Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
Ons Grensoorlog Verraad

‘n Volk en ‘n mensdom se vryheid moet sy eerste en sy hoogste doelwit wees. Sonder vryheid en ‘n grondgebied waarin ‘n volk sy eie nasionale strewes kan verwesenlik, is die lewe doelloos. Die Afrikaner was in die geskiedenis deurgaans in ‘n stryd gewikkel om heerskappy oor die grondgebied waarvoor hy die grootste offers moes bring. In ‘n oorlog tussen twee volkere se weerbare mans was daar ‘n wrede en lafhartige aanslag op die weerlose vroue en kinders van die Afrikaner, en moes ons 29,000 van die beste bloed van ons dierbares afstaan. Dit was die hoogste offer wat die Afrikaner in sy ganse geskiedenis gebring het. Dit was die prys wat ons moes betaal vir die strewe om vry te wees. Elke siel wat daar opgeoffer is ‘n lewende monument wat dien as oproep tot die nageslag om te veg vir ons vryheid met alles wat ons het en tot die bitter, bitter einde. Ons vyande het sedertdien verander en vermeerder en ons geveg om vryheid het nie afgeneem nie. ons moet aldeur aan veg om vry te wees: “vry van oorheersing deur buitelandse moondhede, vry van oorheersing deur die grypsugtige geldmag, en vry van oorheersing deur die swart getalle...” het Mnr. Jaap Marais gereeld in die media gewaarsku...

Hierdie beklemmende woorde van Mnr. Jaap Marais beskryf myns insiens die ‘groter doel’ waarvoor ons destyds met soveel trots en patriotisme ons land op die grense van Suid Afrika verdedig het. Waarvoor ons soggens en saans met godsdiens parade in die afgeleë basisse voorlesing gehad het, ernstig gebid het, en dan... onder ons pragtige ou vlag uit volle bors die stem laat dawer het terwyl die trane van trots in baie oë opgewel het. Dit was die grootste trots wat ooit in my bors kon bruis – die wete dat ek die voorreg gehad het om ter beskerming van my land en sy mense by die huis, te kon gaan stelling inneem tussen hulle en die bedreiging.

As ek nou na die situasie in my land kyk. En ek sien hoe dié wat ons van ons grense af probeer weghou het, nou die land regeer en alles daardeur in duie stort... En ek sien hoe die eens trots en parate Polisie en Weermag nie eens ‘n skaduwee is van wat dit daardie tyd was nie. En as ek moet aanskou hoe die land se ekonomie en bowenal die veiligheid in chaos verval het; dan voel ek nog meer trots dat ek dáárteen geveg het, en dat ek soos soveel andere, my bydrae gelewer het om dit te probeer verhoed. Dan is ek nog meer oortuig van die saak waarvoor ons gestaan en baie voor geval en gesterf het. Maar dan ook, wel daar iets in my op wanneer andere wat saam met ons geveg het, nou liberale geluide maak en daarvoor verskoning vra en hul berou daaroor uitspreek dat hulle teen Kommunisme geveg het ... Wit Afrikaner mans wat so verkanker, vervreem en verpap het, dat hulle bieg, en tjank, en voete was, en eersgeboortereg op die mees lafhartigste en skandaligste maniere denkbaar verkwansel en verpand op die altare van dié teen wie ons jong manne die grootste offer gebring het. Wit Afrikaner mans met Europese vanne en name, wat hulle rug draai op die grootste eer wat ‘n man kan beval. Wit Afrikaner mans wat deur wil en daad flagrant lafhartig en skandalig die heilige grafte van ons 29,000 offers skend.

Maar dalk is dit te verstane as mens in gedagte hou wat Ezra Pound in sy uitstekende werkstuk ‘Impact’ geskryf het. Hy maak dit tog so duidelik: “It may be mere chance that I never met an honest pacifist... I have never heard of any pacifist organization that will face facts” Professor Revilo P. Oliver vat die omstandighede waarin die Westerse mens hom tans bevind vas wanneer hy skryf: “We are born into this time, and there is no escape from it save in death. Our situation is desperate, and we can afford no illusions, no retreat into a land of dreams. Now, more than ever, optimism is cowardice” Maar erger as hierdie verraaiers en ‘gatomswaaiers’ is die leiers - ons Ministers en ons Generaals - wat oor borde beeshaas en voor glase wyn dineer het, en ons land uitverkoop het terwyl ons met ons alles geglo het in die saak... Aan die hand van die onderhandelaars en die swigters is oorlog nie meer ‘n professie nie, dit is bekonkel tot ‘n industrie, ‘n besigheid, ‘n speelbal in die hande van die politici wat op die beurt marionette is in die hande van maghebbers met verskuilde agendas...

