Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Die sondeval (sonde, die duiwel, die hel)

Wat beteken sondeval?

Sondeval

Die sondeval wat in die Sikstynse Kapel deur Michelangelo uitgebeeld is

Die sondeval is ’n term wat in die Christendom gebruik word om die oorgang van die eerste man en vrou te beskryf van ’n toestand van onskuldige gehoorsaamheid aan God tot ’n toestand van skuldige ongehoorsaamheid. Hoewel dit nie in die Bybel genoem word nie, kom die leerstelling van die sondeval van ’n Bybelse vertolking van Genesis 3. Adam en Eva het oorspronklik saam met God in die tuin van Eden gewoon, maar die slang het hulle oorreed om vrugte van die boom van alle kennis te eet, hoewel God hulle verbied het om dit te doen. Daarna het hulle skaam geword oor hulle naaktheid en het God hulle uit die tuin gedryf om te voorkom dat hulle ook van die boom van die lewe eet en onsterflik word.

Vir baie Christelike denominasies is die leerstelling van die sondeval naby verwant aan dié van erfsonde. Hulle glo die sondeval het sonde in die wêreld gebring en die hele natuurlike wêreld bederf, insluitende die menslike natuur. Die gevolg is dat alle mense met erfsonde gebore word: ’n toestand waarin hulle nie die ewige lewe kan beërwe sonder die genade van God nie.

Die Oosters-Ortodokse Kerk aanvaar die begrip van die sondeval, maar verwerp die idee van erfsonde wat van geslag tot geslag oorgedra word; dit is gedeeltelik gegrond op Esegiël 18:20, wat lui: "’n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie." Calvinistiese Protestante glo Jesus het gesterf sodat uitverkorenes van hul sonde gered kan word. Judaïsme het nie ’n konsep soos die sondeval of erfsonde nie en het verskeie ander vertolkings van die Eden-verhaal.

Die leerstelling van die sondeval is ’n Christelike vertolking van Genesis 3. Volgens dié verhaal skep God vir Adam en Eva, die eerste man en vrou. God plaas hulle in die tuin van Eden en verbied hulle om van die boom van alle kennis se vrugte te eet. Die slang verlei Eva om die boom se vrugte te eet, en sy oorreed Adam om ook daarvan te eet. Hulle word daarna skaam oor hulle naaktheid. God dryf Adam en Eva uit die tuin, en verdoem Adam en Eva om onderskeidelik met swaarkry ’n bestaan uit die aarde te maak en met pyn kinders in die wêreld te bring. Hy plaas serubs by die tuin om te keer dat Adam en Eva van die boom van die lewe se vrugte ook eet.

Die Boek van Jubileë gee spesifieke tydraamwerke vir die gebeure wat tot die sondeval gelei het: Die slang het Eva oorreed om van die verbode vrugte te eet op die 17de dag van die 2de maand in die 8ste jaar ná Adam se skepping (3:17). Adam en Eva is op die nuwemaan van die 4de maand van dié jaar uit die tuin gedryf (3:33).

Soortgelyke tradisies

Verleiding van Adam en Eva

Adam, Eva en 'n vroulike slang by die ingang van die Notre-Dame van Parys

In die gnostisisme word die slang bedank omdat hy kennis aan Adam en Eva gebring het en hulle sodoende van die Demiurge se beheer bevry het. Die demiurge het Adam en Eva verban, omdat die mens nou 'n bedreiging was.

In Islam was Adam en sy vrou mislei deur Shayṭān, wat hulle verlei het met die belofte van onsterflikheid en 'n koninkryk wat nooit sou verval nie, en gesê: 'U Here het u slegs hierdie boom verbied, sodat julle nie engele of sulke wesens sou word wat vir ewig leef nie". Adam en Eva is gewaarsku oor Shayṭān se plan teen hulle, en is deur God beveel om die boom waarna verwys word, te vermy. Alhoewel God hulle daaraan herinner het dat daar voldoende voorsiening was vir hulle "om nie honger te gaan of naak te word of aan dors of aan die son se hitte te ly nie", het hulle uiteindelik toegegee aan Shayṭān se versoeking en in elk geval van die boom se vrugte gegeet. Na hierdie sonde het hulle "naaktheid aan hulle verskyn: hulle het begin saamwerk", "as bedekking, blare uit die tuin", en is daarna met "vyandskap met mekaar" uit die Paradys na die aarde gestuur. God het hulle egter ook die versekering gegee dat "as 'n leiding van My na julle toe kom, wie my leiding volg, hy nie verdwaal of bedroef sal word nie."

