Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

Nobel Vredesprys Deel I

Deur: Waldor



Waldor wil vir die doeleindes van die saak wat hy wil aanroer, na Nelson Mandela kyk. Eenvoudig omdat ons almal ietwat van hierdie ‘wêreld liefling’ af weet. Hierdie ikoon der ikone - die Moeder Theresa onder die manne – die Afrika Messias...

Nelson Mandela het die Vrede Prys in 1993 ontvang en het in sy ‘suigstroom’ ‘n meeloper gehad, wat as troosprys die ander helfte van die toekenning gekry het. Oor die meeloper wil Waldor nie hier uitbrei nie, want hierdie onderwerp handel nie oor verraad nie, maar oor sógenaamde meriete. Miskien kan Waldor ander dag skryf oor die ‘Judas Prys’ dan sal Mandela se ‘tailgunner’ ter sprake kom, want so ‘n prys val eerder in hy wat FW is, se kategorie.

Van Mandela word daar geskryf:

“Nelson Mandela is ‘n simbool, ‘n ikoon, een van die wêreld se mees befaamde staatsmanne wat deur álmal erken en bewonder word. Hy dineer met koninklikes, verkeer met die magtige leiers van die wêreld en sy mening oor alle gewigtige sake word opgesoek. Hy het ‘n bykans goddelike status in die wêreld gekry, gelykstaande aan die van die Pous en Prinses Diana.”

Maar, daar is ook op rekord geplaas:

“Ek was diep geskok en kon skaars glo wat ek in die dokumente, wat of in hul eie handskrif was, of in hul besit gekry is, gelees kon word. Hierdie dokumente het duidelik aangedui dat die beskuldigdes opsetlik en kwaadwillig dade van geweld en vernietiging dwarsdeur die land, beplan en in werking gestel het. Dit was gemik om chaos, wanorde en onrus in die Republiek van Suid Afrika te skep wat volgens hul planne vererger sou word deur die aksies van duisende guerrilla vegters wat dwarsoor die land ontplooi was...”

Dit is die woorde wat Adv. Dr. Percy Yutar, geskryf het in die proloog van Lauritz Strydom se boek “Rivonia – Masker Af”. Dr. Yutar het hier verwys na die dokumente wat ingedien is as bewysstukke in die Hoogverraad saak – die “Rivonia Saak” – wat op 20 April 1964 ‘n aanvang geneem het in die Hooggeregshof in Pretoria. ‘n Saak waarin Mandela en andere tereggestaan het. Mandela was die hoof beskuldigde en Dr. Yutar was die Staatsadvokaat.

Mandela en sy mede beskuldigdes is vir Hoogverraad aangekla nadat die Veiligheidspolisie op die landgoed “Liliesleaf” van die Jood Goldreich, in Rivonia toegeslaan het. Dit was die hoofkantoor van die ANC en daar het die Polisie afgekom op die gedetailleerde beplanning van ‘n staatsgreep met die kodenaam “Operation Mayibuye”. Mandela was die hoof beplanner en in bevel van die hele operasie:

Ongeveer 7,000 professioneel opgeleide oorsese guerrilla vegters sou op ‘n gegewe tyd dwarsoor die land toeslaan en vir hierdie doel is daar voorsiening gemaak vir 210,000 handgranate, 48,000 anti personeel myne, 1500, tyd meganismes, 144 Ton Ammonium Nitraat, 21,6 Ton Aluminium Poeier en een ton Swart Poeier. Die guerrilla vegters sou aan die Transkeise kus land, en dan aansluit by verskeie selle plaaslike terroriste in die hele land. Totale chaos en bloedvergieting was die sentrale mikpunt.

Benewens verskeie ander klagtes onder Die Wet op ‘Onderdrukking van Kommunisme’, Wet 44 van 1950, is Mandela gekoppel aan, en aangekla vir, 193 gevalle van terrorisme in die tydperk tussen 1961 – 1963.

In ‘n dokument: “How to be a Good Communist”, wat Mandela opgestel het en wat as bewysstuk ingehandig is, het hy onder andere geskryf:

“Onder ‘n Kommunistiese Regering sal Suid Afrika ‘n land van melk en heuning word. Politieke, ekonomiese en sosiale voorregte sal nie meer slegs deur Blankes geniet word nie, dit sal eweredig deur Blankes en Nie Blankes gedeel word. Daar sal genoeg grond en huise vir almal wees. Daar sal geen werkloosheid, hongersnood en siektes wees nie”.

Daarin het hy ook geskryf: “Shamelessly attack the weak and shamelessly flee from the strong”

Mandela was veronderstel om die doodstraf te kry, maar as gevolg van ongeëwenaarde buitelandse druk het hy en van sy mede beskuldigdes bo oor die wet, lewenslange tronkstraf gekry.

