Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Wat Gee vir Vroue Krag

Deur: Waldor


Kyk, die vrou is ‘n wonder, wonder wese. Wonderskoon, wondersag, wonder aantreklik en wonder lekker – oor die vrou wónder ek baie. Maar oor die algemeen en ongelukkig word die vrou te wyd in die wêreld onderskat. Erg onderskat. Onderskat op gebiede waar die man koning kraai. Wanneer dit kom by voet neersit, en veg en weerstand bied en weier en in opstand kom...en hier praat ek nie van huis neulery, of neuk oor kroeg lêery, of kombuis debat of binnekamer skermutselings nie. Hier praat ek van oorlog en politiek, van volk liefde en nasie sake! Hier roep die geskiedenis dit uit, hier het die vrou by uitstek verrys as vaandeldraer van krag, deursettingsvermoë, veg vernuf, dapperheid en waagmoed. Ja, in elke vrou sluimer daar die kryger wat in baie mans ontbreek. Druk net die regte knoppies!

Dit was Generaal De Wet wat tereg verklaar het: “Vir my was dit altyd ‘n uitgemaakte saak dat die nasionale gevoel van die vrou kragtiger is as die van die man...” Dit is ook goed dat Generaal De Wet hier aangehaal word, want dit was juis hý wat die katalisator was tot ‘n voorbeeld van vroue krag in die geskiedenis van Suid Afrika. Wanneer die man, nadat hy getoon het dat hy die vrou respekteer en op die hande dra, en daarna sy manlikheid en krag onverbiddelik inspan om na haar totale sekuriteit om te sien, sal sy haar ‘onderdanig’ verklaar aan enige iets wat die man moet verrig om vir haar ‘n heenkome te verseker. Wanneer die vrou vind dat die man haar sekuriteit en seksualiteit opreg en sonder voorbehoud troetel, staan sy sterker agter so ‘n man en sy saak as ‘n hele kompanie van sy mede krygers.

Generaal De Wet was die een man wat geweier het om te swig en in te gee, die laaste van die Generaals om in te stem om die Vredesverdrag van Vereeniging te teken. Hy was die verpersoonliking van veg tot die bitter einde. Van weier om te swig en kniel voor die vyand van sy volk en mense. Op die slagveld die dapper ridder, en waar hy op die plase aangekom het en met die vroue te doen gekry het, was hy op die rug van Fleur vir elke vrou letterlik ‘die ridder op die wit perd’; want dit was alombekend en dit staan ook aangeteken dat hy te alle tye alle vroue uitsonderlik behandel het, galant en met uiterste respek.

Toe die eerste wêreldoorlog uitbreek en daar deur die bemiddeling van Jan Smuts en Louis Botha besluit word om in die guns van Engeland te bly en Duits Suidwes binne te val, was Generaal De Wet eie aan sy aard en karakter, een van die leiers wat geweier het om die kant van die Engelse teen Duitsland kant te kies. Een van sy beweegredes was die simpatie wat Duitsland teenoor die lyding van ons vroue en kinders in die Boere Oorlog uitgespreek het, en ook die feit dat Duitsland Suid Afrika gesteun het met die stigting van die Vrouemonument. Dit was dan ook perse Generaal De Wet wat by die inhuldiging van die Vrouemonument ‘n gekose spreker was. Getrou aan goeie waardes dan, het hierdie gryse kryger weer die perd opgesaal en hom geskaar by die rebelle. Net soos met die Engelse is daar naarstigtelik jag op die ou jakkals gemaak, maar hierdie keer deur sy eie... Na uiterste ontberings voor die agtervolgende paaiers, verraaiers, wang skuurders en gatkruipers uit, het dit uiteindelik twee verklikkers gekos om die ou man vasgekeer te kry.

Op 30 November 1914 is De Wet deur mede Afrikaners gevange geneem en het hy na ses maande eensame aanhouding in Junie 1915 in Bloemfontein op aanklag van hoogverraad verskyn. Hy is op 22 Junie 1915 skuldig bevind en gevonnis tot ses jaar tronkstraf en 2000 pond boete.

Dít het die vrouens se knoppies gedruk. Die betroubare vroue intuïsie het ingeskop en die vrouens het hul keuse gemaak. Hulle het nie kant gekies by die vredemakers nie, nie by die Smutse en die Bothas nie, hulle het opgestaan vir die ou kryger.

Die saak teen die wêreldberoemde De Wet het ook aandag in die buiteland getrek. Voor die verhoor het 'n komitee van Nederlandse en Vlaamse vroue in April in Mei 1915 handtekeninge ingesamel vir 'n versoekskrif aan die Suid-Afrikaanse regering. 'n Komitee van 20 kunstenaresse, skryfsters, sosiale en politieke werksters het namens meer as 12 000 Nederlandse en Vlaamse vroue gesê hulle veroorloof hulle om teenoor die regering "de overtuiging uit te spreken, dat generaal de Wet en zijn medegevangenen door hun toewijding en offervaardigheid voor wat zij 'n goede en rechtvaardige zaak moeten achten, aanspraak mogen maken op de eerbied en grootmoedigheid, ook van hun overwinnende tegenstanders."