Binne die Islam geloof het die Alawiete (علويون) geglo dat dit eens sterre was wat sterre aanbid het ʿAlī ibn Abī Ṭālib in 'n wêreld van lig, maar dat hulle, nadat hulle sondes van trots gepleeg het, uit hul voormalige staat verban is en gedwing is om te transmigreer in die wêreld van materie.

In die klassieke Zoroastrianisme word die mensdom geskep om die kragte van verval en vernietiging deur goeie gedagtes, woorde en dade te weerstaan. As u dit nie doen nie, lei dit tot ellende vir die individu en vir sy gesin. Dit is ook die morele waardes van baie verhale van die Shahnameh, die sleutelteks van die Persiese mitologie.

Die gevolge van die sondeval

Die onmiddellike gevolge van die sondeval was skuld en skaamte (Génesis 3:7), wegkruip vir God in plaas van gemeenskap met Hom (Génesis 3:8), oordeel (oor die slang, oor Satan, ens.), gevolg deur uitsetting uit die tuin in Eden. Dit het ook die bedeling van onskuld beëindig.

Bykomend tot bogenoemde, het die uitvloeisels van die sondeval ses verdere gevolge gehad. Een, mense het steeds die beeld van God, maar die beeld van God in die mens is deur die sondeval geskend.

Twee, die mens se verhouding ten opsigte van sy omgewing is op twee maniere verander: in die dierewêreld het ʼn lyn van diere vleisetend geword terwyl alle diere voor die sondeval ʼn vegetariese dieet gehad het. God het ook die stoflike wêreld en die natuur vervloek. Dit is hoekom arbeid vandag so moeisaam en moeilik is (vgl. Romeine 8:18-22).

Drie, as gevolg van die sondeval is mense nou onderhewig aan liggaamlike siektes, swakheid, ongesteldhede en, uiteindelik, liggaamlike dood.

ʼn Vierde gevolg van die sondeval is dat die mens nie meer in ʼn wesenlike, lewende, geestelike verhouding of gemeenskap met God verkeer nie, maar geestelik dood is. Fruchtenbaum (2005:12) beskryf twee aspekte van geestelike dood soos volg:

Algehele verdorwenheid beteken dat die sonde elke deel van die mens se wese aantas, dat die mens ʼn slaaf is van die sonde en dood is in sy oortredinge en sonde (vgl. Johannes 5:42; Romeine 7:23; Efésiërs 2:1). Dit beteken nie dat die mens deel het aan elke sonde nie, en dit beteken ook nie dat die mens niks goeds kan doen nie. Selfs al is die mens nie so sleg soos wat hy kan wees nie (hy kan inderwaarheid selfs slegter wees), is hy tot elke sonde in staat.

Algehele onvermoë beteken dat die sondaar nie deur een enkele daad of wilsbesluit, sy karakter en lewe in volmaakte ooreenstemming met God se wet kan bring nie. Mense kan nie hul fundamentele voorkeur vir sonde verander ten gunste van die liefde vir God nie.

ʼn Vyfde gevolg van die sondeval is die mens se skuld en die sesde gevolg is die effek van die sondeval op die mens se verhouding tot die opgelegde straf, die uiteinde van die skuld. Die straf vir sonde is die dood (Romeine 6:23). Bybels gesproke, beteken die dood skeiding. Die straf behels liggaamlike dood, geestelike dood en ewige of die tweede dood. Ons liggame wat agteruitgaan en uiteindelik sterf, is as gevolg van die sondeval. Soos hierbo beskryf, beteken geestelike dood om nie ʼn verhouding met God te hê nie (vgl. Johannes 17:3).