In sy biografie “Long Walk to Freedom” erken Mandela dat hy die opdrag vir die Kerkstraat bom uit die tronk geteken en goedgekeur het. Die bom is spesifiek om 16h30 afgesit op Vrydag 20 Mei 1983, gedurende spitstyd, om die meeste van die publiek en lede van die Lugmag Hoofkwartier in Pretoria te tref wanneer hulle van diens af gaan. Daar is 19 gedood en 200 gewond waaronder verskeie vroue en kinders. Indien mens na die tydvak kyk dan het Mandela die daad laat pleeg na 18 jaar in aanhouding, wat aandui dat daar geen berou of omkeer teenoor geweld was nie. Die bom het op daardie dag Waldor se kantoor twee blokke verder geruk en Waldor het die bloedvergieting aanskou.

Wat die verstand te bowe gaan, is dat hy wat Mandela is, dit gladnie so sleg in aanhouding gehad het nie. Nadat hy van Robben Eiland af oorgeplaas is na die Pollsmoor Gevangenis in April 1984 en later na die Victor Verster Gevangenis naby Paarl in Desember 1988, het hy ongewone voordele en vryhede geniet. Hy het op die onkoste van die belasting betaler, vrye toegang gehad tot telefone en faksmasjiene vanwaar hy die ANC kon lei. Hy het ‘n privaat woning gehad waar sy familie hom in totale privaatheid kon besoek.

Nadat hy op 11 Februarie 1990 vrygelaat is het hy in ‘n uiters luukse huis in een van die rykste buurte van Johannesburg ingetrek. Hy het egter ‘n karige vier kamer huisie in Soweto aangehou en voorgegee dat hy daar woon en mense van die pers en die media daar ontmoet en sy foto’s daar laat neem, om die indruk te skep dat hy ‘n nederige bestaan voer, wat by sy ideologie pas. Slegs vier jaar na sy loslating is hy van Winnie Mandela geskei en het hy haar etlike miljoene in ‘n skikking betaal. Waar sou hy die geld gekry het?

Het Mandela berou gehad oor sy dade? Het hy ‘n omkeer gemaak nadat hy vrygelaat is? Het hy geweld afgesweer, wat het hom laat kwalifiseer het die Nobel Prys vir Vrede?

In 1991 het hy en Winnie, na wat hulle hul “Tweede Huis“ in Kuba genoem word, gegaan om die herdenking van die ‘Kommunistiese Rewolusie’ saam met Fidel Castro te vier. Daar het Mandela in sy toespraak gesê: “Lank lewe die Kubaanse Rewolusie. Lank lewe Fidel Castro...” en verder “...Daar kan geen oorgawe wees nie. Dit is ‘n saak van Vryheid of die dood.”

Toe hy in Amerika was het hy stellings in die openbaar gemaak wat daarop neerkom dat hy geweld en terrorisme vir politieke doeleindes, goedkeur. In ’n toespraak in Harlem waarin hy verwys het na vier Puerto Ricaanse terroriste wat vyf Amerikaanse Parlementslede in 1954 doodgeskiet gesê: “Ons ondersteun die saak van énige iemand wat vir selfbeskikking veg en ons houding is die selfde, maak nie saak wie dit is nie. Ek sal geëerd voel om op die selfde platform te sit saam met die vier Kamerade waarna julle verwys.”

Die probleem is, dat Mandela, behalwe vir die feit dat hy ‘n aangename persoonlikheid presenteer, amper niks in sy relatiewe kort loopbaan as politieke leier van Suid Afrika bereik het nie. In die kort rukkie het die land verval tot status van die land met die hoogste misdaad en geweld syfers. Om daarby te voeg, het Mandela as sy beste vriende, Kommuniste en diktators soos Fidel Castro, Moammar Qaddafi, Yasser Arafat en Saddamm Hussein. Sy gewese vrou, Winnie Mandela was ‘n self erkende aanblaser van geweld en het selfs ‘n moord gepleeg.

Dit in die korte, is die rekord en nalatenskap van die ‘Nobel Vredes Ikoon’ met sy:

“Onder ‘n Kommunistiese Regering sal Suid Afrika ‘n land van melk en heuning word... Daar sal genoeg grond en huise vir almal wees. Daar sal geen werkloosheid, hongersnood en siektes wees nie”.

Is dinge dan nou soos hierdie liefling profeet se geskiedkundige woorde voorspel?

En hy bou vir hom en sy eertydse Kommunistiese kameraad se vrou ‘n Kasteel, terwyl die mense wat hom ondersteun het, staak weens besware in ‘n chaotiese Suid Afrika wat onder sý ideologie en deur sý ondersteuners, en vryheidsvegters regeer word...

Nou wonder Waldor, as ‘n wolf beloon kan word vir skape oppas, is daar dan iewers tog ‘n skaapwagter wat nie beloon is nie?

In deel twee is daar so ‘n skaapwagter, wat deur die regte wolwe as wolf voorgehou is!


Waldor:


  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag