlewing was merkwaardig. Kaptein Carrie wat ‘n nugter denkende mens was, het vertel dat hulle op ‘n stadium gedagtes verwissel het, saam gedroom het en hulle verbeel het dat die water om hulle vars water was. Op ‘n ingewing het hy oor gebuk, ‘n hand vol water opgeneem en dit in sy mond geplaas – die water was vars en hulle kon dit drink. Dit het hulle aan die lewe gehou.

Professor Konstantin Karotkov, ‘n wetenskaplike en Akademikus by die Russiese Akademie vir Wetenskappe, verduidelik dat navorsing duidelik aandui dat diverse faktore elk verskillende effekte op water uitoefen. Hulle het water monsters met magnetiese velde, elektriese en verskeie velde getoets. Die interessantste is egter eksperimente wat hulle uitgevoer het ten opsigte van die effek wat menslike teenwoordigheid en veral menslike emosies op water het. Daar is gevind dat negatiewe emosies die grootste impak op water het. Professor Karotkov het mense gekry wat goeie en gesonde emosies soos liefde, teerheid en ontferming op ‘n fles water in sy laboratorium projekteer het en toe is daar op ‘n ander fles van dieselfde waterbron negatiewe emosies soos vrees, aggressie en haat projekteer. Elektroniese afmetings is toe van die water in beide flesse geneem en daar was ‘n duidelike beweging in verskillende rigtings by die flesse. Die bevinding volgens die afmetings was dat liefde die energie vlak van die water verhoog en dit stabiliseer, terwyl die aggressiewe emosies, die energie vlak van die water drasties verlaag het en ook drastieser veranderings aan die water teweeggebring het.

Doktor Emoto Masaru, is ‘n leidende Japannese navorser en hy verrig baanbrekers werk met die ‘emosies van water’ “Water has a memory of its own...” sê hy onomwonde. In sy laboratorium neem hy verskeie water monsters wat aan verskillende effekte blootgestel word, en vries dit dan teen ‘n baie vinnig sodat die afdruk wat die emosie op die water gemaak het vasgelê word. Hierdie bevrore skywe water word dan onder ‘n baie sterk mikroskoop geplaas. Mense, dit is verstommend om die verskillende patrone in die water monsters te sien. Die water wat die woord ‘dankie’ opgeneem het, het ‘n ses puntige perfek gebalanseerde ster agtige vorm met ‘n pragtige sirkel in die middel, en dit het ‘n ligte blou kleur. ‘Verskoon tog’ se vorm is minder kompleks en die buitenste vorm is meer afgeplat met ‘n ovaal in die middel, dit is steeds deurskynend en effe ligblou. ‘Jy walg my’ is ‘n deurmekaar blerts, bruinerig soos koffie, met ongelyke kolle in.

Hulle het water geneem, positiewe effekte daarop laat inwerk en toe saad daarin laat ontkiem. Daar is gevind dat die pante uit die saad wat in die ‘gelukkige’ water ontkiem het baie beter gegroei het en die minerale in die vrug van die plant was baie meer gekonsentreerd. Die plante het deurgaans ook minder water nodig gehad en geen kunsmis nie. Die water wat gebruik is het nie sy komposisie verander nie, dit het H2O gebly, maar die struktuur het verander. Insiggewend van hierdie verskynsel, en dit dra volgens my waarneming by tot die metafisiese agter die storie; is dat die wetenskaplikes kan bepaal ‘hoe’ die struktuur verander, maar gladnie ‘waarom’ nie. Die ‘waarom’ is vir my soos ‘hoe’ ‘n by weet welke blom die beste nektar bevat... sien my artikel: ‘Die God van die By’

Ons weet almal dat die mens, afhangende van sy of haar ouderdom uit 70 -75 % water bestaan, die gemiddelde volwasse mens drink ongeveer twee liter water om aan die gang te bly, ‘n ander 1.5 liter water word deur die vel opgeneem wanneer mens bad of stort. Dit is algemene kennis dat ‘n nedersetting in die ou dae ontstaan het waar daar natuurlike water was. Vandag maak dit nie saak of daar natuurlike water is nie, want ons vervoer nou water vir duisende myle teen ontsettende hoë druk en spoed. In die natuur vloei riviere en strome altyd teen ‘n gladde, kronkelende natuurlike roete. Maar die watervoorsiening van vandag laat die water deur pype gaan waar daar verskillende druk, kleppe menigvuldige negentig grade hoeke in die pype, en draaie is. Die natuurlike struktuur van die water word progressief afgebreek soos wat dit aan hierdie toestande onderwerp word. Die kristalle van die water wat so aan ons voorsien word, is deur die mikroskoop gesien, verwronge en misvormd. Daar is geen simmetrie of skoonheid soos by natuurlike water nie. Water wat deur al die afvoer en aanvoerstelsels gaan is van alle die energie en krag ontneem. Iemand wat met hierdie water in aanraking kom, word van krag getap, want die water trek al die energie uit die mens uit. Meeste van die groot stede het ‘n geslote sirkel sisteem. Dit beteken dat die water nadat dit gebruik is weer gesuiwer word en dan her sirkuleer word. Dink vir ‘n oomblik aan die ‘informasie besoedeling’ waaraan hierdie water blootgestel word soos wat dit deur duisende en duisende huishoudings en pype gaan. Ons besoedel die water geestelik. Die water neem al die haat en aggressie wat ons uitstraal en openbaar op, al die kwaadwilligheid en die spanning – die water is amper dood wanneer dit ons liggaam binnegaan.