Teen 1983 was daar bykans 1000 jong manne van Suid Afrika al in die operasionele gebied dood, terwyl duisende terselfdertyd verwond en vermink is. Die geldelike kostes van die oorlog was op R2 tot R3 miljoen per dag beraam, en dit was sonder dat die beskadiging of vernietiging van vliegtuie en voertuie in ag geneem is. Jong menselewens is onderbreek met onmeetlike implikasies vir die groei en vooruitgang van ons volk. Die ekonomiese en sosiale ontwrigting wat die twee jaar verpligte diensplig gehad het, het arbeidstekorte en gesinsprobleme tot gevolg gehad. Huwelike is verongeluk, en talle ander implikasies wat swaar op ons land gerus het; moes ons leiers genoop het om daartoe gerig te wees om korte mette te maak van die terroriste.

Wanneer dit om ‘n volk se vryheid en vaderland gaan is geen prys te hoog om te betaal nie. Opoffering in ‘n oorlog kan ‘n verheffende uitwerking op ‘n volk hê as hy weet waarvoor hy veg en as sy vaderlandsliefde en vryheidsliefde aangevuur word deur sy leiers soos in die dae van genl. De Wet en genl. De La Rey. Maar daardie oorlog van ons is baie anders geveg, want ons het anderste leiers gehad. Leiers wat ander agendas gehad het as die patriotisme en vaderlandsliefde wat in die borste van ‘n De Wet of De La Rey geswel het...

Ek en ‘n vriend het op 1 Maart 1994 ‘n privaat besoek afgelê by Generaal Lothar Neethling... Die leidende forensiese wetenskaplike van sy tyd en ook die stigter en Bevelvoerder van die Polisie se Forensiese Wetenskap Laboratorium en aan die einde, Adjunk Kommissaris van Polisie. Generaal Lothar Neethling was eintlik Lothar Paul Tietz, ‘n Duitse wesie wat na die Tweede Wêreldoorlog uit Duitsland na Suid Afrika gekom het nadat hy as dertienjarige te voet met sy boetie op sy rug oor die grens gevlug het voor die aankomende Russe, en hier aangeneem is deur Dr. JC Neethling, wat aan die spits gestaan het van die aanneming van Duitse wesies in Suid Afrika. Dr. Neethling was getroud met Anna Neethlingh Pohl, vir baie jare die doyenne van die Afrikaanse teater. So Generaal Neethling was uit die staanspoor en uiteindelik die produk van ‘n kombinasie van Duitse breinkrag en die milieu van prima Afrikaner geleentheid... Maar hy is later deur die verraaier Dirk Coetzee geïmpliseer in die maak van giwwe wat hy wat Dirk was, te enige tyd by of Lothar se privaat woning kom gaan haal of by sy kantoor waarmee hy ANC kaders kon vergiftig. Generaal Neethling was ook dadelik na die toneel geneem waar Samora Machel se vliegtuig geval het, en het daar beslag gelê op die ‘swart opnemer’ en het dit in hande gehad en gehou, en geweier vir ‘n ruk dat die internasionale ondersoekers dit kon kry...

So, Lothar Neething was ‘n man, ‘n Generaal gekap uit een stuk. Daardie vroegaand van 1 Maart 1994, het ek en my vriend ‘n oorspronklike Nazi Offisier Pet uit die Tweede Wêreldoorlog, wat my broer as versamel stuk gekoop het vir die Generaal gaan wys. Daardie aand, kort na ons het ‘n ander Generaal ongenooid en onverwags daar opgedaag - Generaal Mike Geldenhuys. Die tweede Kommissaris waaronder ek in die Polisie gedien het. Maar hierdie keer was ek nie meer die grootoog konstabel nie en het ek hom met ‘n ander oog gekyk, want dit was hy wat daardie tyd vir Oom Jaap laat toesluit het toe hy as leier van die HNP, en andere, ‘n petisie na John Vorster se ampswoning wou neem omdat hy besig was om Rhodesië uit te verkoop aan die Kommuniste. Daar terwyl ons besig was om gewigtige Duitse dinge oor ‘n Chivas Regal en soda met die een sterk generaal te bespreek kom die Generaal wat mense toesluit wat in belang van die Witman opstaan, en hy verkondig dat Generaal Constant Viljoen ‘n nuwe konserwatiewe beweging gaan begin – Die Vryheidsfront. “Daar moet opgetree word...” verkondig die oud Kommisaris...en ek dog, ‘jou bliksem, sê jý wat Vorster se handlanger was wat die HNP lastig geval het, en dan hoor ek nog verder die naam van ‘n groter verdagte - Constant Viljoen! Constant Viljoen een van die groot leiers tydens ons grensoorlog!

