Wendag - Debat oor Christendom en Godsdiens


Politeïsme

Wat beteken Politeïsme?

Die etimologiese oorsprong van die term politeïsme, wat beteken "leerstelling wat na baie gode volg." Dit is die resultaat van die som van drie komponente vanuit Grieks:

  1. Die voorvoegsel "poly", wat vertaal kan word as "baie".
  2. Die naamwoord "theos", wat sinoniem is met "god".
  3. Die agtervoegsel "-ismo", wat dui op leerstelling.

Politeïsme is 'n konsep wat verstaan ​​kan word as "Baie gode" . Dit is dus die leer gevolg deur diegene wat in meer as een God glo.

Politeïsme is die teenoorgestelde van monoteïsme – die siening dat daar meer as een god is, byvoorbeeld Hindoes wat ’n songod, maangod, ensovoorts aanbid.

Politeïsme is die geloof dat daar baie gode is. “Poli” is afgelei van die Griekse woord vir “baie” en “teïsme” van die Griekse woord vir “God”. Politeïsme is miskien die mees dominante teïstiese siening in die mensdom se geskiedenis. Die bekendste voorbeeld daarvan in die antieke tye is Grieks/Romeinse mitologie (Zeus, Apollo, Aphrodite, Poseidon, ens.). Die bekendste moderne voorbeeld is Hindoeïsme. Die godsdiens het baie gode, maar eintlik glo Hindoes net in een god. Alle ander gode is vorme van daardie een goddelike krag, Brahman. Dit is interessant dat selfs in politeïstiese godsdienste, een god gewoonlik oor die ander gode regeer: Zeus in Grieks/Romeinse mitologie en Brahman in Hindoeïsme.

Die Bybel verkondig politeïsme in die Ou Testament. Ons moet erken dat sommige gedeeltes na “Gode” verwys (Eks 20:3; Deut 10:17; 13:2; Ps 82:6; Dan 2:47). Antieke Israel het ten volle verstaan dat daar 'n panteon van gode was. Hulle het volgens sekere skrywers oor en oor in afgodery verval en vreemde gode aanbid. Wat moet ons dus met sulke gedeeltes maak? Dit is belangrik dat die Hebreeuse word “elohim” gebruik is om te verwys na n verskeidenheid van Gode.

Die hoogste godheid van die Kanaänitiese panteon was El, saam met sy vrou, Asherah. Soos met die Griekse tradisie, is hierdie vroeë gode later vervang deur jonger, meer onmiddellike teenwoordighede, veral die reën- / dondergod Ba'al en sy medewerkers, soos die vegter-godin Anat en die liefde / vrugbaarheidsgodin Astarte. Vroeë Israelitiese godsdiens het eers die Kanaänitiese geloof in El en ander gode gedeel voordat die Joodse monoteïstiese tradisie ontstaan ​​het.

Die Bybel is duidelik oor 'n rangorde van Gode, Deut 32:8-9 maar handel hoofsaaklik oor een van die gode, naamlik die familiegod van die Jode/Isreal. Deut 6:4 sê, “Luister Israel, die Here is ons God. Hy is die enigste Here.” Ps 96:5 verklaar, “Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het.” Jak 2:19, “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook – en hulle sidder van angs.” Die huidige standpunt van die christene is dat daar is net een God is. "Daar is valse gode en ook dié wat voorgee dat hulle gode is, maar daar is net een God".

Politeïsme beteken die geloof in baie verskillende gode. Daar is van die wêreldgodsdienste (bv. die Hindoe geloof) wat politeïsties is. In Jesus se tyd het die Grieke en Romeine ook aan so baie gode geglo. Daar was ʼn god vir omtrent elke ding wat gebeur en bestaan het, bv. vir oorlog, liefde, haat, reën, riviere, die see, en so kan ons aangaan. Jy hoef dus nie al die gode te aanbid of te vereer nie, maar alleen die wat direk te doen het met die dinge wat in jou lewe ʼn rol speel. As jy oorlog toe gegaan het, het jy die god van oorlog vereer; of as jy verlief was, was jy aan die voete van die god van liefde.

Daarteenoor het die monoteïsme (mono = een) van die Jode en die Christene gestaan. Hulle het veel later net aan een God geglo wat alles gemaak het. Die tien gebooie sê dan ook baie duidelik dat jy geen ander gode behalwe hierdie God mag aanbid nie. God laat geen afgode toe waar Hy aanbid word nie. Want hy is kwansuis 'n jaloerse god.