Wendag
Deur: Waldor
Wat was, en is met die Afrikaner mense verkeerd? Wat maak dat ons die gewillige slagoffers van ons vyande is? Het ons so vêr degenereer, dat ons imbesiele is. Daar moet iewers ‘n verstandelike blokkasie wees wat ons so liggelowig gemaak het. Hierdie snaakse swakheid wat ons het is anders as ons ander swakhede en karakter kenmerke wat geneties aangebore is. Indien hierdie liggelowigheid aangebore was, sou ons nie hier gewees het nie: ons antieke voorouers sou dan lank voordat die geskiedenis kon begin het, opgevreet gewees het. Hoe het hierdie dodelike swakheid aan ons kom kleef, hierdie parasiet wat op ons weerstand teer?
Die swakheid is aan ons vas geskryf. Dit is in ons wese in gepreek. Dit het uit die Midde Ooste en op die rug van ‘n kameel oor die semi woestyn as ‘n vreemde begrip gekom en het soos ‘n kanker aan ons inherente karakter kom vreet totdat ons ‘eie genesende salf’ uitgeput was en nie meer bestaan het nie. Dit het ons van ons eie karakter vervreem. Die siel van die Arier is effektief gekaap en vasgeketting aan morele waardes wat lewe wegneem en progressiewe mens groei op aarde inhibeer.
Toe die Kerkvaders die Christendom na die Germane gebring het was dit ‘n geval van ‘die slawe van God’ wat ‘n geloof kom smous het aan ‘die manne van God’. Die Nordiese begrip van menslike loon wat sy beslag in suiwer heroïese waardes gehad het, was vêr verwyderd van die Christen begrip en moraliteit, waar die lewe en die wêreld verwerp word, en persoonlike heil die lewensdoel is. Waar dit vir die Germaan daaroor gegaan het om die lewe van sy naasbestaandes en volksgenote te verseker, en sy heil gemeet is aan die ywer en sukses waarmee hy dit uitgevoer het, was die Christen moreel gesetel in die begeerte om die skuldgevoel te vermy, en in die vrees vir die straf wat met die sonde kom. Die kerk het alles wat vir die priesterdom ‘n bedreiging was as ‘ongewens’ verklaar en heiligheid en boosheid is gemeet aan reëls en norme wat die kerk daar gestel het om eie mag te beskerm. Daarteenoor het die Germane nie soseer ‘n heilige of onheilige of bose etiket om aardse dinge gehang nie. Alles wat lewe verheerlik en bevorder het is as ‘gesond’ gesien, en is as heel of “whole” beskou; vandaar die woord “holy” soos dit in die kerk gebruik word. Alles wat die lewe teengewerk het en nie goed vir groei en vordering was nie is as ongesond en dus ‘nie heel’ beskou, en dit is beveg. Heiligheid en boosheid is nie gesien in onnodige magte wat net deur die kerk aangespreek kon word, soos wat die Christendom voorgehou het. Dit het niks te doen gehad met ‘n ritueel of gebeure wat vergoddelik is nie.
Die suiwer waardes van die Germane het vir die Christen sendelinge oneindige hoofbrekings besorg. Hulle kon die Ariese waardes nie direk aanvat of probeer transformeer nie want hulle sou te staan gekom het teen ‘n totale weerstand en verwerping, juis omdat die Germane se waardes inherent gesetel was. Gesetel in harmonie met die besondere siel en gees van die uitsonderlike mense van Noord Europa. Die primêre waardestelsel van die Germane wat bestaan het uit krag, dapperheid en lojaliteit moes gedefinieer word en ontvanklik ingeskryf word in die pasifistiese en wêreld ‘verwerpende’ religie. Hulle moes die Christen waardes buig om by die suiwer Germaanse etos aanklank te vind. Dit was onvermydelik dat die Christelike eer, met individuele redding as sy doel, in direkte konflik sou kom met die ‘vridu’ van die Germane – die ras en bloed bande wat verleng moes word na andere deur middel van die eed van lojaliteit, soos duidelik gesien kon word in die Germaanse ‘comitatus’ – die gemeenskap stelsel. Die intensiteit van die bande in die ‘comitatus’ was so sterk dat die prinsiep van ‘eie redding’ nie pos kon vat teen die ‘gemeenskap lojaliteite’ wat in die Germaanse begrip figureer het.
Hoewel die morele stryd van die Christinne aangepas is om die heroïsme in die Germaanse beskouing te inkorporeer tot ‘n stryd teen die vlees, die wêreld, en die duiwel met verhale van die engele se oorwinnings in gevegte met die demone; het die voor Christelike Germaanse prototipes, waar die beeld van heroïsme onafhanklik gestaan het, baie meer krag gedra. ‘n Vergelyking tussen die Germaanse sosiale struktuur voordat dit met Christendom in aanraking gekom het teenoor die Romeinse stelsel toe Christendom daar posgevat het; dien as geskiedkundige bewyse van die negatiewe effek wat Christendom op ‘n ‘gesonde’ gemeenskap bewerkstellig het. Terwyl groep solidariteit op ale vlakke in die familie en gemeenskap van die Germane verseker is, het daar in die Romeinse gemeenskap ‘n verbrokkeling ingetree omdat die kerk se waardes verwarring gebring het ten opsigte van nasionale en volk verantwoordelikhede teenoor die pasifistiese begrippe. Die ‘draai die ander wang’, en ‘bid vir jou vyand’, of ‘haat jou vader en moeder om my te kan volg...’, het die sterker bindende waardes afgewater en ‘verpap’ - soveel so, dat die Romeine, Germaanse huursoldate moes aanstel om die Romeinse bevolking te beskerm omdat die bevolking nie die wil of die moed gehad het om hulself te verdedig nie...
Net soos hier in Suid Afrika 1600 jaar later, toe die Christendom se kerkvaders by die Cottesloe beraad verklaar het dat apartheid ‘n sonde is en daarmee die Ariese fut uit die meerderheid van die volk se wil om te veg vir hul identiteit en onafhanklikheid gehaal het. Hiervoor kan mens Robert M. Adams se toepaslike woorde met reg bybring:
“This indeed is the simplest definition of decadence, it is not failure, misfortune or weakness, but deliberate neglect of the essentials of self preservation – incapacity or unwillingness to face a clear and present danger” Die pasifistiese grondbeginsels van die Christendom het die fundamentele samebindende sosio biologiese verbintenisse in Suid Afrika, soos in die destydse Romeinse Ryk, verbreek en ‘n ‘gerieflike’ vakuum geskep waarbinne die sosiale aantrekkingskrag van die kerk kon en nou ook kan floreer.
Die sleutel tot ons siel het geword die verlange en hoop op ‘n moeitevrye, onverantwoordelike ‘outomatiese bewussyn’ soos by die van ‘n dier. Ons vrees noodsaak, risiko en die verantwoordelikheid wat rasionale persepsie in die lewe vooropstel. Ons vind berusting in die ‘ontsnap’ uit hierdie aarde met sy stryd, en dit is moreel regverdigbaar om die lewens verantwoordelikhede die rug te keer, net soos wat rotte ‘n sinkende skip verlaat. Net solank ons eie heil verseker is - kan alles om ons maar vergaan. Ons kan die aarde maar opneuk terwyl ons daardeur gaan en ons kan maar smous met ons identiteit, want die plek waar die lam en die leeu saam lê; dit is ons ewige eindbestemming – die Midde-Oosterse lugkasteel waar triljoene karakters, identiteit loos en onophoudelik gaan harp speel.
Ons is van onsself vervreem. Die blye boodskap het die natuurlike heroïsme, verantwoordelikheid bewussyn en lojaliteit by die man en die vrou weggevat en veral die vrou ontneem van haar edele, intuïtiewe magsposisie wat sy altyd in die Germaanse ‘Comitatus’ beklee het. Die Kerk het die geestelike gawes wat die vrou oor beskik het en wat ‘n bedreiging vir die gevrekte priesters was, ‘n bose konnotasie gegee met die skepping van die liederlike heks met die besem – net soos wat die duiwel met die vurk en horings die kerk se versekering op voortbestaan is.
Ons Germaanse voorouers kon nie verstaan waarom die Godheid tot geskrifte gebind moes wees nie en nog minder hoekom tot ‘n gebou gekluister. Die oomblik toe hulle juis tot daardie geskrifte gebind word en in die geboue ingetrek word, het die degenerasie begin. En hier sit ons vandag, heilig, gered, gedoop, hand om die nek van die vyand vir wie ons gebid het...soos Piet Retief.
Van onsself vervreem. Ons speel al klaar harp terwyl ons land brand.