Ons het gegroet en is reguit na Oom Jaap Marais se huis in Van Soelenlaan Rietondale waar ons soos altyd gul ontvang is en waar ek menige ure met Suid Afrika se voorste Politieke kenner spandeer het. Toe ons hom inlig van die gebeure het hy sy kenmerkende glimlag gegee en sy ewe kenmerkende: “Ag so!” geuiter. “‘n afgetrede Generaal met ‘n ‘geskiedenis’, tree tot die regse politiek toe -dit is baie betekenisvol” het Oom Jaap opgemerk “hier kom ‘n baie verdagte okkupasie van ‘n regs gematigde politieke ruimte”

‘n Paar dae later is daar ‘n klop aan my deur en ‘n inwoner van die dorpie waar ek woon, en wie ek ken stap my huis binne. Hy wil iets dringend met my bespreek. Hy vertel my van die stigting van die Vryheidsfront en vra of ek nie betrokke wil raak nie want nou gaan daar dinge gebeur vertel hy, want “Generaal Constant Viljoen het opgestaan!” sy oë glinster en hy sê: “die man wat voor sy troepe uitgery het op die grens...so goed soos Rommel...” Nou kyk, dít moes hy nie in my huis of selfs net in my teenwoordigheid gesê het nie! Ek het hom baie mooi verduidelik dat ek eerder voor ‘n vuurpeloton sou sterf as om enigsins met die Vryheidsfront assosieer te word, en dat Constant Viljoen nie eens ‘n ou vuil onderbroek van Rommel oftewel enige van Hitler se generaals waardig was nie. En ek het hom versoek om my huis baie vinnig te verlaat...

In 1993 maak Generaal Constant Viljoen in ‘n SATV uitsending die stelling ...”dat oorloë nie deesdae geveg word om te wen nie...” Hy het ook vroeër verklaar dat die oorlog om Suidwes-Afrika nie militêr deur een van die twee kante gewen is nie. Mnr. Marais wys daarop dat Generaal Viljoen kennelik baie ‘selektief’ met sy stelling was omdat hy van die hedendaagse oorloë wat groot aandag geniet het, verontagsaam het – Die VSA se oorlog teen Irak en ook die Britte se oorlog teen Argentinië om die Malvina-Eilande. Daar was wel ander oorloë wat anders geveg is, soos byvoorbeeld Korea, Vietnam, Mosambiek, Rhodesië, SWA-Angola – die sogenaamde “no-win wars”. “Maar dit verg geen diepgaande begrip om die verskil te sien tussen dié groep en die Malvina-Irak groep nie” skryf Mnr. Marais. Dit is eenvoudig dat oorloë teen kommunistiesgeleide terroriste nie geveg mag word om te wen nie. En Generaal Viljoen aanvaar klaarblyklik dié voorskrif.

Dit is in elk geval tot die letter gevolg in die Suidwes-Afrika-Angola oorlog. Op 20 Februarie 1981 het die Transvaler berig dat die bevelvoerder van die magte in Suidwes- Afrika, Generaal Charles Lloyd, gesê het: “Die veiligheidsmagte van SA en SWA kan Swapo totaal vernietig as dit nie was vir politieke en ander beperkings nie. Op 3 Augustus 1981 het Generaal Lloyd gesê dat: “sy troepe Swapo se basisse maklik kan uitwis, maar dit is nie die oplossing nie”. Hieruit is dit duidelik dat die kommuniste nie verslaan moes word nie. “Die oplossing”, het Generaal Lloyd gesê “sal op die politieke front gevind moet word – die politieke beperkings wat belet het dat Swapo vernietig kan word, was “dat Angola nie as ‘n vyand behandel word nie”.

Dit is die oorlog wat onder Generaal Viljoen as Weermaghoof geveg is – ‘n oorlog teen kommunisme wat nie gewen mag word nie, want die voorskrif is dat die Kommuniste nie militêr verslaan moet word nie sodat hulle die stryd by die onderhandelings kan wen.

