Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg

Teïsme


Wat beteken teïsme?

Teïsme is om aan God te dink as ’n Goddelike Persoon, byvoorbeeld Psalm 23: “Die Here is my herder.” Die verskil tussen teïsme en Deïsme is dat teïsme glo dat God persoonlik by mense betrokke is: dat 'n mens God kan aanbid, 'n verhouding met Hom kan hê en dat Hy vandag nog wonderwerke doen. Deïsme glo dat God geskep het en Hom toe van die mens onttrek het. Teïste glo dat God onderskei moet word van die skepping, maar dat Hy nog steeds betrokke by sy skepping bly.

Wel, teïsme is die verstaan dat God 'n aparte persoon (gewoonlik manlik) is, wat bo in die hemel iewers op sy troon sit. 'n Persoon of wese met menslike emosies soos woede, jaloesie, haat, hartseer en spyt. Van dáár af maak hy met ons kontak en straf en beloon hy ons. Die verskil tussen die deïstiese en teïstiese godsbeeld is dat in eersgenoemde God gesien word as onbetrokke. Hy het die heelal geskep en die natuurwette ingestel en toe onttrek. Daarteenoor is die teïstiese God wel buite, maar is betrokke en in verhouding met sy skepping.

Maar met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer 'n bo en onder in die heelal is nie en waar daar duidelike bewyse is van 'n evolusionêre ontwikkeling oor miljoene jare, word dit toenemend moeilik vir denkende mense om nog aan 'n teïstiese God te glo.

Dink maar net aan hoe geloofstradisie buite die Christendom ons kan help met 'n nuwe verstaan. Byvoorbeeld die siening wat die Chinese Taoïste (spreek dit uit Daoïste) al eeue terug gehad het: "The ultimate was not a personalised god, therefore, but a transcendent mystery that could never be plumbed," of Boeddha wat geen tyd aan abstrakte formulerings rondom 'n persoonlike God toegelaat het nie.

En natuurlik kan ateïste ons hierin help. Ek het groot waardering vir moderne ateïste soos Richard Dawkins, Sam Harris, Stephen Hawking en Christopher Hitchens. Want hulle is en was baie waardevol in die dekonstruksie van sogenaamde ou godsdienstige sekerhede. Maar dit beteken verseker nie dat ek oortuig is van die sekerhede waarmee hulle werk nie. En in hulle styl en aanslag is hulle ongelukkig net so onverdraagsaam versekerd en fundamentalisties soos die gelowiges wat hulle kritiseer.

Miskien moet die ateïste net weer gaan kyk na die beginsels waarop die wetenskap in geheel funksioneer. Dan sal hulle sien dat 'onsekerheid' die grondbeginsel van die wetenskaplike metode uitmaak – dit wat die voortdurende soeke stimuleer. Dara O'Brian verwoord dit so: "Science knows it doesn't know everything. If it knew everything, it would stop." Maar ek is dit wel eens met hulle as dit kom by hulle aanval op die teïstiese Godsbegrip.

Teïsme – glo in ‘n persoonlike God.

Deur die eeue het die kerk sy lidmate uit die Bybel geleer dat God (Skepper) as bo-natuurlike wese persoonlik betrokke is by gelowiges se lewe, die kerk en die natuur. God se hulp kan ingeroep word deur gebed. Die skepping, soos dit vandag lyk, is 6000 jaar gelede netso deur God geskep, want Genesis vertel daarvan. God woon in die hemel, en is alwetend, almagtig, alomteenwoordig, ens. Die duiwel woon in die hel – êrens daaronder – maar is blykbaar op ‘n ander (bose?) manier ook (alom)teenwoordig, (al)magtig, ens. Hy is listig en laat mense sondig. (Amper) alles wat in die Bybel staan is historiese waarhede, want dis God se Woord.



Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.