In ons nuwe wêreld van ruimtereise en kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Wendag daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.