Die skok hier lê daarin dat generaal Lloyd verklaar het dat dit baie duidelik is dat Swapo niks anders is as ‘n wapen in die hand van die Kommunisme om Suid Afrika uiteindelik “op sy knieë te dwing nie” Die Suid Afrikaanse regeringsleiers en die SA Weermaghoofde het geweet die Kommunistiese oorlog om SWA het daarom gegaan dat “Suider-Afrika op sy knieë gedwing” moet word. En tog is die oorlog van SA se kant onder die subtiele leiding van die Generaals geveg om nie deur ‘n militêre oorwinning dit te verhoed nie. Want op 20 Februarie 1981, sê Generaal Lloyd aan die Transvaler: “ Die veiligheidsmagte van SA en SWA kan Swapo totaal vernietig as dit nie was vir politieke en ander beperkings nie.”

Generaal Lloyd het in die selfde onderhoud met Die Transvaler verder gegaan en gesê dat die beperkings om Swapo te vernietig baseer was op die politici se eis “dat Angola nie as ‘n vyand behandel moes word nie” So, Suid Afrika is in ’n oorlog gewikkel, maar die land van waar die oorlog gevoer word, is nie ‘n vyand nie! Maar op 18 Februarie 1981 sê Generaal Magnus Malan “Om terroriste en saboteurs te huisves is ‘n daad van oorlog en aggressie”

Die Kommuniste se beplanning was dat dit ‘n 20% militêre stryd en ‘n 80% diplomatieke, sosiale, politieke en ekonomiese oorlog moes wees. Net soos wat die Sjinese Kommunis, Mao Tse-Tung dit beskryf het. Vir daardie 80% nie militêre stryd het die vyand tyd nodig gehad. Tyd om ons van binne af te oorwin. Hulle het dit probeer vermag deur dit teen ‘n lae intensiteit te voer. Daarenteen het ons die oorlog nie teen ‘n lae intensiteit gevoer nie. Teen ‘n verdediginsgbegroting van R2000 en R3000 miljoen per jaar, twee jaar nasionale diensplig en talle ander eise, het dit alles behalwe lae intensiteit beteken. Dit was heeltemal buite verhouding tot die insette van terroriste kant af. Daar is daardie tyd gesaghebbend verklaar, onder meer in die boek, ‘Nigerian Government and Politics under Military Rule’, dat vir ‘n leër wat terroriste beveg, om geloofwaardigheid te behou, ‘n sneuwelverhouding van 50:1 handhaaf moet word. Dit sou beteken dat daar vir die 1000 genoemde man wat Suid Afrika toe reeds verloor het, daar 50,000 terroriste moes geval het – en dit was by verre nie die geval nie!

Maar, dit was met die manipulasie van die teenstand in die 80% sosiale stryd wat die Kommuniste gevoer het, wat die Suid Afrikaanse leiers die verraad gepleeg het en die balans en verhouding van ons stryd op die slagveld pertinent benadeel het. Hoe die Suid Afrikaanse regering die oorlog gevoer het is gesaghebbend deur mnr. P. W. Botha as Eerste Minister en Minister van Verdediging op 25 September 1979 op die Kaaplandse kongres van die Nasionale Party gestel. “Met die militêre stryd” het hy gesê, “word tyd gewen sodat op diplomatieke, ekonomiese, en politieke gebied oplossings gevind kan word” (Beeld 26 September 1979).

Die invloed wat hierdie politieke beskouings op die oorlog gehad het en hoe dit ons ‘militêre oorwegings‘ oorheers het is baie duidelik aan die lig gebring deur erkennings van die Weermaghoofde self.

Generaal Magnus Malan, destyds Hoof van die weermag, het op 28 September 1976 by ‘n Broederbond kongres gewys op die gebrekkige wyse waarop die oorlog van Suid Afrikaanse kant gevoer word. Hy het genoem dat terwyl Suid Afrika se magte op die grens by Caprivi was, gereed om die terroriste te pak, “was die Regering besig om ekonomiese hulp aan Zambië te gee” Wat Mosambiek betref het hy ook gewys op die ekonomiese hulp wat die Suid Afrikaanse Regering aan Mosambiek gegee het, terwyl van militêre kant optrede teen Mosambiek beplan is.

Tog vier jaar later verander Magnus die militêre beskouing toe hy in die kader van beeshaas smullers opgeneem word as lid van die kabinet wat kos, petrol en spoorwegdiens aan hierdie vyandige state goedpraat en verdedig. Swaai hy ook gatom en rasionaliseer die gebrek aan ‘n wil om die oorlog met alle mag te voer.

Generaal Constant Viljoen op die beurt het in voorgemelde TV gesprek verskoning aangebied deur daarna te verwys dat na ‘n oorlog daar in elk geval onderhandel word. Dit wys net hoe hy redeneer, want die kant wat wen stel die vredesvoorwaardes, en die verloorder moet toegee. Dit is ook dan duidelik dat die ANC-SAKP na die oorlog die voorwaardes gestel het en die Suid Afrikaanse Regering toegegee het tot verskeie aspekte soos die vrylating van Mandela en andere, die ontbanning van die ANC en die Suid Afrikaanse Kommunistiese Party, die herroeping van verskeie van ons wette, die verwerping van apartheid en die terugkeer van terroriste, terwyl ons eise aan die ANC oor sy bande met die SAKP en sy metodes van geweld, deur die ANC verwerp is. Die ANC was dus in die posisie van die oorwinnaar.

Generaal Viljoen se aanvaarding van hierdie voorwaardes het ook toe op die ou einde in die Vryheidsfront soos ‘n prop uit die water geskiet toe hy as seflbetuigde militaris in die geheim onderhandel het met die SA Regering en met die ANC soos duidelik geblyk het uit die nuusberigte en hy het snaaks genoeg gesê dat hy in dié aksies steeds ‘n militaris en nie ‘n politikus is nie. Inderdaad was Oom Jaap se glimlag daardie aand in sy huis en die “ag so!” profeties... En die man wat na my huis gekom het, het weggesluip elke keer wat ons mekaar raakgeloop het. Want, die basis van waar Constant Viljoen onderhandel het was dat daar toegegee word aan die ANC-SAKP se aanspraak dat hulle Suid Afrika verower het. Generaal Viljoen wou wéér nie veg vir Suid Afrika nie, want, hy het as “militaris”, nie as “politikus” net 16% van Suid Afrika ‘terugvra’ vir ‘n Afrikaner/Boere Volkstaat.

Nee wat, nie Generaals of Ministers of leiers nie vriende. Hulle is ‘n gespuis wat ons manne op die grens uitverkoop het maar groter nog ons vrouens en kinders en die toekomstige geslagte ontneem het van die reg waarvoor ons 29,000 van ons beste bloed opgeoffer het... Terwyl ons kilometers met ons gewere deur die bosse geloop het en die vyand van ons voorstoep weggehou het was ons eintlik maar net besig om rondgeskuif te word vir politieke skaakmat!

Op 23 Maart 1973 terwyl hy nog Minister van Verdediging was verklaar P.W Botha (die Groot Krokodil), in die Volksraad ewe parmantig dat die Kommuniste van “agente van verandering” gebruik maak. Hy het gesê dat “Hierdie ‘change agents’ is ook volop in Suid Afrika. Om elke hoek tree hulle op as ondergrawers van die nasionale wil” (Die Transvaler 24 Maart 1973). Maar ses jaar later op 2 Desember 1979 plaas die Sunday Times ‘n artikel onder die opskrif “Agents of Change”. En die “agente van verandering” wat genoem word, is Nasionale Party leiers van bo tot onder. Nommer een is die Groot Krokodil , mnr. P.W. Botha self! Die ander wat duidelik genoem word is Piet Koornhof (hoe anders dan!), Pik Botha (te verwagte), dr. Gerrit Viljoen (verseker) en ... Generaal Magnus Malan... wel, nou weet ons.

Dit is wanneer die wagters hulle rug op die kudde draai en die hekke van die kraal oopmaak sodat die verslinders vrylik toegang het, wat die ‘verskansing’ tevergeefs opgerig en onderhou is... Ons is uitverkoop, en die uitverkopers spring openbare teregstellings gerieflik vry deur rustig natuurlik dood te gaan terwyl hulle heerlik slurp aan die lensiesop wat die ANC vir hulle aangedra het...

Jare later by ‘n skaap braai by die moord en roof kantore in Pretoria was die minister van Polisie Adriaan Vlok ‘n spesiale gas. Hy het rondgegaan en almal se hande kom skud. Toe hy nader stap na die groepie waar ek gestaan het, het ek omgedraai em weggeloop en dit so gedoen dat hy my misnoeë moes sien... hy het my die res van die aand half vraend aangekyk. Jaap Marais was my leier en helaas ek staan onbeskaamd... ek het profeties nie die hand geskud wat later ‘n Zot se voete gewas het nie...


Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.