“Alles dui daarop dat die eerste lewende organismes in water voorgekom het, en dat lewe buite die water ‘n latere gevolg was...” aldus Dr. Kurt Wurtlich, Nobel Pryswenner van Switserland. Dit is dan ook seker nie toevallig dat die openings lyne van die Bybel van water praat nie...”En die aarde was woes en leeg en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters...” Net soos wat die beelde wat ons gaan skep in die stukke klei is wat ons brei, net so was die beelde van die toekomstige lewendige organismes in die water teenwoordig. Die water het doodeenvoudig ‘n vooraf bepaalde konsep en ‘wil’ voortgebring. Enige proses wat ontstaan het ‘n impuls nodig. Al die wyse manne uit die antieke verlede het geglo dat die lewe uit ‘n Goddelike impuls ontstaan het. Hierdie impuls in die water het ‘n gevolg gehad. Dit word duidelik daarin weerspieël dat elke lewende spesie, van die eenvoudigste bakterieë tot by die mens, na sy eie perfeksie strewe. Die Koran sê dat water deur die wil van God, ‘n rol met die skepping van Adam gespeel het. Miskien voeg Professor Martin Chaplin, die laboratorium Hoof van die Londense Universiteit wetenskaplik sterk hierby aan: ...”Scientists should look more closely at how water interacts with it’s molecules. At molecular level it constructs the structure of DNA, we would not have the DNA helix without water. It creates the structure of proteins. Our bodys would not exist without water...”

Die vernietigende waterstofbom wat die mensdom vervaardig het, is nie net uit water vervaardig nie, maar het ‘doods rimpelinge’ op die water in die atmosfeer en op die aarde gelaat. Die golwe van die ontploffing het baie gou in die grond weggesterf, maar dit het vir dertig dae in die water gefluktueer. Soos ‘n pendulum wat heen en weer swaai het dit ‘n nuwe patologiese orde in die water meegebring. Daar is gemerk dat die getal selfmoorde drasties toegeneem het elke keer wat daar sulke toets ontploffings uitgevoer is. Hierdie toename het met ‘n faktor van tot drie toegeneem en die medici kon dit nie verklaar nie, maar die ‘water kundiges’ meen dat dit baie maklik verduidelik kan word:

Professor Doktor Victor Inyushin, Hoof van die Biofisiese departement van die Kazhakstan Universiteit verduidelik, die feit dat die brein uit 85% water bestaan, maak dat hierdie veranderinge in die brein ‘n effek neem. ‘n Konflik ontstaan tussen die water strukture in die brein. Die Bioplasma in die brein word ontwrig en die mens word van die mees basiese impulse ontneem, selfs die wil om te lewe. Indien mens water goed sou behandel en dit blootstel aan positiewe impulse, dit seën, jou dank daaraan betuig, jou dank daarvoor uitspreek, soos met ‘n tafelgebed, sal die water positief reageer en die kwaliteit daarvan sal verhoog en die kompliment uitstraal meen Allois Gruber, ‘n navorser van Oostenryk.

Ek sien dit as volg:

Die wil van die mens, hetsy deur ‘n geestelike handeling soos ‘n opregte en rein gebed straal ‘n energie impuls uit wat deur die water opgeneem word en in daardie ‘onverklaarbare’ dog teenwoordige databasis of ‘ontvanklikheid’ wat die wetenskap wel bevestig, opgeneem word wat dan ‘n dien ooreenkomstige komplimenterende reaksie bewerkstellig.

Daar staan in die kronieke opgeteken dat Kloostervader Carl Gistensis, in 1472 valslik daarvan beskuldig is dat hy die siekte van ‘n prominente ryk vrou veroorsaak het. Hy is in ‘n kerker opgesluit en het vir ‘n tydperk van veertig dae lank elke dag net ‘n stukkie droë brood en ‘n bakkie vrot water gekry. Teen die einde van die tydperk het die wag gemerk dat Carl Gistensis nie net oorleef het nie, maar dat hy inderdaad gesonder daar uitgesien het. Hierdie situasie het daartoe bygedra dat hy verder gemartel is omdat sy ongewone toestand aan bose magte toegeskryf is. Onder wrede marteling het Gistensis erken dat hy elke dag ernstig oor die water gebid het en seëninge daaroor uitgespreek het, waarop die water skoon en vars geword het.

Voormelde Professor Konstantin Karotkov het ‘n eksperiment uitgevoer met geëmulgeerde ruolie, wat ‘n byproduk van olie produksie is. Dit bestaan uit ‘n stabiele kombinasie van water en olie. Hy het die olie in twee verskillende glas flesse gegooi en die een met elektroniese impulse bestraal. Die elektromagnetiese impulse waarmee Karotkov die ruolie bestraal het was gelykstaande aan die elektromagnetiese impulse van die menslike hart. Na sewe dae was die water heeltemal van die olie geskei, waar dit andersins vir ewig gemeng sou bly.

In die volgende gedeelte sal ons kyk na toetse wat gedoen is met natuurlike water wat nooit met mense in aanraking gekom het nie en word die tema opgebou tot die krag in die boodskap.



Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag

Die vierde fase van water: Dr. Gerald Pollack




Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.