In Suid Afrika het Hendrina Joubert, die byna vyf-en-tagtigjarige weduwee van genl. Piet Joubert opgestaan. Sy het die vonnis oor De Wet diep gevoel en het, soos later vertel is, "enige dae en nagte in gebed en trane" deurgebring... Sy en mev. F.C. Eloff-Kruger, ‘n dogter van pres Paul Kruger het ‘n oproep opgestel wat op 25 Junie in De Volkstem en daarna in die ander Afrikaans-Hollandse koerante gepubliseer is. In hierdie brief verduidelik mev. Joubert met trots “...Sij was nog helemaal ‘n kind toen sij die eerste Afrikaner bloed op die bodem van Suid Afrika sien vloei het. Sij was nog banja jonk toen sy die eerste maal gehelp het koeëls vorm om ons mee te verdedig...”

Die brief maak melding van alles wat sy deurgemaak het, en meld dat sy in die eerste Vryheidsoorlog op 27 Februarie 1881 die enigste vrou in die Boerelaer was. Sy “was die eerste wat die vijand die morre op Amajuba gesien het, en haar man van die gevaar vertel het.” Haar laaste versoek tot die ‘Susters en dogters van Suid Afrika” is om iets te doen vir ...”’n held van die volk wat sij innig hartelik lief het”.

‘n Komitee is gekies wat ‘n ‘vroue betoging’ sou reël. Omsendbriewe is na alle stede en dorpe gestuur om verteenwoordigers te stuur. Dit was suiwer ‘n vroue ding. ‘n Vroue aksie – daardie iets in die vrou is beweeg om in te tree en op te tree vir iemand wat hulle verbeelding aangegryp het en hulle het dit ordentlik gedoen. In talle stede en dorpe het vroue plegtige optogte na magistraatskantore gehou. Hulle is dan getel, en die magistrate het die getal vermeld by telegramme vir begenadiging wat by hulle ingelewer is. In Bloemfontein is sowat 600 vroue wat na die Administrateur op pad was met ‘n memorandum, deur skare Engelssprekendes gehoon. Mans in ‘n paar motors met rooi, wit, en blou linte het in die strate gery en “Rule Brittanje” gesing.

Die middag van Woensdag 4 Augustus 1915 het die vroue ‘n groot betoging in Pretoria gehou. Die vroue het die oggend per trein aangekom. Daar was afgevaardigdes van byna 230 dorpe en stede. Meeste van die vroue was in swart geklee en het swart reënsambrele pleks van sonsambrele gehad. Teen twaalfuur is die vroue na ‘n terrein op die hoek van Vermeulen en Beatrixstraat waar die stoet opgestel is. Die vroue is volgens provinsie in die stoet opgestel. ‘n Reusagtige roset op ‘n staf met volstruisvere het aangedui waar die vroue van elke provinsie gestaan het: oranje vir die Vrystaat, groen vir Transvaal, blou vir Kaapland en rooi vir Natal. Mevv. Joubert en Eloff het om tweeuur aangesluit, albei in statige swart syklere. Mev. ds. J. Roos van Kaapland het die petisie voorgelees. Sy het in ‘n toesprakie vermeld dat dit die eerste keer in die geskiedenis was wat ‘n vroue betoging gehou is. Die nog slanke regop mev. Joubert met haar aristokratiese voorkoms het die optog al die pad na die Uniegebou gelei. By die amfiteater het mev. Joubert, mev Eloff, hul twee dogters en twee verteenwoordigers uit elke provinsie as afvaardiging, die Goewerneurgeneraal gespreek en die versoekskrif aan hom oorhandig. Hulle het op ‘n antwoord aangedring maar is meegedeel dat die situasie met die ministers bespreek moes word.

Van die amfiteater af het die vroue almal te voet na Kerkplein gestap. Daar is geoffer om die ouer vroue wat reeds baie moeg was met die trem te laat ry, maar die antwoord het eenparig en duidelik van die trotse vroue gekom: “Wat maak dit saak. Ons Generaal sit vir jare kan ons dan nie vir ure loop nie?”

‘n Verdere voorval op 6 Augustus 1915 gee aanduiding van waar die vroue se waardering gelê het. ‘n Groot groep van die vroue wat op pad huis toe was na die gebeurtenis van 4 en 5 Augustus, het vir Generaal De Wet en Kemp teëgekom wat in aanhouding en onder polisie bewaking was, op pad om te moet getuig by die verhoor van ‘n Transvaalse rebel, ds. Herman van Broekhuizen. Die vroue het die Generaals bestorm en met groot geesdrif verwelkom. Hulle het die generaals na die trem begelei, onder die indruk dat hulle soos by ‘n vorige geleentheid daarmee na die hof vervoer sou word. Die vangwa het egter vir hulle klaargestaan en die goedhartige kanstabels moes die vroue reghelp. Onder luide toejuiging het De Wet toe in die vangwa geklim. ‘n Groot getal vroue het die middag na die saak meer as ‘n uur staan en wag tussen die Paleis van Justisie en die polisievoertuig, “Black Maria”. Toe De Wet opdaag, moes hy stadig loop om al die uitgestrekte vroue hande te skud. Die vroue het blomme oor hom gestrooi (wat ‘n wonderlike voorreg).

Die wat hom nie kon handgee nie, het sy klere aangeraak of dit met hulle hande bestryk, maar hulle wou hom nie laat gaan voordat almal hom aangeraak het nie. Die polisie moes mooi praat om De Wet weg te kry sodat hulle die trein terug kon haal na Johannesburg gevangenis. Toe hy op die trap van die “Black Maria” staan, het die vroue luidkeels uitgeroep: “Draai tog om Generaal, draai tog om, ons wil nog eenmaal jou gesig sien”

De Wet het vir ‘n paar oomblikke met geboë hoof gestaan, omgedraai, en vir die vroue gesê: “Vandat ek in die tronk is, is my enigste troos die moeders en dogters van ons land...”

Daar is inderdaad nie ‘n groter troos, inspirasie en bron van krag as wanneer vroue opstaan en aantoon dat hulle agter ‘n man en sy saak staan nie.

Hierdie geskiedenis spel dit duidelik uit. Generaal De Wet se wil tot verset het die vroue verbeelding aangegryp en die durf wat daar in hulle is na vore gebring. Dit was vir hóm wat daar ‘n optog gehou is, en dit was oor hóm wat daar blomme gestrooi is en aan hóm wou almal raak, en dit was sý gesig wat hulle “...nog net eenkeer wou sien” Die Smutse en die Bothas et al is begrawe sonder dat hierdie voorreg hulle oorkom het.

Daar is sekere dinge waarna die vrou soek, sekere dinge wat haar volle kragte na vore bring, laat dit vir ons ‘n aanskouingsles wees.


Waldor:

  1. Afrika Adieu
  2. Afrikaans My Afrikaans
  3. Wat het met Andries Pretorius se arm Gebeur?
  4. Blanke Mummies in China Gevind
  5. Bonatuurlike Vreemde Wesens
  6. Brein Seks
  7. Ope Brief aan die God van Die Bybel
  8. Bygelowe is Lekker - I
  9. Bygelowe is Lekker - II
  10. Daar is vir die Witman net Een Oplossing en een Uitkomkans
  11. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – I
  12. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – II
  13. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – III
  14. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – IV
  15. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V
  16. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VI
  17. Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – VII
  18. Die ander Churchill - Deel I
  19. Die ander Churchill - Deel II
  20. Die ander Churchill - Deel III
  21. Die ander Churchill - Deel IV
  22. Die ander Churchill - Deel V
  23. Die gaskamers was erg ne?
  24. Die Gees en Karakter van die Afrikaner
  25. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - I
  26. Die Geldmag – Geheime Organisasies in Perspektief - II
  27. Die Groot Piramide in Egipte – Deel I
  28. Die Groot Piramide in Egipte – Deel II
  29. Die Groot Piramide in Egipte – Deel III
  30. Die Groot Piramide in Egipte – Deel IV
  31. Die Groot Piramide in Egipte – Deel V
  32. Die Mandela Mite
  33. Die ‘Meerdere Minderheid’
  34. Die Moslem Christen Dilemma
  35. “Die Onnosel Hitler”
  36. Die Gebed wat ek die Graagste sou wou hoor.
  37. Die Sekulêre Bronne van Informasie
  38. Die Verborge Hand agter die Boereoorlog.
  39. Die Vroulike Instink
  40. Die Wêreld Ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel I
  41. Die Wereld ploeg met Ou Nazi Kalwers – Deel II
  42. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - I
  43. Die Witman se Geloof, Die Hamer van Thor - II
  44. Evolusie – Die Skepping en die Oer Geskiedenis
  45. Geestelike Afwykings?
  46. God deur die Mikroskoop en die Teleskoop
  47. God Lewe in die Water - Deel I
  48. God Lewe in die Water - Deel II
  49. God Lewe in die Water - Deel III
  50. God se Swendelaars
  51. God van die By
  52. Goddelike Valshede op die Internet
  53. ‘n Goeie Haat en ‘n Slegte Liefde
  54. Hoe Glo Ons
  55. Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?
  56. Los die Blonde Dames!
  57. Misdaad in Amerika – ‘n les vir Suid Afrika?
  58. Morele Alzheimer
  59. ’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
  60. 'n Duiwel agter elke Bos
  61. Nasa se Verlore Dag
  62. Nobel Vredesprys Deel I
  63. Nobel Vredesprys Deel II
  64. Ons Afrikaans
  65. Ons Grensoorlog Verraad
  66. Ons is Gode
  67. Ons Kom van Anderkant die Paradys
  68. Oor Moffie Demone
  69. Satan is die Sondebok
  70. Titanic was ‘n Vulletjie
  71. Van Onsself Vervreem
  72. Veelwolwery
  73. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel I
  74. Vigs en die Dokters van die Dood – Deel II
  75. Vorster se ‘Komplekse’ Verraad
  76. Wanneer die Witman die Witman Verraai
  77. Wat Gee vir Vroue Krag