Avond maal

Wendag


Wendag
Debat oor Christendom en Godsdiens

Andries Hendrik Potgieter Andries Pretorius FW Reitz General Louis Botha Gideon Jacobus Scheepers Jacobus Herculaas de la Rey Johanna Brandt Johannes Cornelius Lötter Koos De La Rey Pres MT Steyn Sarel Cilliers Siener van Rensburg

Uitverkiesing


Wat is die uitverskiesing? Is die uitverkiesingsleër Skriftelik?

Kerkvaders

Oor die algemeen was die kerkvaders van mening dat die verlossende daad van Christus die weg na die verlossing vir alle mense oopgemaak het. Elkeen van ons moet egter self kies of hy of sy hierdie weg wil betree. Die reaksie van die geloof is ons eie verantwoordelikheid. Aangesien die sondeval die menslike keusevryheid beperk het, maar nie heeltemal vernietig het nie, word van elke mens vereis dat hy of sy uit vrye wil sal reageer op die aanbod van verlossing. Sonder hierdie vrywillige reaksie van ons kant kan die verlossing nie bereik word nie. Dit was die algemene opvatting van die kerkvaders.

Aanvanklik het Augustinus hierdie opvatting gedeel. God kan ons op verskillende maniere in staat stel en inspireer om op sy aanbod van verlossing te reageer, maar hy kan nie ons reaksie as sodanig veroorsaak nie, omdat dit dan sal ophou om ons reaksie te wees. In sy stryd teen Pelagius teen die einde van sy lewe het Augustinus egter begin twyfel of dit wel voldoende reg laat geskied aan die volstrekte voorrang van die goddelike genade. As die instemming van die geloof noodsaaklik is vir ons verlossing, en as ons in staat is om dit self te gee, dan kom die eer van ons verlossing nie langer uitsluitend aan die genade van God toe nie. Daarom het Augustinus besluit dat selfs die reaksie van die geloof deur God teweeggebring word en nie deur ons nie. As God egter die reaksie veroorsaak, hoe verklaar ons dan dat nie alle mense in geloof reageer nie? Hierop antwoord Augustinus dat God sommige mense uitverkies het om sy genade te ontvang, maar die res verlore laat gaan het. Uiteindelik bepaal die ondeurgrondelike wil van God wie verlos word en wie vir ewig verlore gaan. Hierdie leer van ’n dubbele uitverkiesing is deur Calvyn oorgeneem. In sy woorde, hier aangehaal: “He adopted some for himself for salvation, he destined others for eternal ruin”.

Dis verstommend dat Augustinus en latere kerkvaders se verwronge idees oor uitverkiesing en voorsienigheid vandag nog soveel ondersteuning in sekere kringe geniet.


Romeine 8:29-30: “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik”. Effesiërs 1:5 en 11 verklaar, “In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. . . Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit”. Baie mense het sterk teenkanting teen die leerstelling van uitverskiesing. Maar die uitverskiesing is wel ‘n Bybelse leerstelling en ons moet net poog om dit in Bybelse terme te verstaan.

Die woord “uitverskiesing” of “bestem” in die Bybel kom van die Griekse woord proorizo wat die betekenis dra dat God dinge weet voor die tyd. Nou wat beplan God voor die tyd? Volgens Romeine 8:29-30 het God bestem dat sekere individue gevorm (verander) sal word na die ewebeeld van Sy Seun, Jesus Christus, hulle sal geroep word, hulle sal vrygespreek word en hulle sal verheerlik word. God bestem dat sekere individue gered sal word. Verkeie verse verwys na gelowiges in Christus wat uitverkies is (Matteus 24:22, 31; Markus 13:20, 27; Romeine 8:33, 9:11, 11:5-7, 28; Effesiërs 1:11; Kolossense 3:12; 1 Tessalonissense 1:4; 1 Timoteus 5:21; 2 Timoteus 2:10; Titus 1:1; 1 Petrus 1:1-2, 2:9; 2 Petrus 1:10). Die uitverskiesings leer is ‘n Bybelse leerstelling waar God deur Sy soewereiniteit, sekere individue kies om gered te word.

Die mees algemene teenkanting is dat dit onregverdig is. Hoekom sal God sekere van sy kinders kies en nie ander nie? Dan word daar beweer dat dit belangrik is om in gedagte te hou dat niemand verdien om gered te word nie. Ons het almal gesondig (Romeine 3:23) en moet almal eintlik gestraf word (Romeine 6:23). So, God sal geheel en al regverdig wees indien Hy ons almal verderf toe stuur. Maar, God kies om sommige van ons te red. Hy is nie onregverdig teenoor die wat Hy nie kies nie want hulle kry wat hulle toekom. God se Wil om genade te betoon aan sekere mense is nie onregverdig teenoor die ander nie. Nie een verdien enige iets van God nie, so niemand kan stry as hy of sy niks van God ontvang nie. Hierdie kan verduidelik word met die voorbeeld dat iemand vir vyf mense geld gee in ‘n groep van twintig. Sal die vyftien wat niks gekry het sleg voel? Heel moontlik. Het hulle die reg om kwaad te wees? Nee, want die persoon wat geld uitdeel het nie een van hulle iets geskult nie. Hy het besluit om teenoor sekere van hulle gaaf te wees.

  1. “Mense wat hel toe gaan, verdien dit. Mense wat hemel toe gaan, verdien dit nie. Eersgenoemde is geregtigheid, die tweede, genade.” ~ Steven Lawson

Twee hoof standpunte:

Indien dit God is wat kies, benadeel dit dan nie die mens se vrye wil om vir Jesus te kies (glo) nie? Die Bybel vertel ons, ons het ‘n keuse – almal wat glo in Christus sal gered word (Johannes 3:16; Romeine 10:9-10). Die Bybel sê nooit dat God iemand sal wegwys wat in Hom glo nie, of wat Hom soek nie (Deuteronomium 4:29). Op een of ander manier werk uitverkiesing hand aan hand met ‘n mens wat na God toe getrek word (Johannes 6:44) en wat glo (Romeine 1:16). God bestem wie sal gered word en ons moet Jesus kies om gered te kan word. Altwee hierdie feite is waar. Romeine 11:33 sê, “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!”

Woorde in die Bybel wat “uitverkies” of “uitverkore” bevat kom 55 keer in die Bybel voor. Die woord “uitverkiesing” behels dat God slegs sekere mense die voorreg gee om kinders van Hom te wees. Volgens die definisie van uitverkies is niemand daarop geregtig nie. Johannes 1:12 sê egter “…dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Dit is daarom dat daar verskillende sieninge oor hierdie kwessie is. Daar is twee hoof standpunte oor die uitverkiesing:

  1. ’n Mens se redding hang suiwer en alleen van God af.
  2. God gee aan mense die geleentheid om gered te word, maar die mens het die verantwoordelikheid om dit aan te gryp en ’n keuse te maak.

As ’n mens egter na die verskillende dele in die Bybel kyk wat oor die uitverkiesing gaan, is dit glad nie duidelik nie. Daar is teenstrydighede.

Die 'vrye wil' van die mens.

Die meeste godsdienste gee aan die mens 'n belangrike en beslissende aandeel in sy eie verlossing.

Die vrye wil van die mens speel 'n deurslaggewende rol in die verstaan van die mens se aandeel in sy redding. Daar is basies twee beskouings oor die vrye wil van die mens na die sondeval: dié wat handhaaf dat die mens ‘n vrye wil het om te kan kies vir die goeie (vir God) en dié wat leer dat die mens onder geen omstandighede self kan kies nie omdat die wil van die mens totaal verdorwe is. Rom.3:11

Pelagius, die Remonstrante en die Arminiane was voorstanders dat daar genoeg vryheid in die wil van die mens oorgebly het om te kan kies vir die goeie. Hulle interpreteer dan die uitverkiesing as blote voorkennis van God oor wie reg en verkeerd sou kies.

Die voorstanders dat die mens totaal gebind is in sy wil deur die sondeval, is hoofsaaklik toeloë uit die Gereformeerde kring soos Augustinus, Luther, Calvyn en andere. Hulle leer op grond van die Woord dat die totale redding van die mens God se werking is, omdat die mens se verstand en wil heeltemal verdorwe is na die sondeval. Rom.5:12; Ef.2:3.

Die uitverkiesing is dus die oorsaak van geloof en gehoorsaamheid in mense. Vryspraak kom dus deur geloof, uit genade. Ons word net uit genade gered. Rom.4:1-5; Gal.2:19-21. Die uitverkiesing beteken dat God vooruit guns deel met iemand. God alleen is verantwoordelik vir die redding van mense. Joh.6:37,44; Rom.9:13,16; Ef.2:8; 2 Tim.1:9. Die Heilige Gees is intens betrokke by die vesting van geloof in ons. God self hou ons geloof instand. Joh.6:37-39; Fil.1:6.

Islam - Moslem:

Al-Qadr is die Moslem-geloof dat Allah alles vooraf besluit het wat in die wêreld en in mense se lewens sal gebeur, wat ook uitverkiesings leer bekend staan.

Die meeste Moslems glo dat mense nie kan kies om iets te doen as Allah nog nie daardie weg vir hulle gekies het nie.

Moslems hou van hierdie idee en vind dit gerusstellend dat as dit sleg gaan dit deel van God se plan moet wees.

  • "Only what God has decreed will happen to us."Qur’an 9:51

Die God van die Ou Testament is waarskynlik die onaangenaamste karakter in alle fiksie: jaloerse en trotse; kleingeestelike, onregverdige, onvergewensgesinde beheervraat; 'n wraaksugtige, bloeddorstige etniese reiniger; 'n vrouehater, homofobies, rassisties, kindermoord, volksmoord, moorddadige, pestilensiële, megalomaniese, sadomasochistiese, wispelturige boosaardige boelie. ”- Richard Dawkins



Powered by Wendag®

Copyright © 2021 Wendag. All rights reserved.

Content Copyrighted ©2017-2022 by Wendag.