Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens

Morele Alzheimer

Deur: Waldor



Die inmekaar tuimel van die ‘Twin Towers’ het die Engelse en Amerikaners met ‘Morele Alzheimer’ gediagnoseer, ontbloot dat hulle in ‘n ernstige graad daaraan ly.

‘Twee Torings’ met 2974 volwassenes van hoofsaaklik groot besighede, baie van ander lande, in ‘n stad met ‘n bevolking van 18, 976 457; en die wêreld is in rep en roer! Die stof het skaars gaan lê, toe verskyn die Amerikaners as ‘Terrorist Busters’ in volle mondering, met die Engelse in hulle ‘kunsmatige slipstream’. Die “Johnny come Lately’s” in die stryd teen terrorisme. Of moet Waldor eerder sê: “Jeckel & Hyde’s”

Waldor se broer sê altyd dat Alzheimer nie so sleg is nie, want dan kan jy jou eie paaseiers wegsteek. Altemit!

Nou dink Waldor aan Dresden, Nagasaki en Hiroshima. Hierdie ‘eiers’ sal mens net kan vergeet as jy baie siek is, so siek soos die nuwe Hollywood “Koevoete” en Londense ”Selous Scouts” in die Midde Ooste.

Dresden was nie die Trade Centre se ‘Down Town Manhattan’ nie. Dit was allerweë beskou as een van die vier mooiste stede in die wêreld - Die kultuur historiese baken van Europese voortyd. Die “Florance langs die Elbe”. Vir meer as twee honderd jaar het estete, kunstenaars en kultuur liefhebbers van dwars oor die wêreld Dresden besoek om hulle te verstom aan die kultuur en historiese rykdomme van dié sprokiestad. In die Zwinger Paleis, die Dresden Staat Operahuis en historiese kerke soos die Hofkirche en die Kreuzkirche, is Europese herkoms vir die mensdom verewig.

OP 13 Februarie 1945, slegs 49 dae voor die einde van die oorlog was daar ‘n toéloop in Dresden. Etlike duisende vlugtelinge het daar ‘n heenkome gevind soos wat hulle uit die Weste voor die Bolsjewistiese hordes weggevlug het. Dresden was uit die spervuur van al die bombarderings omdat daar feitlik geen militêre instellings was nie, en die bevolking hoofsaaklik uit vroue, kinders, en ou mense bestaan het – kortom, daar was geen rede om die stad op so ‘n stadium van die stryd te teiken nie. Daar was op daardie stadium geen lugafweer kanonne of soekligte in en om Dresden nie. Een van die enkele bomskuilings onder die spoorwegstasie, was gebou vir 2000 mense, maar was oorpak met 6000 vlugtelinge.

Die stad was relatief rustig toe dit begin skemer word. Min wetende dat Winston Churchill, die Engelse Eerste Minister, en Woodrow Wilson, meer diaboliese planne gehad het as wat Bin Laden ooit kon koester met die ‘Trade Centre’.

Die Geallieerde magte se heel beste bomwerpers met die mees vernietigende bomme van die hele oorlog was enkele minute van die Dresden af en op pad met Magnesium Brandbomme. Nege Mosquitos van die ‘Royal Airforce’ het brand fakkels (merkers), strategies gegooi en versprei, sodat die bomwerpers kon sien waar hulle goed en strategies effektief kon tref. Die middestad was die eerste teiken. 796 Lancaster Bomwerpers het in 3 ure 1,478 ton plofbomme en 1,182 ton brandbomme gegooi. Daar is gewag totdat die nood dienste en hulpverlening dienste net mooi aan die gang was, toe slaan die Amerikaners toe met hul ‘Flying Fortresses’ en ‘Liberators’. Hulle het 1,800 plofbomme en 136,000 ‘firesticks’ gegooi. Hierdie is die volgende oggend baie vroeg, opgevolg met ‘n verdere 3,700 bomme.

Die inwoners en vlugtelinge wat nie verbrand het nie en wat te voet gevlug het is deur die begeleidende vegvliegtuie se Masjiengewere afgemaai. Die lug in en om Dresden het temperature van 1800 grade Fahrenheit bereik. Die vure het die suurstof opgesuig en diegene wat wel die bomskuilings bereik het, het verkool en versmoor. Mense wat in die plein se groot fontein gespring het, het dood gekook. Vrouens en kinders se voete het in die teer vas gesmelt.

Tagtig persent van Dresden was vernietig en 35,000 vrouens, kinders en ou mense het omgekom.

Toe kom Nagasaki en Hiroshima – beide stede het ook slegs burgerlikes gehuisves, hoofsaaklik vrouens kinders en ou mense soos in die geval van Dresden.

Die twee atoombomme wat op genoemde stede gegooi is, is met tipies Amerikaanse melodrama, onderskeidelik: “Little Boy” en “Fat Man” genoem. In Hiroshima het daar 140,000 en in Nagasaki 80,000 mense omgekom.

Die stad Kyoto was aanvanklik geteiken, maar Amerika se Oorlog Sekretaris het dit geskrap omdat Generaal Lesley Groves te veel sentimente aan die plek geheg het aangesien hy sewe dekades vantevore sy wittebrood daar gevier het!

Tussen die Amerikaners en die Engelse het hulle op die lafhartigste manier denkbaar, altesaam 255,000 vrouens, kinders en ou mense wreed gedood. Voeg ons 29,000 vrouens en kinders by en 284,000 onskuldige siele roep uit om vergelding.

Hoe vergelyk die 2974 geld woekeraars van Down Town Manhattan, met die oorlog bloed aan die hande van die wêreld se ‘beskermhere teen World Terrorism’ dan?

Pastoor Hoch en sy vrou het op 14 Februarie 1945 op hul balkon aan die buitewyke van Dresden gestaan en geskok na die vlammesee in die stad gekyk, toe hul pro Nazi buurvrou vir hulle skree:

“So, Frau Hoch, was Goebbels reg of nie? Is die Engelse kriminele of nie?”

Waldor wil vir Frau Hoch se: “ Waldor wonder nie, Goebbels was inderdaad reg!”

Waldor se pa het geweier om vir die Engelse teen Duitsland te veg, en Waldor gaan ‘n ekstra ruiker op sy graf sit wanneer ek huis toe gaan.

Waldor Wonder waar is Churchill se graf, want ek sal iets anders daarop wil doen!


Waldor:


  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag