Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg
Ons is Gode

Deur: Waldor

Ek droom vanoggend ek staan in ‘n sand pit. Toe ek my hand uitsteek gee die joggie vir my ‘n ‘sand wedge’ uit ‘n golf sak aan... in die droom kom die gedagte by my op dat die mens darem baie slim en innoverend is, want hoe anders sou ek die perfekte klein balletjie uit die verknorsing kon swiep. Met die ‘wedge dinkery’ in die droom word ek, soos soveel maal vantevore, wakker. En nou is ek die donner in, want weer het ek nie mooi gekyk nie – was dit wel ‘n joggie wat die sand wedge (gedagte) vir my aangegee het, of was dit iemand anders?

Daar is ‘n legio slaan stokke in die golf sakke van God. Maar ai tog die mens darem. Ons is so met oogklappe ‘begespe’ dat die visuele tonnel voor ons net een pad loop... by al God se golf sakke verby. Soos ingespanne, steekse, gees donkies op die roete van die kansel se GPS! Ek weet nou nie hoe die oer krag daar uitsien, en of daar in ‘n stoel gesit word al dan nie; maar in my geeste oog sien ek by wyse van spreke, vir God met die hande in die hare, en Hy sê: “Maar weet julle dan nie dat julle Gode is nie”

In plaas daarvan dat ons, ons in die sand pitte langs ons weg staan en verknog oor hoe ons die siel bal op die setperk van die ewige lewe gaan kry, moet ons die ‘kerkklappe’ van die oë afgooi, en gryp na die Godheid in ons. Ons mag nie meer toelaat dat die inperking wat die priesterdom neergelê het ons verder kniehalter op die weg wat ons potensiaal vir ons inhou nie. Ons is ongetwyfeld toegerus met ‘n Godheid wat nou reeds meer as 2000 jaar stelselmatig, en o so tragies, aan bande gelê is. Maar gelukkig is daar oral tekens van ons Godheid. ‘n Godheid wat so duidelik is wanneer die skille afval, wanneer die oogklappe afkom en ons al die pragtige ‘vurke’ van Godgegewe paaie raaksien soos wat die almag dit beskikbaar gestel het – vir almal.

Die verskillende honde rasse wat tans hier op die aarde beskikbaar is, is een van die beste praktiese en tasbare tekens van die Godheid in ons. Die Godheid manifesteer in ons onuitblusbare drang om te skep en daardeur ons vaardigheid daarmee te wil ten toon stel. God het nie die Spaniel hond geskape nie, nog minder die Bull Terrier, die Rotweiler, die Basset, Worshond (Dachshund), Weimerhaner et al. Dit is suiwer die handewerk van die mens. Uit die oorspronklike verskillende tipes wolwe en jakkalse wat God beskikbaar gestel het, het die mens geïnnoveer en manipuleer en daaruit honderde honde rasse voortgebring, elkeen met ‘n spesifieke doel wat letterlik in die ras gekodifiseer en verewig is. Die grote Newfoundland hond is geteel met die doel om skeep drenkelinge uit die ys waters te red. Hierdie hond kan letterlik met ‘n volgroeide man aan die bek etlike meters in die ys waters swem. Groot was Waldor se verbasing toe die nimlike Jaap Marais eendag vir hom uitwys dat die Newfoundland webbe tussen sy tone het! Ek se nie hiermee dat die mens ‘n Siberiese wolf saam ‘n makou in ‘n hok gegooi het nie, maar dit laat mens bietjie verder as die kleuter aanvaarding van die Anaconda in die Ark dink. So is die Worsie met sy potsierlik krom gedraaide voorpote, skerp neus en lang silindriese lyf, nie in ‘n windtonnel nie, maar vír ‘n grond tonnel oor die jare geneties deur die mens manipuleer. Die regte naam ‘Dachshund’ sê vir ons alles. Hy is geteel om vir die mens Duitse hase uit die ondergrondse tonnels en gate te haal.

Kyk maar enige tyd die Spaniel. Die dier kan in die woestyn gebore wees en sal na lang jare sonder enige aanraking met damme of plate water, dadelik wanneer hy by ‘n dam kom in die water spring en iets gaan uithaal wat deur die mens ingegooi is. Dit sit allermins nie in die broek van ‘n gewone, net sondige wese, om hierdie onverklaarbare genetiese oordraagbare kodes en voorkomste in die diereryk vas te lê nie. Ons is nie hier neergesit om getoets te word aan die bergpredikasie en wanneer ons aan ons Godgegewe biologiese drange ‘struikel’, verdoem te word nie! Ons is hier om te bly klim en klim teen die trappe van God se ‘leer’ van verskeidenheid, totdat ons by ‘n deur uitkom en as ons klop God self oopmaak en vir ons sê: “Wel gedaan, dit het ‘n paar ‘pitstops’ gevat maar uiteindelik is jy hier!

Daar is ‘n magdom kragte en werkinge in die lug. Bronne van energie en kanale waarlangs die mens kan intap en inskakel by die verskillende moontlikhede wat daar vir ons in stoor is en nog altyd was. Kanale wat taboe verklaar is deur diegene wie se leuens gerieflik in daardie swye kan gedy. Indien ons apaties tot hierdie dinge staan en die moontlikhede met oogklappe verbygaan mors ons die kosbaarste tyd in die lewe, en vloek ons lynreg teen die groei en vooruitgang wat daar vir ons so duidelik in die natuur uitgestippel is. Ons is hier om te bly, soos die wat vir baie, baie duisende jare voor ons was en na ons gaan wees. Vergeet die kataklismies verdoemende ontsnaproete waarmee die priester sy betaalstaat aanvul. Kyk bo oor hierdie dogmatiese konkoksies en steek julle goddelike hande uit sodat berge ‘versit’ kan word.

As Uri Geller versuim het om een van die skepping se dryf houte aan te gryp sou hy nooit so ruimskoots maklik met ‘n oogopslag kon lepels buig en horlosies laat stilstaan het nie. Die menslike brein is ‘n verlengstuk van die gees – vlees, gees en brein moet een word en dan inskakel by die kragbron en dan sal ons die skepping bevredig en die oer krag komplimenteer.

Daar is een kragbron beskikbaar net een energie basis – dit is die aanwending daarvan wat bepaal wat boos is of wat goed is. Moenie die kragte verdoem op grond van die misbruik daarvan deur bose mense nie. Die selfde intuïsie kan die een red maar die ander verdoem, dit is die toepassing daarvan wat bepalend is. Net soos wat die swaard lewens kan beskerm, kan dit tirannie moord en doodslag bewerkstellig. As die Sataniste vandag sou besluit om die Mercedes wapen as een van hul tekens aan te wend, beteken dit dan dat die Wapen boos is? Hoeveel mense weet dat die sogenaamde ‘hoenderpoot’ teken wat die Sataniste gebruik( die peace sign), uit die Germaanse Rune skrif kom, en dat ons Germaanse voorouers dit vir natuurlike waardes gebruik het. Die magiese en die esoteriese is alles Godgegewe, maar omdat ons daarvan vervreem het, het dit braak gele en wag vir die bose mense om dit negatief aan te wend.

Troetel hierdie dinge met ‘n oop en vrye gemoed, en die Goddelikheid sal ons tegemoet kom. Dan sal ons tot ons reg kan kom, onverhinderd.

Saam met Richard McCulloch wil ek uitroep: “For those who were, and for those who still have to come, may those who are, be what they were meant to be”


Gedagtes wat Praat:

Afrika Adieu Afrikaans My Afrikaans Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur? Blanke Mummies in China Gevind Bonatuurlike Vreemde Wesens Brein Seks Ope Brief aan die God van Die Bybel Bygelowe is Lekker - I Bygelowe is Lekker - II Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII Die ander Churchill - Deel I Die ander Churchill - Deel II Die ander Churchill - Deel III Die ander Churchill - Deel IV Die ander Churchill - Deel V Die gaskamers was erg ne? Die Gees en Karakter van die Afrikaner Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II Die Groot Piramide in Egipte – Deel I Die Groot Piramide in Egipte – Deel II Die Groot Piramide in Egipte – Deel III Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV Die Groot Piramide in Egipte – Deel V Die Mandela Mite Die ‘Meerdere Minderheid’ Die Moslem Christen Dilemma “Die Onnosel Hitler” Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor. Die Sekulêre Bronne van Informasie Die Verborge Hand agter die Boereoorlog. Die Vroulike Instink Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis Geestelike Afwykings? God deur die Mikroskoop en die Teleskoop God Lewe in die Water - Deel I God Lewe in die Water - Deel II God Lewe in die Water - Deel III God se Swendelaars God van die By Goddelike Valshede op die Internet ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde Hoe Glo Ons Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween? Los die Blonde Dames! Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika? Morele Alzheimer ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart 'n Duiwel agter elke Bos Nasa se Verlore Dag Nobel Vredesprys Deel I Nobel Vredesprys Deel II Ons Afrikaans Ons Grensoorlog Verraad Ons is Gode Ons Kom van Anderkant die Paradys Oor Moffie Demone Satan is die Sondebok Titanic was ‘n Vulletjie Van Onsself Vervreem Veelwolwery Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II Vorster se ‘Komplekse’ Verraad Wanneer die Witman die Witman Verraai Wat Gee vir Vroue Krag


Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.