Die Persoonlikheid Van Die Duiwel: (Christen persepsie van die duiwel)

As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as 'n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is 'n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan.

Die Hebreeuse woord vir Duiwel is Sa-ir. Die Afrikaanse Bybel (1933-53) vertaal die begrip as "veldduiwel". Die New King James Version as "demon". Hoe dikwels hoor ons nie dat daar demone uit so en so gejaag/gebid is deur persone wat geken wil word dat hulle duiwels uit mense kan jaag. In die Nuwe Testament word heel dikwels na die Duiwel verwys en word hy die "Teenstander" of "Vyand" genoem. In die Griekse taal was hy Diabolos wat ook "Lasteraar" kon beteken.

Ander name vir die Duiwel sluit in: Lucifer, Abaddon, Beëlsebul, Elial, Mammon, Leviatan, Verleier, Slang, Draak, Brullende Leeu, en God van die Wêreld.

Die Duiwel word in die kerkery op 'n ondubbelsinnig wyse as 'n persoonlike bose mag beskryf en erken en selfs as die outeur van alle sonde gesien. Augustinus het reeds in die vroeë kerk dit gestel dat die mens in sonde ontvang en gebore word en nie in staat is om die regte ding te doen nie. Die Protestantisme het later hierdie lering oorgeneem.

As ons oor God of die duiwel praat is dit tog so dat dit net die produk is van ons denkvermoë en hoe ons die entiteit sien en ervaar. Die kerkery was hoofsaaklik die samesteller van hierdie identiteite vanuit die bron (Bybel) vanaf 'n geïnterpreteerde oeroue godsdiensvorm.

(As ek dus nie aan die duiwel as 'n bestaande entiteit glo nie, sal ek ook nie meer aan die hel kan glo nie en nog minder aan "ter helle neergedaal het" nie. Die vraag is KAN ek so glo? En wat word dan van my?

wat sê The lost Book of Enoch (wat nie opgeneem is in die Bybel nie)?

Hoofstuk 15:8, "and now, the giants, who are produced from the spirits and the flesh, shall be called evil spirits on the earth, :10. They shall be evil spirits on earth, and evil spirits shall they be called spirits of the evil ones. And the spirits of the giants afflict, oppress, destroy, attack, war and cause trouble on the earth. :11. They take no food, but do not hunger or thirst. They cause offences but are not observed."

Wat sê die Bybel? Wie of wat is die Duiwel?

Die Duiwel het met Jesus gepraat en hom “versoek” (Matteus 4:1-4). Die Duiwel bestaan dus nie net in mense se verbeelding nie, en hy is ook nie net ’n simbool van boosheid nie. Hy is ’n bose geespersoon.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

Die Duiwel was oorspronklik ’n heilige engel, maar “hy het nie in die waarheid vasgestaan nie” (Johannes 8:44). Hy het ’n leuenaar geword en teen God in opstand gekom.

Ander engele het by Satan se opstand aangesluit.​— Openbaring 12:9.

Die Duiwel verblind baie mense sodat hulle nie glo dat hy bestaan nie.​—2 Korintiërs 4:4.

"Hoekom is God nie dieselfde in die Ou Testament en die Nuwe Testament nie?"

Die karakter van God soos dit aan ons geopenbaar word in die Ou en die Nuwe Testament kom duidelik na vore wanneer daar stellings gemaak word dat “die God van die Ou Testament is ‘n God van wraak maar die God van die Nuwe Testament is ‘n God van liefde”.

Volgens Joh 8:44 se Jesus aan die Jode/Isrealiete in die tempel dat:

Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

By implikasie is hierdie 'n geweldige uitspraak teenoor die god van die Ou Testament en die gelowige Isrealiete/Jode van die tyd. Die het ook 'n impak op die Christendom wat glo dat Jesus se Vader en die HERE van die Ou Testament dieselfde wese sou wees en dat Jesus dan ook een is met die god van die ou testament

So word Jesus dan deur Josef Kajafas die hoëpriester in Israel aangekla van godslastering en verhoor, oorgelewer aan die Romeine om vir sedissie verhoor te word en gekruisig te word.